Gesondheidstories

Chroniese Inflammasie: Hier’s raad (Deel 1)

Jy sny jouself per ongeluk raak. Dit word rooi, seer en swel op.

Onplesierig, ja, maar noodsaaklik vir die seerplek om gesond te word.

As jy ‘n wond of infeksie het, stuur jou lyf giftige chemikalieë om die indringers dood te maak. Opgeleide vegters – sekere witbloedselle – omsingel ook die vyand. Dis ‘n hewige geveg – en onder die “ongevalle” is ook gesonde selle. As die “oorlog” verby is, laat weet boodskappers jou liggaam om die “geveg” te staak. Die inflammatoriese reaksie hou dan op.

Jou immuunstelsel is jou liggaam se hoof-verdedigingsmeganisme en inflammasie is die manier hoe jou lyf homself genees. Dis waarom anti-inflammatoriese medisyne versigtig en verkieslik nie te lank gebruik moet word nie, verduidelik dr. Bernard Brom, redakteur van die SA Journal of Natural Medicine en voorsitter van die SA Vereniging van Geïntegreerde Medisyne.

Inflammasie het egter ook ‘n skadukant. Volgens Bernard vervaardig chroniese ontsteking sekere giftige byprodukte, wat bv. tot hartsiektes kan lei. Só is chronies ontsteekte tandvleis (gingivitis) ‘n bekende onderliggende oorsaak van hartsiektes.

Nie net speel inflammasie ‘n rol by hartsiektes nie, maar ook by kanker, tipe 2-diabetes en selfs Alzheimersiekte. Mediese navorsers is ál meer oortuig dié deel van jou immuunstelsel lewer ‘n belangrike bydrae tot dié en ander verwoestende siektes.

Want wat as die ontsteking aanhou?

As dit chronies word? Die “soldate” steur hulle dan nie meer aan die reëls nie – en hou aan baklei.

Dis lankal bekend dat inflammasie ‘n rol speel by outo-immuunsiektes soos onder meer tipe 1-diabetes (jou pankreas kan nie meer die hormoon insulien vervaardig nie), rumatoïede artritis en veelvuldige sklerose. Jou liggaam maak dan oorlog teen homself. Jou immuunstelsel val verkeerdelik jou gewrigte, senuwees of spysvertering aan. En dié toestande neem toe. (Lees meer op www.autoimmuneepidemic.com.)

Maar kanker, tipe 2-diabetes (jou liggaam raak weerstandig teen insulien) en hartsiektes?
Dis waaroor die belangstelling nou gaan.

 

Inflammasie het ook ‘n skadukant.

 

Die Washington Post praat van ‘n “ontploffing” van navorsing deur wetenskaplikes om die teorie te staaf – en dit te gebruik om nuwe maniere te vind om siektes te voorkom en te behandel.

Die idee dat inflammasie ook by ander siektes betrokke kan wees, het geloofwaardigheid begin kry toe navorsers gewys het stres en swaar gekruide kos is nie die oorsaak van maagsere nie – die ontsteking word deur ‘n bakteriese infeksie veroorsaak.

Bewyse het begin opstapel dat inflammasie by meer as net maagsere ‘n belangrike rol speel.

Deesdae gaan skaars ‘n maand verby of navorsers ontdek nóg ‘n manier hoe laegraadse, chroniese inflammasie jou liggaam kan beskadig. Is daar ‘n faktor wat al die siektes verbind? vra die gesaghebbende tydskrif New Scientist.

Terwyl al hierdie toestande verskillende oorsake het en verskillende organe en weefsels betrek, kan die inflammatoriese reaksie dit dalk aanhelp. In sommige gevalle – en wetenskaplikes begin stadigaan agterkom waarom – loop iets verkeerd met die normale “seine” wat die inflammatoriese proses moet laat ophou. Inflammasie is nie die oorsaak van al dié siektes nie, maar dit kan sommiges laat gedy, aldus New Scientist.

Time Magazine stel dit só: Chroniese inflammasie kan die “enjin” wees wat van die mees gevreesde leefstylsiektes aandryf.

Jy hoef egter nie op die mediese wetenskap te wag vir nuwe “wapens” daarteen nie. Jy kan dit self beveg.

  • sI5QhK drdtksoqxtxx, [url=http://fcvtabpoflcu.com/]fcvtabpoflcu[/url], [link=http://ploroxzyeopx.com/]ploroxzyeopx[/link], http://bhmmgspgbmcr.com/

  • A Sonnenberg

    Ek stem saam oor al die feite van inflamasie. Kon dit sien met ons seun wat kroniese mangel en oor ontstekings gehad het, van hy 5j was, en hy is nou 10j oud. Die infeksies het sy liggaam begin affekteer, en sy maag begin aantas. Hy was baie siek agv van die infeksies, en die dokters wou ons nie glo dat die mangels se infeksies die oorsaak was nie. n Homopaat het die inflamasie raakgesien. Na n lang gesukkel is die mangels uit, was toe baie sleg. Nou eet hy al die kosse wat hy vir n baie lang tyd nie kon eet, en kla nie meer oor sy maag wat seer is nie. Ons hoop net dat hy nie nadelige gevolge gaan oorhou met al die baie infeksies wat hy gehad het nie. Wil net aan ander ouers se, as hulle kinders dieselfde probleme ondervind, maak werk van daai mangels, ons kind het baie swaar gehad, en dit was alles so onnodig.

  • Igna Roos

    Baie dankie, ek is nie baie oorgewig nie, haar my CRP toets telling in 250 dit moet tessum 20-30 wees
    ek het n baie erge keel infeksie ontwikkel hoofphn en oorpyn , n gevaarlik asma aanvall in oggend vroeg, is onder behandeling om telling af te kry gaan Maandag weeg vir bloedtoetse. daarna spesilist toe.

    Ek is hoog alergies vir amper enige iets, ek is sporttief speel golf en werk baie hard ouma van 7 klein kinders hanteer ons eie besigheid.

    Wat is die oorsaak.Wat moet ek vermy en drink en rook glad nie, baie gesondheid bewus,ek is te bang om iets verkeert te eet, die nagevolge van so n hoe telling is erg.

    Ek is 50 jaar oud en bly in die Laeveld Hectorspruit.

  • zvqbzy

    4Xdqti wvekthlfjatm, [url=http://pvdeoqmcuksk.com/]pvdeoqmcuksk[/url], [link=http://qfsrtytsgijh.com/]qfsrtytsgijh[/link], http://ghfvfbzhylte.com/

  • louis de kock

    Goeiedag.
    My vrou se skouerblaaie is baie gevoelig … die Dokter beweer haar spiere -wat knoppe maak- word veroorsaak deur inflamasie. Hy beweer geen medikasie sal help nie en beveel aan dat masering die antwoord sal wees …
    My vrou is n harde werker … sy kry net nie klaar nie … rus nie maklik nie en hou net aan …
    Kan u help …
    Louis.