phyllis_291_
Gesondheidstories

Histerektomie? Dink 2 keer

RONEL SE STORIE

Ronel (skuilnaam) van Kaapstad is ‘n go-getter met haar eie onderneming. Maar dié sportiewe ma van twee sukkel ná ‘n algehele histerektomie om weer haarself te wees. “Ek het al jare endometriose. Ek het skielik steekpyne in my laerug gekry. My borste was teer en ek het ligte vaginale bloeding (spotting) gehad, asook erge hoofpyne.’n Sonarondersoek het ‘n groot, swart kol in my baarmoeder gewys. Dit was ‘n endometriose-groeisel.”

“Dié groeisel is deur ‘n laparoskopiese metode verwyder. (‘n Piepklein insnyding word in jou maag of naeltjie gemaak, waardeur die groeisel verwyder word.) Vier maande later was die simptome terug. In Junie 2008 is ‘n groeisel op een van my eierstokke gevind.

“‘n Maand later is my baarmoeder en eierstokke verwyder – ‘n algehele histerektomie. Endometriose floreer op hormone; jou eierstokke is die ‘masjiene’ wat dit vervaardig.

“Die histerektomie is abdominal gedoen. Die snit was op dieselfde plek as ‘n ou keisersnit. Jy word wakker en daar is ‘n kateter in jou blaas,’n drip in jou arm. Jy is seer, beduiweld, honger. “Dag drie: Ek kry my eerste warm gloed. Dit begin in jou onderlyf . . . kruip op tot by jou kop. Binne sekondes is dit verby – en jy is papnat gesweet. Ek is 43 en skielik in my menopouse. Dit gebeur as jou eierstokke verwyder word en jou liggaam nie meer estrogeen vervaardig nie. Plakkers is glo die beste manier om hormoon-vervangingsterapie (HVT) te kry. Maar ek is blykbaar allergies vir die gom!

“Week twee: Ek het ‘n blaasinfeksie, glo normaal ná ‘n histerektomie. Ek drink antibiotika sáám met pynpille, slaappille en watter ander pille nog. My gestel is af, my mondhoeke gebars, my vel en hare dof. “Week vier: Ek is veronderstel om te kan bestuur, maar ek kan nog net stadig kombuis toe loop. Dit voel

 

‘Een groot drama!’ 

 

asof daar ‘n baksteen in my maag is. Daar is geen gevoel in my onderbuik, bobene en onderste deel van my boude nie. Dit gebeur soms, sê die slimmes. “Ek sien bloed teen my bene afloop. Histerie! Dis ‘n bloedklont wat deels self gedreineer het. Dit kan in my buikholte beland en bars. In die hospitaal word ‘n kateter sonder verdowing in my blaas gesit. Dis die seerste seer. Ek word later ontslaan – die klont het self opgelos. “Van my vriendinne het al ‘n histerektomie gehad.

Die fiksste en maerste een het die vinnigste herstel: drie maande. Die langste was ses. Ek stap nou na vier maande toe aan. “Dis moeilik om aan die gang te kom. Smiddae is ek lomerig. Dit kan glo steeds die narkose se uitwerking wees. Ek het maande nie gewerk en geld verdien nie. Ek het my selfvertroue verloor. Ek wil net op my bed sit en TV kyk. My maag is geswel en ek het geen gevoel daar nie. Ek pas nie in my klere nie. My lyf is ‘n vreemdeling s’n.

“My korttermyn-geheue is aangetas – glo nog ‘n newe-effek van die narkose. Die groot woorde, die tongknopers, wil net nie meer kom nie. “Ek is hospitaal toe vir ‘n histerektomie en het pateties daar uitgekom. Dalk is ek te haastig, maar tot dusver was daar net soveel drama!”

Kommentaar:

Volgens dr. Dawie Slabbert, ‘n ginekoloog van Kaapstad, is Ronel se komplikasies skaars. Dit klink asof sy byna elke moontlike een ná ‘n histerektomie gehad het! Daar is

gelukkig baie HVT-produkte op die mark, ook een wat vir jóú sal werk. Ronel se ervaring beklemtoon net weer hoe belangrik dit is dat jy seker is van die moontlike komplikasies en gevolge van ‘n prosedure. Dis jou dokter se plig om dit met jou te bespreek.

Sandra se storie

‘Dit was nie vir my nie’ Sandra (skuilnaam),’n onderwyseres van Roodepoort, het teen ‘n histerektomie besluit. “In my vroeë veertigs het ek geweldig swaar gevloei. Dit sou

sommer skielik begin, sonder waarskuwing. Dan was dit omtrént ‘n vloed – ‘n paar keer tot my groot verleentheid. Dit sou so twee dae aanhou – ek kon dan nie ‘n normale lewe lei nie. “Ek het twee kinders gehad en wou nie nog hê nie. My ginekoloog het voorgestel dat my baarmoeder en een eierstok verwyder word. Die ander een skei dan nog estrogeen af en jy gaan nie deur ‘n vroeë menopouse nie. Ek het daarteen besluit – die operasie is

net té groot. Volgens my doen vroue dit veels te maklik. Ek sou eerder met die ongerief saamleef. Die bloeding het ná so vyf jaar minder geraak en dis nou nie meer ‘n probleem nie.”

