Gesondheidstories

Is skinder goed vir jou?

Skinder kan angs verminder. Vroue is gelukkiger en gesonder as hulle gereeld lekker met hul vriendinne klets, wys navorsing in die joernaal Hormones and Behavior. Baie van die hormone wat by die vorming van ’n band betrokke is, verminder stres en angs. Dit vermeerder ook die vlakke van progesteroon, ’n vroulike hormoon wat met angs en stres klaarspeel en jou lekker laat slaap. Dit word deur jou eierstokke geproduseer en speel ’n belangrike rol om mense op sosiale, emosionele en kop-vlak te bind.

Doen Dit Reg
As jy positiewe goed agter iemand se rug van haar sê, gee dit jóú ’n sielkundige hupstoot, wys nog ’n studie. Jy voel jy word sosiaal meer ondersteun – oftewel dat jy meer vriende het. Jou selfrespek styg boonop vir ’n rukkie.

As jy minder goeie dinge sê, kan jy skuldig voel. Maar dit verminder tog stres en kan konflik ontlont, sê die navorsers.

  • bzxtyjybp

    4XSwta qqnzomfrqmqn, [url=http://ljofwidkrntp.com/]ljofwidkrntp[/url], [link=http://omevrbehmmsk.com/]omevrbehmmsk[/link], http://uhsetfqabjyh.com/