FOTO: Instagram @lisa_healthspo

Gesondheidstories

Is insulien-weerstandigheid die rede vir die hardnekkige maagvet?

Daardie maag is nie altyd van lekker eet nie. Dit kan ook stres, ’n dermkanaal wat kla of jou hormone se skuld wees, skryf SARIE se gesondheidsredakteur, Lydia van der Merwe.

In die September-uitgawe van SARIE ondersoek Lydia die oorsake en oplossings van visserale vet (ingewandsvet om jou maag) – iets wat gevaarlik kan wees vir jou gesondheid.

Sy het onder andere gekyk na insulien-weerstandigheid as die sondebok vir maagvet. Lees die volledige artikel in die September-uitgawe van SARIE – steeds digitaal beskikbaar.

{—}

Insulienweerstandigheid

Jou middelmaat wat rek, en ’n boepie, is ’n teken van bloedsuikervlakke wat wipplank ry nog lank voor ’n bloedtoets dit bevestig. (Dit styg vinnig, net om vinnig weer te val.) Dit kan die gevolg wees van die soort en hoeveelheid kos wat jy eet, verduidelik Mariza van Zyl, dieetkundige van die Paarl.

Dié op-en-af-wipplankryery kan ’n snellerreaksie wees vir inflammasie en gepaardgaande toestande soos insulienweerstandigheid, oorgewig, hartsiektes, diabetes, artritis en selfs kanker, asook hoofpyn, hiperaktiwiteit en geïrriteerdheid.

Wat om te doen

Vermy sowat 4 – 6 weke lank alle stysel en suiker. Byt ’n paar dae lank vas en jou drange (cravings) gaan feitlik verdwyn. Ja, jy kan ’n ruk lank sonder stysel klaarkom, sê sy. Eet dan meer groente, veral groen groente. En kleiner porsies styselgroente (soos pampoen, mielies, ertjies) as jy aktief is. Probeer 500 g groente en 200 g vrugte per dag eet.

{—}

Môre deel ons nóg ’n moontlike oorsaak van maagvet. Hou SARIE.com dop.

september corne crous corné kim 7de laan

Lees die volledige artikel oor maagvet in die September-uitgawe van SARIE.