Kommentaar:

Dr. Leon Snyman van die departement obstetrie en ginekologie aan die Universiteit van Pretoria sê: “Daar ís alternatiewe vir ‘n histerektomie weens swaar bloeding. ‘n Diagnose

moet egter eers gemaak word.”

Vera se storie

‘Ek sal dit weer kies’ ‘n Histerektomie het Vera (skuilnaam),’n vertaler van ohannesburg, se lewe ingrypend verander. “Ek het geweldig pyn gehad as ek menstrueer – 27 jaar lank,

totdat ek 40 was. Sterk pynpille moes my help om te funksioneer: Soms het ek dubbel die toelaatbare dosis gedrink. Boererate soos jamaikagemmer en warmwatersakke het nie juis gehelp nie. Ek het elke maand sewe dae lank erg gevloei. “Op universiteit het my dokter die Pil voorgeskryf. Dit het gehelp, maar ek het dit weens newe-effekte gelos. “Net vóór my veertigste verjaardag is ek dokter toe. Ek was bang endometriose is die oorsaak van die pyn.’n Sonar het gewys dis nie die geval nie, maar dat my baarmoeder vergroot is (normaal vir iemand van my ouderdom). My dokter het nie raad gehad vir die pyn nie – ek het immers al álles probeer. Ek is na ‘n ginekoloog en ons het dadelik besluit op ‘n datum vir ‘n histerektomie. My baarmoeder is uitgehaal en my eierstokke behou.

“Dis ses jaar later en my lewensgehalte het dramaties verbeter.”

Kommentaar:

Dr. Leon Snyman sê: “Dis soms moeilik om die oorsaak van pyn reg te diagnoseer. As die baarmoeder die oorsaak is, is ‘n histerektomie meestal die enigste uitweg.”

Die statistieke

By sowat 25% van plaaslike vroue wat deesdae ‘n histerektomie ondergaan, kon dit vermy gewees het, meen dr. Alan Alperstein, ‘n ginekoloog van Kaapstad. Hy was vyf jaar gelede betrokke by ‘n studie wat gewys het die baarmoeder van sowat 26% van vroue wat in Kaapstad se suidelike voorstede en die stadskom histerektomieë ondergaan

het, was “normaal”. Die gevolgtrekking was dat swaar bloeding (waarvoor

alternatiewe behandelings bestaan) dikwels die rede daarvoor was. In ‘n soortgelyke studie in 1999 was dié syfer 40%.

Type or paste here.

 

 

Wat jy moet weet

Dit was eens byna vanselfsprekend dat jy dié operasie die een of ander tyd sou moes ondergaan – dit was dikwels ál oplossing vir ginekologiese probleme. Maar deesdae word dit net gedoen as dit regtig nodig is. Dis immers ‘n groot operasie en dit duur lank om te herstel. Met nuwe mediese ontwikkelings is daar nou ander oplossings vir probleme soos erge bloeding of pyn as jy menstrueer. Ginekoloë meen egter dit word stééds te dikwels gedoen (sien “Die statistieke” op bl. 164). Volgens dr. Leon Snyman van die Universiteit van Pretoria het dié operasie egter al baie vroue se lewensgehalte verbeter. Trouens, dit kan jou lewe red. En al word dit soms onnodig gedoen, moet dit nie as die “laaste uitweg” gesien word nie. Dis een van verskeie moontlikhede om jou spesifieke probleem op te los.

Hoekom ‘n histerektomie? Die moontlike redes

1. Swaar bloeding as jy menstueer

Alternatiewe

  • Volgens dr. Tobie de Villiers, ‘n ginekoloog van Kaapstad, het histerektomieë in die noordelike voorstede die afgelope 21 jaar met sowat die helfte verminder, omdat daarander maniere is om swaar bloeding te stop. Die laerdosis-voorbehoedpil het veral ‘n groot rol gespeel.
  • ‘n Intra-uteriene apparaat, mirena, kan tot 60% van vroue met dié probleem help. Dit word in jou baarmoederholte geplaas en stel klein hoeveelhede hormone vry.
  • Die binnevoering (endometrium) van jou baarmoeder word vernietig (endometriële ablasie). Jy is ná 2 tot 4 dae op die been. Leon sê egter sowat 30% van vroue wat dit laat doen, moet maande of jare later tóg ‘n histerektomie ondergaan.

 

2. Nie-kwaadaardige groeisels (fibroïede) in jou baarmoeder

Jy het dikwels geen simptome nie en dit word toevallig met ‘n kliniese of sonar-ondersoek ontdek. as hulle groot is, kan dit simptome soos pyn, drukking op jou blaas en rektum, en abnormale bloeding veroorsaak. Dan is ‘n histerektomie die beste uitweg.

