FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Gesondheidstories

Hoekom jy nie jou bed met jou troeteldier moet deel nie

Sommige mense is mal daaroor om hul troeteldier by hulle in die bed te hê – veral in die winter wanneer hulle lekker warm teen jou broei. Maar nuwe navorsing uit Amerika bewys dat jou geliefde kat of hond nadelig is vir jou slaappatroon. Só berig Huffington Post.

Baie van ons slaap met ons troeteldiere op (of selfs in) die bed. En as die gewoonte eers daar is, is dit moeilik om af te leer. Die nuwe navorsing bewys:

  • 30% van die toetsgroep raak minstens een keer per nag wakker as gevolg van hul troeteldiere.
  • 63% van die toetsgroep wat meer as vier keer ’n week ’n troeteldier saam met hulle in die bed het, erken dat hul sleg slaap

Dit is die eerste studie van sy soort. Vorige studies het al ondersoek hoe belangrik dit is om met jou lewensmaat ’n bed te deel (lees dié studie op Psychology Today), asook die slegte gevolge daarvan om die bed met ’n jong kind te deel – lees meer hieroor op Web MD.

Nuwe plan met slaap-apnee

Een van die hoofredes hoekom jou troeteldiere jou wakker maak en jou slaap onderbreek, is dat hulle geneig is om onrustig te slaap. Kyk hieronder om te sien wat honde als in hul slaap aanvang!

NUWE STUDIE: Slegte slaappatroon kan vetsug veroorsaak PLUS Raad vir jou oorgewig kind