Is jou lyf 'n appel of peer?

Deur Lydia van der Merwe, SARIE - Desember 2010

Is jou lyf 'n appel of peer? Foto’s: Rodger February Galery

'n Magie soos 'n strykplank. Was dit nog altyd net 'n droom, selfs al was jy nog nooit naastenby oorgewig nie?

Jy het dalk 'n "appel-figuur". Of miskien is jy eerder 'n sogenaamde "peer", want jy is breër om die heup en dis veral jou "donderdye" wat pla.

Ons is mos nooit tevrede met onsself nie. Maar dit gaan hier om meer as net voorkoms. 'n "Appel" of  'n "peervorm" verwys na die plek waar jy geneig is om die meeste vet aan te sit, al is jy nie oorgewig nie. Dit vergroot ook jou kans op sekere siektes.

Só is in 'n wêreldwye studie gevind jou middelmaat is 'n drie keer groter voorspeller van moontlike hartsiektes as jou liggaamsmassa-indeks (LMI), oftewel die verhouding tussen jou gewig en jou lengte. Die Journal of the American Medical Association het dokters daarna gewaarsku om hul pasiënte met appelfigure vir hartsiektes te toets - selfs al is hulle nie vet nie.

Kry in SARIE GESOND, tot einde Desember beskikbaar, dieet- en oefenriglyne vir ''appels'' en ''pere''.

Verwante artikels

Kommentaar

  • drink appel asyn vroeg in di oggend met lou water . jy koop dit in shopbrite

    1ste Jun. 2011, 16:19
  • Om gewig te verloor moet jy gereeld oefen en reg eet eet bv. opgekookte vis,opgekookte hoender sonder die vel,slaai,groente,vrugte,eier hard gekook maar nie die geel teveel proteine,vermy aartappels,brood,pasta,lekkers,choclates,roomys,urgers,slap tjips,en al daai lekker goed drink baie water slaap genoeg

    18de Jan. 2011, 14:43
  • Kan iemand my asseblief help met n gesonde eet plan, om ontslae te raak van die desember vetjies? Iets wat mens nie ure voor die stoof sal laat staan nie maar tog gesond en vir gewigs verlies kan help?

    17de Jan. 2011, 12:13

Web Development by FormFunction