FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Gesondheidstories

Só het ‘celebs’ ophou rook

Die aktrise Lindsay Lohan het haar drank- en dwelmverslawing geklop, maar een van haar laaste euwels wat sy wil baasraak is nikotien.

Volgens ’n bron wil Lindsay hipnoterapie ondergaan teen die rookgewoonte. Sy is glo besig om ‘n nuwe blaadjie om te slaan en het begin met ’n hoofrol in die verhoogstuk Speed-the-Plow. Madonna en die aktrise Elisabeth Moss het voorheen dié rol vertolk.

Só het celebs ophou rook

Franci Swanepoel

FOTO: Phyllis GreenHoe het sy opgehou? Mediese program gevolg.

“In Junie 2009 het ek opgehou rook. Ek wou nog altyd ophou rook voordat ek 40 word en het ‘n kursus gevolg om dit reg te kry. Oor ses weke het ek van 40 sigarette per dag bietjie vir bietjie afgeskaal totdat ek heeltemal opgehou het.”

Franci sê: “Ek is baie trots op myself dat ek dit ná 20 jaar van straf rook kon doen … toe dink ek: As ek dít kan regkry, kan ek enigiets regkry.”

Brad Pitt

FOTO: Gallo Images / Getty ImagesHoe het hy opgehou? Nikotienplakkers.

Arme Brad kry nie dié gewoonte stopgesit nie. Hy het die eerste keer opgehou rook toe hy vir Troy geoefen het. Daarna weer vir Angelina Jolie en hul kinders. Maar hy het wéér begin.

Brad sê: “Ek is ‘n professionele roker. Ek mis dit te veel om dit op te gee.”

Charlize Theron

Hoe het sy opgehou? Oefening.

Ons goue meisie het in ‘n stadium 3 pakkies per dag gerook, volgens allaboutyou.com. Sy het oefening soos joga en Pilates begin doen en haar frustrasies só uitgewoed pleks daarvan om na ‘n sigaret te gryp.

Charlize het ook nie sigarette heeltemal opgegee nie, want sy rook steeds in stresvolle tye.

Charlize sê: “Ek het eens op ‘n tyd baie gerook. Dit was aaklig. Ek weet nie hoe enigiemand saam met my kon leef nie. Ek het nou gesonde rituele gekweek wat my help om die sigarette eenkant to te skuif.”

Gwyneth Paltrow

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Hoe het sy opgehou? Wilskrag.

Gwyneth het gevorder van ‘n intense roker na ‘n sosiale roker. Sy rook nou net vir filmrolle en noem haarself ‘n Saterdag-roker. Sy gun haarself een of twee sigarette elke naweek.

Gwyneth sê: “Elke keer as ek dink ek wil ‘n sigaret hê, ervaar ek groot plesier dat ek nou myself kan beheer.”

Kate Hudson

Hoe het sy opgehou? Moederskap.

Dit was eers toe sy swanger was met haar eersteling dat Kate opgehou rook het.

Kate sê: “Swangerskap was vir my die perfekte tyd om dié gewoonte te eindig. Dit was die beste ding wat ek nog gedoen het.”

Uma Thurman

Hoe het sy opgehou? Nikotienkougom.

Uma het die stryd teen nikotien die “grootste stryd van haar lewe” genoem. En sy rook steeds in stresvolle tye.

Uma sê: “Om te rook is baie sleg vir jou voorkoms, maar om op te hou, is baie, baie moeilik.”

Ashton Kutcher

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Hoe het hy opgehou? Die Allen Carr-metode. Carr se boek The Easy Way to Stop Smoking kyk na die rede waarom mense rook eerder as om die gewoonte stop te sit.

Ashton het ophou rook omdat sy eks Demi Moore vreeslik gesonheidsbewus was. Sover ons weet, het Ashton nog nie weer ‘n sigaret opgetel nie – buiten vir filmrolle.

Ashton sê: “Ek het die boek gelees. Soos jy lees, rook jy. Op die laaste bladsy staan daar jy gaan nou ophou. Toe ek die boek toemaak, toe hou ek op.”

Cameron Diaz

Hoe het sy opgehou? Skuldgevoel.

Cameron het tot 20 sigarette ‘n dag gerook. Haar familie en vriende het haar so skuldig laat voel dat sy opgehou het.

Cameron sê: “Ek het myself doodgerook. Dit is die een ding wat ek opgegee het wat sleg was vir my. Maar as ek álles opgee wat sleg is vir my, sal ek doodgaan.”

Ander sterre wat ook ophou rook het

FOTO: Johan Wilke

Sandra Prinsloo het al sowat 30 jaar gelede ophou rook – voor dit het sy soms 60 sigarette per dag gerook.

Barack Obama het as tiener begin rook, en sê hy sukkel steeds om nie ‘n sigaret op te tel nie.

Gisele Bündchen het soos baie modelle begin rook om haar gewig te beheer, maar het opgehou en ‘n gesonder leefstyl gekies ter wille van haar kinders.

Michael Douglas het ophou rook toe hy in 2011 met keelkanker gediagnoseer is.

Jennifer Aniston het in 2007 besluit om gesonder te leef. Sy probeer nou wegbly van enige nikotien en kafeïen.

Katherine Heigl het met behulp van elektroniese sigarette ophou rook.

Bronne: allaboutyou.com, SARIE September 2010, SARIE Augustus 2009, healthline.com, Perez Hilton, The Guardian.

FOTO’S: Phyllis Green | Gallo Images / Getty Images | Johan Wilke