Alternatiewe

As jy nog kinders wil hê, kan jy die groeisels chirurgies laat verwyder – dis ‘n  miomektomie. (Hospitaalverblyf: sowat 1 tot 4 dae. Hersteltyd: 4 tot 6 weke.) Dit kan ook deur ‘n laparoskopiese prosedure gedoen word. (Dagprosedure. Hersteltyd: 1 tot 2 weke). Andersins kan dit deur jou vagina verwyder word. (Dagprosedure. Hersteltyd: ‘n paar dae tot 2 weke.)

 

3. Endometriose

Endometrium-selle (die veering van jou baarmoeder) versprei na jou eierstokke, Fallopius-buise, blaas, derms en ander organe. simptome: Pyn gedurende seks, ongereelde bloeding, onvrugbaarheid, erge menstruele krampe. Die Pil kan dit in bedwang hou, maar die beste behandeling is om die selle met ‘n laparoskopie te verwyder. Volgens dr. Dawie Slabbert kom endometriose juis búite jou baarmoeder voor en dit word nie normaalweg met ‘n histerektomie behandel nie (maar daar is uitsonderings). Chirurgie vir endometriose ís dikwels baie kompleks. Daar is ginekoloë wat in hierdie soort behandeling spesialiseer: Probeer by só iemand uitkom.

 

4. Nog redes

  • Jou baarmoeder sak in jou vagina af.
  • Endometrium-selle kan tussen die omringende spiere ingroei en pynlik wees.
  • Jy het baarmoeder- of servikskanker.

 

Al die soorte . . .

Jou probleem bepaal watter soort prosedure nodig is. Vir almal moet jy ses weke lank siekteverlof neem.

  • ABDOMINAAL: ‘n Snit word in jou buikwand gemaak. Leon sê dis pynliker as by ‘n vaginale een, die kanse op komplikasies ná die operasie is groter en jy neem langer om te herstel. Jy bly 3 tot 4 dae in die hospitaal.
  • By ‘n VAGINALE  HISTEREKTOMIE word jou baarmoeder deur jou vaginale kanaal verwyder. Jy is sowat 2 dae in die hospitaal.
  • ‘n VAGINALE  HISTEREKTOMIE met behulp van ‘n laparoskoop: Die  hersteltyd is dieselfde as by ‘n vaginale een. Dit word gedoen as jou eierstokke óók verwyder moet word, daar vergroeiing ná vorige operasies is en jou baarmoeder effens vergroot is.
  • ‘N ALGEHELE LAPAROSKOPIESE HISTEREKTOMIE: Klein insnydings word in jou maag of naeltjie gemaak en jou baarmoeder word met instrumente “losgesny”. Dis minder pynlik as ‘n abdominale een en jy gaan ná sowat ‘n dag huis toe. Soms kan ‘n vaginale histerektomie nie gedoen word nie – jou baarmoeder is te groot, of daar is vergroeiings ná vorige operasies (soos ‘n keisersnee).’n Laparoskopiese histerektomie is dan die antwoor  (en nié ‘n abdominale een nie). Volgens dr. Dawie Slabbert vereis dit spesifieke vaardighede: Nie alle ginekoloë doen dit nie.

Wat is die langtermyn-gevolge?

  • Party vroue wat steeds hul eierstokke het, gaan ná ‘n histerektomie 2 tot 4 jaar vroeër deur menopouse. Volgens dr. Hennie Botha van die Eenheid vir Ginekologiese Onkologie aan die Universiteit Stellenbosch verminder die bloedtoevoer na jou eierstokke ná ‘n histerektomie.
  • Jou lewensgehalte verbeter as dit om die regte redes gedoen is, want dit los jou ginekologiese probleem op.
  • As jy vóór die histerektomie goeie seks gehad het, sal dit steeds só wees.
  • ‘n Studie wat verlede jaar in die gesaghebbende The Lancet gepubliseer is, wys ‘n histerektomie verdubbel jou kans op stres-inkontinensie (urinering as jy hoes of jou fisiek inspan).
  • Dit vergroot nie jou risiko op hartsiektes of osteoporose nie. Volgens Hennie verhoog jou risiko op osteoporose egter wel as jou eierstokke op ‘n vroeë ouderdom verwyder word.

VRA JOU GINEKOLOOG

  • Waarom is ‘n histerektomie nodig?
  • Verduidelik die volledige prosedure in verstaanbare taal?
  • Is daar alternatiewe behandelings?
  • Wat is die moontlike komplikasies?
  • Wat is die kanse dat dit my probleem gaan oplos?
  • Wat kan die gevolge wees as ek nié ‘n histerektomie kry nie?
  • Onthou: Jy kán ‘n tweede mening kry.
  • Daar is baie inligting op die internet. Maak net seker dis ‘n betroubare bron (akademiese instelling of professionele vereniging).

Bron: Dr. Leon Snyman van die Universiteit van Pretoria

 

  • charlotte

    Ek het in Februarie vir n laparoskopie gegaan vir lae abdominel pyn, maar die pyn is nog dieselfde en seerder. Die 2de april het ek pyn in my linkerbeen begin kry en my been het begin opswel,ek is dokter toe en hulle vermoed dit is n bloedklont.Na 7dae en klomp inspuitings is my been nog steeds seer as ek gesit het.Ek wil weet of die laparoskopie die oorsaak van my beenpyn is.

