sg1001gesondpics39rz
Gesondheidstories

Inflammasie: 5 wenke wat werk (Deel 3)

1. Verloor gewig

Vetselle stel sekere proteïene vry wat laegraadse inflammasie aanhelp, veral as jy gewig aansit. In ‘n Amerikaanse studie het ‘n sekere aanduider van inflammasie met tot 50% gestyg by vetsugtige vroue wie se rolletjies op hul heupe en dye versamel (sg. peer-liggaamsvorm). By vetsugtige vroue met baie vet om hul middel (appel-vorm) het dit meer as 400% gestyg!

2. Oefen

Oefening beveg inflammasie, selfs al verloor jy nie ‘n gram nie. (Bron: www.unisci.com)

 

Vetselle stel sekere proteïene vry wat laegraadse inflammasie aanhelp, veral as jy gewig aansit, sê ‘n Amerikaanse studie

 

3. Drink water

Mans wat vyf of meer glase water per dag drink se kans is sowat die helfte minder om ‘n hartaanval te kry as hul broers wat twee of minder glase drink, wys Amerikaanse navorsing. Jy kan die water aanvul met drankies ryk aan antioksidante, soos groentee, lemoen- of bessiesap of rooiwyn (‘n glas per dag vir vroue en twee vir mans). (Bron: www.health.com)

4. Wees positief

Mense wat as kind gemolesteer is, is twee keer meer geneig om hoë vlakke van inflammatoriese merkers soos CRP te hê, wat ‘n vroeë waarskuwing vir toestande soos hartsiektes en diabetes kan wees, wys studies. Volgens die Britse navorsers kan sielkundige stres dus ook ‘n sneller vir chroniese inflammasie wees. Ontspan daarom en vind maniere om stres te verlig, soos meditasie, joga en massering. (Bron: www.bbc.co.uk)

5 Slaap rustig

Slaapafwykings en hartsiektes gaan hand aan hand, volgens navorsing aan die Harvard Mediese Skool. As jy sleg slaap, verhoog die vlakke van CRP (merker vir inflammasie). (Bron: www.health.harvard.edu)

Aspirien & hartsiektes

Dis een van die oudste middels teen inflammasie en baie mense drink aspirien gereeld om hartaanvalle en beroerte te voorkom. Dit werk omdat dit abnormale bloedplaatjieklonting of “bloedklontvorming” kan voorkom. Maar dalk ook vanweë die anti-inflammatoriese krag daarvan. As jy blakend gesond is en jy neem dit elke dag, kan dit jou egter meer kwaad as goed doen, wys nuwe Amerikaanse navorsing.

Dit beskerm jou nie teen toekomstige hartvatsiektes nie, en jou risiko vir interne bloeding is boonop groter. Dis egter ‘n ander saak as jy reeds ‘n hartaanval of beroerte gehad het: Dit kan jou dan teen nog een beskerm. (Bron: www.medicalnewstoday.com)

Giftige omgewing

Al hoe meer wetenskaplikes glo die toename in outo-immuunsiektes (soos rumatoïede artritis) en chroniese inflammasie is weens die chemiese besoedeling van die omgewing, sê dr. Bernard Brom. In ‘n Amerikaanse studie is bv. 287 verskillende chemiese stowwe in 10 pasgebore babas se bloed gevind. Dié stowwe oorweldig jou liggaam se verdedigingstelsel en dra by tot die toename in bv. kanker.

Doen alles in jou vermoë om dié lading van giftige stowwe te verminder. Volg ‘n gesonde leefwyse, verminder stres en hou op rook. Eet organiese produkte en vermy verwerkte kosse, sê Bernard. (Besoek sy webblad: www.creatinghealth.co.za.)

  • http://gjolzmwctoar.com/ yfjuro

    9xqmsM ejuqcruixavg, [url=http://kenbjcmknjvj.com/]kenbjcmknjvj[/url], [link=http://csjxzqdafvdd.com/]csjxzqdafvdd[/link], http://xvjyplmgxdxn.com/

  • hgvzvfhr

    4C3XF1 tcqkluoerjix, [url=http://xffdmskbkupu.com/]xffdmskbkupu[/url], [link=http://spvpdevelzqz.com/]spvpdevelzqz[/link], http://kpffjkrborzu.com/