FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Gesondheidstories

Glutenvry – nie altyd beter!

’n Generasie gelede het die gemiddelde mens nie eens van gluten geweet nie. Maar vandag is dit byna ’n skeldwoord, nes nikotien. Is dit regtig gesond om glutenvry te eet?

DEUR JOANNE LILLIE, HEALTH24

In die November-uitgawe van SARIE stel Joanne ondersoek in oor outo-immuunsiekte seliakie (seliak-siekte of coeliac disease). Hier volg inligting uit die artikel, maar lees die volledige artikel in ons nuuste uitgawe!

sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad

VOEDSEL-ETIKETTE: LEES MOOI . . .

Op die etiket van baie kommersiële kosprodukte staan “glutenvry”, maar van hulle is nie werklik glutenvry nie. Dis hoekom dit belangrik is dat jy etikette deeglik lees. Onthou ook dat “koringvry” nie noodwendig “glutenvry” beteken nie.

“Wees byvoorbeeld bedag op meel-bymiddels in souse en verdikmiddels, en raadpleeg ’n vervaardiger as jy nie seker is van die inhoud van ’n produk nie,” is die raad van Minnie Kaplan, stigter van die Seliakie-vereniging van Suid-Afrika en self ’n lyer van die siekte. “Ek is 90 jaar oud en baie gesond.” Dis maklik om glutenvry te leef, sê sy, veral met die oorvloed produkte op die mark.

NATUURLIK GLUTENVRYE KOSSE

  • Vrugte
  • Groente
  • Vleis en pluimvee
  • Vis en seekos
  • Suiwel
  • Bone, peulgewasse en neute
  • Rys
  • Broodwortel of kassawe (cassava)
  • Mielies
  • Soja
  • Aartappels
  • Tapioka
  • Sorghum
  • Quinoa
  • Giers (millet)
  • Bokwiet (buckwheat)

Bron: Celiac Disease Foundation (Celiac.org)