Jou kind: Eet sáám reg
Foto’s: Gallo images/Getty images Galery
Vetsug onder kinders het kenners wêreldwyd bekommerd. Doen moeite en kry jou kinders aan die beweeg.
* Maak jou kinders van kleins af aan ’n verskeidenheid groente en vrugte gewoond. Stel ’n goeie voorbeeld en eet dit self daagliks.
* Moenie goeie gedrag met lekkernye beloon nie, liewer met ’n uitstappie of storie.
* Beperk sout in babas en kleuters se kos en moenie jou kind gereeld happies soos skyfies met baie sout gee nie.
* Beperk bygevoegde suiker en gee liefs soet happies (soos lekkers, koekies en konfyt) direk ná of saam met maaltye.
* Moenie oormatig streng dieetreëls toepas nie, soos om suiker en lekkers te verbied nie.
* Melk, jogurt en kaas is belangrik vir sterk bene en tande en moet daagliks deel van jou kind se dieet wees. Beperk koeldranke, veral gaskoeldrank.
* Oefening is belangrik vir gesonde groei: Beplan gesinsaktiwiteite soos om saam te stap en speletjies te speel, werk saam in die tuin of leer saam ’n sportsoort soos tennis speel.
* Pak voedsame skoolkos in en sluit volgraanprodukte by sy dieet in: bruinbrood of beskuit, hawermoutpap en -koekies.
Bron: Prof. Salome Kruger, Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus
Verwante artikels
-
Dieetkundige Mariza blog: 'Is tussen-in eet jou ondergang of redding?'
SARIE November 2011
Hoe durf jy? Het ek gewonder. Jy wat maer is met jou ‘skinny’ jeans, plat maag en perfekte hare. Jou kinders is nooit laat nie (of jy het nie), jou motor breek nooit nie, jy het altyd tyd vir ʼn gesonde ontbyt.
-
Ons heupe huil, maar ons kook en geniet
SARIE September 2011
Of ons nou feesvier, troos of rou – daar’s altyd iets te ete. Die SARIE-span kyk na Suid-Afrikaners se verhouding met kos en die krisis van ons wyerwordende middelmaat










Kommentaar