  • Renalda

    ek moet gaan vir ‘n Laparotomie vir Miomektomie, het ‘n mioom op my baarmoeder, wat is dit? Is die proses Laparotomie vir Miomektomie ‘n histerektomie?

  • Henriette

    Ek is 33 Jaar oud het ‘n histerektomie gehad toe ek 28 was, net my baarmoeder is verwyder, ek vind nou probleme met my eierstokke, ek kry krampe en lae buik pyn, is daar enige raad,

  • LORRAINE

    EK IS 48. NA MY MAN SE DOOD HET EK ‘N HISTEREKTOMIE GEHAD, NOU NA SY DOOD VAN 11 JAAR IS EK WEER VERLOOF EN SOU BAIE GRAAG ‘N DOGTERTJIE WOU Hê.
    HOEKOM MET DIE TEGNOLOGIE WAT SO VERBETER HET, IS DAAR NOG SPRAKE VAN BAARMOEDER OORPLANTING NIE. EK SOU ENIGE IETS DOEN NET OM SWANGER TE KON RAAK.

  • http://www.sarie.com/lees/artikel/histerektomie-dink-2-keer Daleen

    Ek is nou 33 jaar oud ek was 24 toe ek `n histerektomie gehad het weens dat ek altyd voor my menstruasie en na my menstruasie vaginale infeksis gehad het na die histerektomie het die dokter vir my gese dat my baarmoeder al pot blou was van al die infeksies wat ek gehad het. Nou wil ek graag weet of `n mens kan `n baarmoeder orplanting kan kry indien ek oot weer kinders wil he? Of is dit nou neusie verby vir my om ooit weer kinders te kry?

  • Lou-Ann

    Ek is nou 29 en het gister uitgevind dat ek vir ‘n histerektomie moet gaan. Ek is baie bang. Het enige iemand raad oor hoe ek oor my vrees gaan kom? die prosedure is geskeduleer vir 09 September 09.

  • SANET

    EK HET OOK VREESLIK BAIE BLOED VERLOOR MET MENSTRUASIE. EK HET OOK GEDINK DAT EK N HISTEREKTOMIE MOES KRY. MY DOKTER HET VIR MY KRUIE PILLE VOORGESKRYF VIR OOR AKTIEWE SKILDKLIER. MY PROBLEEM HET BINNE N MAAND VERBETER. EK HET DIE PILLE GELOS EN AS EK SIEN DIT WORD WEER ERGER GEBRUIK EK NET DIE PILLE WEER TOT DIT VERBETER.

  • Petro

    Na my histerektomie het ek tien jaar van my lewenslus terug gekry.ek is nou 49 en is in ‘n beter toestand as jare gelede,op alle gebiede vir my was my histerektomie ‘n seen.

  • melanie

    ek hou aan met bloeding was 16 dae aan een vir ‘n week opgehou en weer op die 23st begin tot nou en het nie meer krag en baie pyn die bloeding is stukke klonte en dit vloei.

  • adre

    Kan iemand vir ons meer inligting gee omtrent ‘n mioom in die baarmoeder.Groot Asseblief?? Ek het 2 mioome in my baarmoeder en sal graag meer omtrent dit wil weet.

  • http://Google.co.za Retha Basson

    Gedurende Januarie 2009 was ek by n ginekeloog wat na n sonar ondersoek gevind het dat ek n nie-kwaadaardige gewas so groot soos n volstruiseier in my baarmoeder het. Na n 2de en 3de opininie het aldrie dokters gese dit is nie dringend om die gewas te verwyder.My huisdokter ek egter gese dat die gewas groei en dan is die operasie daarna soveel groter. Op die 24st Desember 2009 het ek erge drukking en ongemak in my binneste ervaar. Ek het swanger gelyk en gevoel of ek in kraam gaan. As gevolg van die Kers langnaweek kon ek eers 28 Desember by Dr nr.2 n afspraak kry.Na n sonar ondersoek het by bevind dat die gewas so groot soos n baba is. Vroeg die volgende oggend is net my baarmoeder met die gewas in verwyder met n horisontale sny. My hersel was verbasend vinnig en ek is na 2dae ontslaan. Ek het in die begin pyn en ongemak gehad maar het aan die beweeg probeer bly en met tussenposes op die bed gerus.Die swaar ‘baksteen’ en dooie gevoel het ek ook gehad tot so twee weke gelede. 10dae na die operasie ek ek selfs n paar draaie op die dansbaan gemaak by n familie partytjie.Ek werk weer in my tuin en gaan my normale gang. My liggaam voel splinternuut en emosioneel voel ek fantasties. Ek wil net weet is my spoedige herstel te wyte aan n gesonde en sterk gestel, bekwame dokter of soos my nydige skoonma dit toeskryf aan ‘gevorderde tegnologie’. Wil net byvoeg ek het n kopskuif gamaak en gedurende 2009 46kg verloor sonder hulp met nuwe gesonde eetgewoontes en 1uur se vinnige stap na werk.
    Sal graag n ginekeloog se opinie wil he.
    Groetnis

  • sonja ewald

    ek moet die 10de junie gaan vir histerektomie en twyfel daar is soveel positiewe en negatiewe menings! Hoe gemaak ek is nou 39.

