sr1303_helene_bester_02rz
Gesondheidstories

Heléne Bester se reis met surrogaatskap

Vir die sangeres Heléne Bester en haar man, Jacques Theron, was Kristi se geboorte op 6 Junie vanjaar ’n vreugdevolle oomblik ná ’n traumatiese tyd.

Nege maande lank is Kristi Ellen Theron veilig gedra deur ’n surrogaatmamma – wat ’n onselfsugtige daad! Dankie dat jy haar gedra het asof sy jou eie is! Van- dag is sy gebore en ons harte is so bly!’’ Dit was Helenè Bester se jubelende aankondiging in Junie op Facebook oor die koms van haar en haar man, Jacques Theron, se baba.

FOTO: Facebook   Helene Bester

FOTO: Facebook
Helene Bester

Dalk is ’n surrogaatma iets waaroor jy ook lankal wonder. Julle probeer al geruime tyd om ’n baba te hê, insluiten- de talle onsuksesvolle pogings met in vitro-bevrugting (IVB).

Of dalk het jy nie ’n baarmoeder nie. Hetsy omdat jy ’n histerektomie gehad het of sonder een gebore is, verduidelik prof. Thinus Kruger van die vrugbaar- heidskliniek by die Vincent Pallotti-hospitaal in Kaapstad.

Hoe ook al: Surrogaatskap blyk uiteindelik jul laaste uitweg te wees om jul eie kindjie te hê.

As julle ’n heteroseksuele paar is, vereis die hooggeregshof inderdaad ’n mediese sertifikaat dat jy nie self ’n baba kan dra nie. By homoseksuele mans
is dit uiteraard nie nodig nie. Prof. Kruger sê hy was nog nooit betrokke
by ’n lesbiese paartjie wat ’n surrogaat wil gebruik nie, omdat minstens een gewoonlik ’n gesonde baarmoeder het.

Surrogaatskap is plaaslik wettig en medies moontlik, maar nie so maklik nie. Dis ’n komplekse en duur proses. En dit neem nie toe nie, dis net meer in die kollig, sê hy.

Daar is boonop net ’n handvol vroue wat medies, emosioneel en sielkundig geskik is om iemand anders se baba te dra. En bereid is om die verantwoordelikheid op al daardie vlakke te aanvaar.

AUG cover nuwe mashoof Diaan lawrenson en Desiré gardner augustus 2015

Heléne deel haar volle verhaal in die Augustus-uitgawe van SARIE. Dit is nou in die winkels te koop, of jy kan dit HIER aflaai.

SÓ WERK SURROGAATSKAP

In die meeste gevalle word in vitro-bevrugting (IVB) ingespan. ’n Eier en sperm van die voornemende ouers word in ’n proefbuis bymekaargebring en die embrio in die surrogaatma se baarmoeder geplaas. Die wet vereis die genetiese materiaal, dus die eier of sperm, van minstens een van die voornemende ouers moet gebruik word. Die surrogaatma se kleur/kultuur kan van die voornemende ouers s’n verskil. Sy is net die “huisie” wat die baba tydens swangerskap dra. Haar genetiese materiaal word nie gebruik nie en die embrio/ baba is nie verwant aan haar nie. Sy het geen wettige aanspraak op die baba ná geboorte nie.

Die verhouding tussen haar, die voornemende ouers en baba word in ’n kontrak uiteengesit en deur ’n hofbevel bekragtig.

Bron: Adele van der Walt, Pretoriase prokureur

Lees ook