Jou gene en jou lyf

Deur Lydia van der Merwe, SARIE Maart 2012

Wéét maar, jy gaan in baie opsigte na jou ma aard.

* Wáár jou vet sit, het ’n sterker genetiese verband as jou gewig self, sê prof. Tess van der Merwe, endokrinoloog en vetsugkenner van Pretoria. As jou ma dus groot heupe gehad het, is die kanse tot 80% dat dit ook jou voorland is.

* ’n Appelfiguur (vet om jou middel) is meer geneties as ’n peervorm (groot heupe). ’n Appelfiguur word verbind 
met ernstige toestande soos 
tipe 2-diabetes en kardiovaskulêre siektes.

* Jou voorkeur vir sekere kosse is geneties én aangeleer. Jy kan niks aan jou gene doen nie, maar wel aan jou leefstyl-keuses, sê prof. Van der Merwe.

* Ons moet almal oefen om spiere te ontwikkel. Maar die gemak waarmee jy dit doen en jou fiksheid verbeter, is oorgeërf, volgens ’n studie in die International Journal of Obesity.

Verwante artikels

  • Verander jy in jou ma?

    Verander jy in jou ma?

    Spieëltjie, spieëltjie aan die wand... Wéét maar, jy gaan in baie opsigte na jou ma aard. Maar jou gene hoef jou nie voor te skryf nie.

Kommentaar

  • Ons is 6 meisiekinders in ons familie en die meeste van ons het ons Ma se lyf - party meer as ander maar beslis Ma se lyf . Ek dink beslis die gene speel n rol hier

    1ste Mar. 2012, 22:10

Web Development by FormFunction