  • Natalie

    Ek is 32 Jaar oud, ek moet nou gaan vir ‘n histerektomie.
    Ek het reeds my eerste gewas gehad op die ouderdom van 12, daarna baie gereeld. Het ook op die ouderdom van 14 gewasse in my borste gehad en was op behandeling vir dit.
    Ek het vir 6 jaar gesukel om swanger te raak en het op die ouderdom van 28 met KI swanger geraak.
    Ek was alreeds vir meeningde lap scopes, verwydering van endimetriose, gewasse ens.
    Ek het ook op 24 Cervic kanker gehad en was op laser behandling vir meer as ‘n jaar.

    My familie geskiedenis is ook sleg as dit by kanker kom, van alby my ouers en ook hulle ouers.
    Is dit die beste besluit vir my?

    Vriendlike Groete

  • Lydia van SARIE

    Ons kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie, ons is nie dokters nie! Onthou net: As jy nie gerus voel nie, kan jy altyd ‘n tweede dokter se mening kry!!!

  • Beverley

    Ek het 1 Junie ‘n histerektomie gehad. Ek is het erge bloeding gehad en he t nie twee keer gedink vir die operasie wat baie goed afgeloop het nie ek voel soos ‘n nuwe mens ek is op hormoon vervanging tablette en voel goed waars die warm gloede?? kom dit nog of is ek gelukkig moet erken ek eet vreeslik gesond en stem met die nuwe tegnologie is dinge baie beter as voorheen.

  • anna marie

    ek (31)moes n week terug gaan vir n abdomale historektomie, ek het my eierstoke behou.die oyn binne in my baarmoeder is weg,n week later het ek not nogn bietjie seer op my sny, maar die pym van binne is weg.ek voel soos nuwe mens en sal nou my lewew kan geniet, sonder die swaart wat oor my kop hang van moontlike kanker in my baarmoeder.die 8 ste feb die jaar is 60 % van my serwiks verwyder, hoekom het die gynie nie besluit om alles dan sommer te verwyder nie,nou moes ek weer gaan.ek sal nie se dit was pynloos nie,maar definiteif die moeitewerd.

  • Lizette

    Hi. Ek het 8jr terug my baarmoeder verwyder asgevolg van vroue kanker,ek is intussen geskei.En weer getroud ek wil hoor of jy so iets soos n baarmoeder oorplanting kry,want ek en my nuwe man sal baie graag kinders wil he? ASB enige raad?

  • Lydia van SARIE

    Die prosedure was al geslaagd met rotte maar helaas nog nie met mense nie.

  • Talita

    My blaas en baarmoeder is besig om te sak.veroorsaak vreeslik ongemak en kry gereeld afskeidings wat vreeslik stink.daar is eterselle in my urine.kry gereeld infeksies ook.

  • Yvonne

    Ek is 36jr oud. Het 2 kinders (6 & 1jr oud). Sukkel baie met hoë bloeddruk. Ginekeloog wil my afhaal van die pil omdat die pil ook die bloeddruk hoog maak. Hy het die merina voorgestel en ek het uitgevra oor ‘n histerektomie. Die histerektomie is ‘n drastiese besluit. Moet ek eerder die merina eers probeer en kyk wat gebeur. Werk dit vir almal?

  • Minette

    Ek is 29 en gaan oor ‘n week vir ‘n historektomie, my ginekoloog gaan net die baarmoeder verwyder en die een eierstok wat ek nog oorhet los. Ek het erge probleme al van die ouderdom van 13 af, ek is gediagnoseer met veelvuldige endometriose en konstante gewasse op die eierstokke. Ek is elke 4 maande in die teater en het konstante pyn, en menstrueer permanent as ek ophou sal dit maksimum vir 5 dae wees en dan begin ek weer. Ek was al op al die behandelings wat daar is, insluitend die merena maar dis asof dit die probleme erger maak en nie beter nie. Ek en my man was al deur my ginekoloog verwys na die top infertiliteits spesialsite, en daar is aan ons gesê dat ons nie kan kinders hê nie, ek het 3 miskrame gehad elke keer op 6 weke. Ek is moeg vir bloed en pyn, ek is nog nie eers 3 jaar getroud nie maar het ‘n getroude lewe soos mense wat al 40 jaar getroud is. Ek en my man kan nooit intiem verkeer nie want ek het permanent pyn en bloei die heeltyd. Ek glo dat ek die beste besluit neem om die baarmoeder te verwyder, ten minste dan is ek verlig van ‘n groot deel van die pyn en ook die bloeding. Ek verstaan dus dat die endometriose steeds daar sal wees en dat ek nogsteeds gewasse sal kry omdat die eierstok die gewasse vorm, maar my ginekoloog kan my op ‘n pilletjie daarvoor sit. Ek weet net ek is moedeloos en wil net graag een keer in my lewe pynloos en bloedingloos wees en kan leef soos iemand my ouderdom. Ek is verskriklik bang want ek weet nie regtig wat om te verwag nie, en hoop ek gaan nie ook in vroee menopause in nie. Ek kan net bid en glo dat ek die regte besluit saam met my ginekoloog gemaak het en dat dinge nou sal beter gaan

