FOTO: @handsometonys

Gesondheidstories

Hier’s alles wat jy moet weet van sout

Sout van die aarde

Dit moet net rég wees. Want te veel is sleg vir jou, en te min ook, wys ’n nuwe studie*

Suid-Afrikaners neem gemiddeld sowat 7 gram natrium per dag (3½ – 4 teelepels sout) in. (Sout bestaan hoofsaaklik uit twee minerale, natrium en chloried.) Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se riglyne is sowat 4 – 6 g natrium per dag (sowat 2 – 3 teelepels sout). M.a.w. ons moet briek aandraai!

Te veel natrium kan jou bloeddruk opjaag, wat jou risiko verhoog vir onder meer hartaanvalle, hartsiektes en beroerte.

As jy minstens 5 porsies vars vrugte en groente per dag eet, kry jy genoeg soute in vir gesonde liggaamsfunksies.

Tot sowat 75% van die sout wat jy inkry, is versteek in verpakte supermarkkos, gaskoeldranke asook dié in restaurante/kitskoseetplekke. Een blikkie Coke (330 ml) bevat bv. sowat ’n ½ t sout.

Sout is egter ook noodsaaklik vir goeie gesondheid. Jou lyf het ’n bietjie nodig om liggaamsvloeistowwe te balanseer, vir spiere en senuwees om glad te werk en om sekere organe te help funksioneer.

*Die Prospective Urban and Rural Epidemiology(PURE)-studie waaraan 18 lande (ook SA) deelgeneem het

Bron: Prof. Annamarie Kruger, navorsingsleier: Suid-Afrikaanse been van die PURE-studie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus