sk0112veg_3_
Gesondheidstories

Jou gene en jou lyf

* Wáár jou vet sit, het ’n sterker genetiese verband as jou gewig self, sê prof. Tess van der Merwe, endokrinoloog en vetsugkenner van Pretoria. As jou ma dus groot heupe gehad het, is die kanse tot 80% dat dit ook jou voorland is.

* ’n Appelfiguur (vet om jou middel) is meer geneties as ’n peervorm (groot heupe). ’n Appelfiguur word verbind 
met ernstige toestande soos 
tipe 2-diabetes en kardiovaskulêre siektes.

* Jou voorkeur vir sekere kosse is geneties én aangeleer. Jy kan niks aan jou gene doen nie, maar wel aan jou leefstyl-keuses, sê prof. Van der Merwe.

* Ons moet almal oefen om spiere te ontwikkel. Maar die gemak waarmee jy dit doen en jou fiksheid verbeter, is oorgeërf, volgens ’n studie in die International Journal of Obesity.

  • Marianne Jacoby

    Ons is 6 meisiekinders in ons familie en die meeste van ons het ons Ma se lyf – party meer as ander maar beslis Ma se lyf . Ek dink beslis die gene speel n rol hier

  • Hyla

    Ek is nou 56jr oud, my ma sowat drie jaar gelede oorlede op die ouderdom van 92jr (kolon kanker) – ek skrik as ek sien hoeveel dinge soos pyne en skete ek het – alles wat my ma gehad het… stem 100% saam.. beslis in die gene!