  • RINA STRYDOM

    HI EK MOET DINSDAG DIE 6DE SEPT GAAN VIR N VAGINALE HISTOREKTOMIE, HET ENDEOMITRIOSE HERHAALDELIK GEHAD. GYNIE HET DIT BLY VERWYDER MAAR DIT HET BLY TERUG KOM. HY HET 3JR TERUG N ABLASIE GEDOEN WAT SUKSESVOL WAS. EK HET GLAD NIE GEMINUSTRUEER NIE. TOT VERLEDE JAAR AUGUSTUS. NOU HET EK ELKE MAAND BLOEDERIGHEID EN 90% VAN DIE TYD KRY EK MAANDLIKS INFEKSIE. HET SEER GEDURENDE GEMEENSKAP EN WIL NIE EERS MEER GEMEENSKAP HE NIE!!!! N WEEK VOOR EK SIEK WORD IS MY BORSTE SO TEER EK KAN NIE AAN DIT RAAK NIE EN HET LAE RUGPYN. DIE GYNIE REKEN DAT N HISTOREKTOMIE DIE ENIGSTE UITWEG IS. IS DIT SO? GAAN DIT DIE EINDE VAN MY MOEILIKHEID WEES.

  • Karen

    My ginekoloog het my geskeduleer vir ‘n ablasie vir ‘n blaas wat gesak is en dit lek as ek hoes of nies. Is dit ‘n hesterektomie? Wat behels dit en word dit aanbeveel vir my toestand? Ek is op die mirena, is 43 en het geen verdere probleme nie.

  • Nelia

    Vandag op 41 uitgevind het klompie miome van 8 en 9cm groot, wat blykbaar te groot is. Ondervind erge bloeding tydens menstruasie en drukking op blaas. Of histerektomie, of uitsny van miome, of afsny van bloedtoevoer na miome, weet nie hoeveel sukses met laasgenoemde, ook nie dokters in Kaap omgewing wat dit doen? Enige raad?

  • Esme’

    Doen baie navorsing oor Mirena, ek het miome ontwikkel en is vas oortuig dit is agv die Mirena. Ongelooflike pyn veroorsaak en konstante bloeding. Dr’s beveel nou ook histerktomie aan. Ek het hom so paar dae gelede laat verwyder maar die groot besluit oor histerktomie le nog voor.

  • Esmé

    Ek wil graag weet of dit moontlik is om sonder buise swanger te raak

  • wdmydu

    EChLCA brwrulpnebhm, [url=http://gvocexwbhlzu.com/]gvocexwbhlzu[/url], [link=http://swcovrmzdjhr.com/]swcovrmzdjhr[/link], http://qwntwqslhmiz.com/

  • Annatjie

    Het my Histeretomie 9jr terug gehad. Ek is glad nie spyt oor my Histerektomie nie is nog steets sex heel bedrywig net my man is baie koud stel nie belang nie sal eerder TV kyk of tot laat werk. Maar ek het wel ‘n ander probleem het dit voor my Histerektomie ook gehad my borste is onsaglik seer moet tenalle tye met ‘n bra loop. Het al 2 keer klonte laat verwyder in 2008 was die laste keer en die Dr het vir my gese hy gaan nie weer aan my borste sny nie, so wat nou gemaak as dit nou regtig kanker is wat maak ek dan. Ek het ook nog nie weer vir ‘n opvolg gegaan nie, die DR het my skoon af gesit hiet die indrik gekry dat hy dink ek laat net aan my sny vir die grap. Maar waat vir my belangrik is wat is die oorsaak van my seer borste, wil mal word voel soms ek kan dit sommer self afsny, ek is raad op.

  • Hanlie

    Ek het 10 jaar terug n’ historektomie ondergaan as gevolg van abnormale selle op die serviks. Ek het voorheen laser bestraling gehad maar die selle het weer voorgekom. Na die histerektomie 10 jaar terug is die abnormale selle weer terug. Wat nou? Daar is niks meer om uit te haal nie. Daar word voorgestel dat die selle uitgesny moet word, enige ander voorstelle of opinies?

  • bernis

    Ek is 49 jaar oud het n histerektomie gehad net my baarmoeder is verwyder,in laas jaar oktober nou vind ek probleme met branderigheid soms maar baie eerg as ek uiriene,dan wil ek graag weet hoelang moet n mens wag voor jy kan seks het na so n operasie

  • Douwline

    Ek is 45 jaar oud, het swaarder begin vloei in hierdie laaste jaar en pyne het vererger, het nog altyd pyn gedurende mensturasie gehad en op pynpille gelewe gedurende die tyd, maar nooit so swaar en langer tydperk gepaard met pyn nie. Ek het toe besluit om my ginekeloog te gaan sien, die probleem was, my baarmoeder het vegroot en begin tult terselfde tyd het dit my blaas laat sak, my ginekeloog het my mooi verduidelik wat my oplosing sal wees, daar was een van 3 dinge wat ek kon doen, dit was my keuse, en ek het gekies om te gaan vir vaginale hestorektomie en tvt dit is as hulle my blaas ook opbind. Ek is die 22 Maart 2012 gedoen, dit was soos geboorte pyne toe ek uit narkose kom, ek was 3 dae in hospitaal, is afgeboek vir 6 weke, pyn is al minder, loop maar stadig maar al waarvoor ek bang is, is om gewig op te tel, ek kan nie deel met oorgewig nie, het iemand raad vir my of het iemand na operasie gewig opgetel?

  • Adel Boshoff van Pongola

    Ek het Maandag die 16de April 2012 ‘n vaginale historektomie gehad. Ek was baie bang vir die pyn na die tyd en glad nie self vir die operasie nie. Ek het ‘n baie goeie ginekoloog wat my baie op my gemak laat voel en regtig omgee. Bygesê sy is ‘n vrou wat volgens my hierdie dinge meer verstaan. Dit is Sondag die 22ste en voel nog geen pyn. Ek drink wel pynstillers soos voorgeskryf maar voel wonderlik eintlik te goed want as ek na 6 dae so voel hoe gaan ek 6 weke stilsit. Sover is ek baie tevrede en my besluit op die einde vir hierdie operasie was as gevolg van baie erge migraines. Dit het my terug gehou om voluit te lewe. Mag hierdie besluit my uitweg wees. Sterkte aan almal met watter probleme ook al en moet nooit bang wees nie Die Groot Geneesheer hou altyd jou hand en bly mos in jou hart.

  • Alicia

    Hi, ek het die 29st maart 2011 my seuntjie gekry met n csection en hulle het agter gekom ek het net een eierstok die linkerkant het nooit ontwikel nie maar nou kry ek pyne aan die linkerkant die kan wat nie ontwikel het nie dit het begin die 8st mei 2012 die pyne voel soos daai tyd van die maand en my bene het lam geraak, en as dit daai tyd van die maad is dan is dit baie en donker rooi en duk nou mense se vir my dit klink of ek moet gaan vir n histerektomie want ons wil dalk probeer vir nog n kind maar die dr se ek het 50/50% kaans om nie weer swanger te raak nie of ek kan en as ek kan kan dit dalk n miskraam wees of die baba gaan nie normaal wees nie, ek wil net weet wat kan die pyne wees?

  • Edith

    Hi ek het so 10 jaar gelede my barmoeder laat uithaal asgevolg van vergrote baarmoeder, ek sukkel baie met opgebaasheid, pyn, krampe in my buik, wat kan ek gebruik?

  • Elize

    Ek is amper 44 en my maandstonde is ook baie erg. En al n paar keer erg in die verleentheid gestel daaroor. Veral toe ek nog gewerk het. Dis net twee dae se erge bloeding met " lewer" stukkies tussen in. Ek wonder wat dit is? Maar nadat ek almal se kommentaar gelees het, het ek besluit ek kan maar saam die pyn en bloeding saam lewe. My voordeel is dat ek huisvrou is en by die huis bly vir daai twee dae en net bestuur as dit regtig nodig is en nerens uitklim nie. Ek gym 4 dae n week en ek sien nie kans om dit alles prys te gee vir enige newe-effekte na n operasie nie. Sterkte vir al die dames wat gaan, miskien n ander dag sal ek die moed he as ek regtig nie meer kan nie.

  • Bibi

    HI, ek is ‘n 26 jaar oud en is ongetroud.ek het die einde Februarie 2012 ‘n voledige histerektomie ondergaan. Ek het endometriose op my eierstokke gehad en in vresilike pyn drie weke ‘n maand verkeer
    en het aanhoudend gebloei. In 2006 het hulle dit met ‘n laparoskopie verwyder. In 2008 het en ‘n operasie ondergaan en 26 endometriose is van my een eierstok verwyder en in 2010 is die eierstok verwyder. nog steeds het die pyn ondraaglik geword en die ginekeloog het toe in Februarie die ander
    eierstok en my baarmoeder verwyder. Wat ‘n verligting geen pyn of enige bloeding nie. Ek onder vind dat my hormoontelling nou baie laag is en dit is die oorsaak dat my gesig baie skilfer en opdok. wat sal die beste hormoon aanvulling wees wat ek kan gebruik.

