Gesondheidstories

Die 10 vuilste plekke in jou kombuis + Só raak jy die kieme baas

As jy dink die badkamer is die vuilste plek in jou huis, dink weer. Jou kombuis huisves baie meer kieme, volgens die Huffington PostLees die volledige berig hier.

Salmonella, Listeria en selfs E. coli kry maklik vastrapplek in jou kombuis en kan jou gesin baie siek maak, veral as jy nie weet waar dit wegkruip nie. Hier is die 10 vuilste plekke in jou kombuis en hoe jy van dié kieme ontslae kan raak.

1. Sponsies en afdroogdoeke

Kiem: E. coli

Volgens ’n studie wat deur die Nasionale Sanitasie-stigting (NSF) in Amerika uitgevoer is, het meer as 75% van skottelgoedsponsies en afdroogdoeke een of ander vorm van koliform in – die familie van kieme wat Salmonella en E. coli insluit. Dit is ’n indikasie van fekale besmetting.

Oplossing: Plaas jou sponsies en afdroogdoek vir 30 sekondes in die mikrogolfoond op sy hoogste stelling.

2. Wasbak

Kiem: E. coli

Dit mag dalk vir jou voel asof die wasbak een van die skoonste plekke in die kombuis is omdat jy alles daarin was, maar jy is verkeerd. Tot 45% van kombuiswasbakke bevat koliform-bakterieë.

Oplossing: Ontsmet jou wasbak met kombuisskoonmaakmiddel en moenie kos eet wat daarin geval het nie.

3. Die yskas se groentelaai

Kiem: Salmonella, Listeria, skimmel

Kieme broei maklik in donker, klam omgewings uit, selfs al is dit in die yskas. Varsprodukte moet altyd in ’n aparte rak bo die vleis gebêre word om te verhoed dat rou sappe daarop drup. Skei altyd die gewaste en ongewaste produkte van mekaar, selfs in jou inkopiesak.

Oplossing: Haal die hele laai uit die yskas, was dit met ’n skoon spons, warm water en opwasmiddel. Spoel dit af met kraanwater en droog af met toiletrol.

4. Jou yskas se vleishokkie

Kieme: Salmonella, E. coli, skimmel

Hier is nóg ’n donker, klam omgewing. Bêre jou vleis en seekos op ’n aparte rak onder die varsprodukte.

Oplossing: Maak elke maand jou vleisrak op dieselfde manier as jou groenterak skoon. As daar rou sappe gemors het, maak dit dadelik skoon.

5. Snybord

Kiem: E. coli

’n Studie uitgevoer deur NSF het bewys dat 18% van snyborde een of ander vorm van koliform-bakterieë bevat.

Oplossing: Gebruik verskillende snyborde: een vir varsprodukte en een vir vleis. Was elkeen in warm seepwater en droog af met handdoekrol.

KLIK by Huffington Post om die volledige artikel te skryf

Nóg gesondheistories