  • Zelda

    Hi
    Ek sit in ‘n twee stryd en vloei baie erg so dat die bad rooi is vir 4 dae as ek uit klim en gaan deur hel van pyn leef op pyn pille my dr het voor gestel ek moet vir die marina gaan maar ek het so negatiewe dinge van dit gehoor nou oor weeg ek ‘n histerektomie ek is 41 ek is nie meer lus vir menstrueer nie ek is geireteerd en bevoeterd en ongeduldig oor daai tyd en haal dit dan op my man uit wat se voor stel is daar ek beplan nie meer kinders nie en wil glad nie meer my maand stories he nie dis te veel pyn en ek is elke maand duislig

  • Liekie

    Ek is 31 jr ek het uit gevind ek het 2 gewasse op my een eierstok, ek is bang ek kan nie weer kinders he nie. Ek wil graag miskien later nog n baba he. kan n mens swanger raak as hulle die gewasse uithaal.

  • MARY

    DR SE MY BLAAS EN DIKDERM HET GESAK WIL DIT OPBIND IS DIT SEKSESVOL OF NIE GEHOOR DIT SAK WEER NA N JAAR OF SO KAN MENS OFENINGE DOEN OM JOU MAAG SPIERE SKERKER TE MAAK KAN DIT KANKER VEROORSAAK hoe gevaarlik is dit het jy op nodig of kan jy so lewe

  • Susan Moller

    Goeie dag. Ek menstrueer baie erg en het ‘n groot yster tekort as gevolg van al die bloed wat ek verloor. Wat moet ek doen want ek is al moedeloos weet nie meer watter kant toe nie. Help asb. Dankie

  • annamarie

    Ek het 8jr terug histerektomie gehad – gegaan vir normale jaarlikse ondersoek – selverdeling op serviks ontdek – ingegaan vir prosedure, maar aanhou vloei – weer terug en voorskrif vir penesilin gekry – vloei hou net aan totdat ek doodsbleek met groot ystertekort weer terug is na ginekoloog – onmiddellik teater toe en wond "gestitch" – terug huistoe – na week begin weer vloei sonder ophou – wat bly nou oor? Histerektomie – teen wil en dank moes ek dit laat doen of my doodbloei – by die dood omgedraai om die minste te se – 6 maande na operasie kon ek nog nie vir lang tye staan nie – gevoel soos ‘n stywe band wat om my laer buik trek – onmiddellik in menapouse gegaan – met warm gloede vanuit die hospitaal wat ek vandag nog kry – uitslag van operasie? vergrote baarmoeder en infeksie, WANT EK HET GEBAD NA DIE SERVIKS PROSEDURE EN MOES STORT( WAT NIE OP DIE MOETS/MOENIE LYS WAS NIE) EN DIE VUIL BADWATER HET DIE INFEKSIE VEROORSAAK – HOE ONNODIG WAS DIT NIE ALLES NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    DIE ERGSTE VAN ALLES EK HET 25KG GEWIG OPGETEL EN MY BORSMAAT HET VAN 34B VERGROOT NA 38C
    Die hoeveelheid kos wat ek daagliks eet is basies 1 maaltyd – uithonger, oefening jy noem dit NIKS help nie
    NOU WAT DOEN EK NOU???????????? KAN IEMAND ASB HELP!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    Het hoe bloeddruk en spatare en kan nie hormoonplakkers of die goed gebruik nie

  • Martie

    Ek het so 2jaar gelede n historektomie gehad en sukkel tans baie met my blaas, urine loop die heeldag uit en nou moet ek weer doekies dra anders ruik dit sleg, wat kan ek doen om dit te stop.

  • Angeline

    Ek is 36, ek het op 6de Feb 2013 vir my normale ondersoek gegaan aangesien ek tydens my maandstondings baie seer het al het ek 2 kinders al. Dr het het sonar gedoen, al is normaal, maar asgevolg van die bloeding & pyne is dit abnormaal vir ‘n vrou wat reeds kinders gehad het. Hy het my al die opsies gegee,ook vir my gesê dat ek baie mooi daaroor gaan dink, want dit bly my besluit. Ek waardeer dit so dat hy al die opsies so mooi verduidelik het sodat ek dit beter kan verstaan. My grootste vrees is dat ons vroue ‘n geskiedenis het van kanker, dit maak my baie bang en om te sien waardeer geliefdes gaan is ek nie bereid om my familie deur dit te sit nie. So ek het besluit op vaginale histerektimie, net my baarmoeder gaan verwyder word. Ek is baie bang, veral met al die negatiewe kommentaar wat gelewer word deur sommige vroue wat reeds deur dit is. Maar ek glo dit hang ook van jou self af, as jy als doen wat die ginie vir jou sê en mooi na jou self kyk glo ek die proses gaan maklik herstel. Vroue moet net verstaan geen mens is dieselfde nie. Onthou net as jou baarmoerder verwyder word dat jy nie swanger kan raak nie, net so ‘n kar wat nie sonder ‘n engine kan ry nie. Dit is hoekom ek sal sê vir vrouens wat reeds kinders het en nie meer kinders wil hê ni, doen dit as jy 100% seker is en as jy nie kinders het nie, moet jy regtig mooi gaan sit en dink en alle opsies met jou ginie bespreek. Onthou ook net as jy ‘n goeie ginie het hoef jy ie bekommerd te wees nie, maar die belangrikste is GLO AAN DIE HERE HY IS SAAM JOU DEUR AL DIE PYN.