Kanker skuil in aartappelskyfies, bababottels
Jy weet tabakrook kan jou kanker gee. Maar aartappelskyfies, bababottels en kleefplastiek?
Sowat 90% van kankers word deur omgewingsfaktore veroorsaak.
Kortweg: By net 1 uit 10 mense wat kanker kry, ''loop'' dit in die familie. By 9 uit 10 mense is dit weens óf jou leefstyl, óf omgewingsbesoedeling, óf mensegemaakte stowwe (of 'n interaksie tussen dié dinge).
Dit was die plofbare boodskap by die opening van KANSA se Wetenskap- en Hulpbronsentrum in Kaapstad. Die spreker was prof. Devra Davis, 'n gerespekteerde Amerikaanse wetenskaplike. Haar boek, The Secret History of the War on Cancer (Basic Books, 2009), is terselfdertyd bekendgestel.
Dis geen geheim nie dat tabakrook, asbes en te veel son jou kanker kan gee. Wetenskaplikes soos Davis waarsku egter ook teen mensegemaakte stowwe wat skuil in produkte wat deel is van ons daaglikse lewe, soos die volgende:
*Akrielamied, 'n chemiese stof wat onder meer in aartappelskyfies (crisps) voorkom. Veral kinders moet minder daarvan eet.
*Chemiese stowwe in kleefplastiek. Daar is egter kleefplastiek daarsonder, onder meer Gladwrap en die handelsmerke van Checkers, PicknPay, Shoprite, SPAR en Woolworths.
*Bisphenol A: Vermy plastiek as dit 'n driehoek het met 'n 7 in die middel en die letters PC daaronder: veral by bababottels.
*Transvetsure: Eet gebak en geprosesseerde kosse met minder as 2% transvetsure. (Kyk op die verpakking). Vermy sulke kosse as die inhoud nie op die verpakking aangedui word nie.
Vir meer inligting besoek www.environmentalhealthtrust.org; of www.cansa.org.za.
Verwante artikels
-
"Daar's 'n knop in my bors. Wat nou?!" - Sarie.com-blogger vertel
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 51
Sarie.com-gebruiker, Minette Stone, blog oor haar borskanker. "Dit wys ons net weer, kanker is nie jou speelmaatjie nie, jy moet vir geen oomblik dink jy het dit oorwin nie."
-
'Kanker, maar ek léwe' - Lucas Maree
SARIE - Mei 2009
Hy't die skok van diabetes verwerk en was besig om sy stryd teen depressie te wen. Toe kom klop `n nuwe uitdaging aan die sanger Lucas Maree se deur: kanker ...
-
'n Dokter met borskanker
SARIE - Oktober 2009
-
Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
-
Jeremy Mansfield oor sy kanker-ervaring
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 8










Kommentaar
Rene het gesê:
Ek is 35 jaar en wonder hoe het die persoon in ons lewe die kanker gekry. Daar is soveel raad vir die persoon wat dit het om deur die moeilike tyd te kom. Maar wat van die ander wat jy sien wat swaarkry wat aan die ander kant van die nie kanker lyers staan? Die arme ma is plat op die vloer en weet nie hoe om die lewe vir haar kind beter te maak nie. Hoe help mens die ma deur so n storie .
26ste Apr. 2012, 16:07Ilze het gesê:
Ek het ook kanker gehad wat nie van familie oorerflik is nie, maar as mens gaan kyk na alles wat daar gesê word, kan mens amper niks eet of drink want die een sê dis gesond dan weer is dit ongesond, ek dink ons moet maar net onthou oral waar 'n "TE" aan is is ongesond,
29ste Jun. 2010, 12:56Hyla het gesê:
Kan Sarie nie miskien vir ons n inligting-blad (wat op feite gebaseer is!) saamstel/publiseer wat presies se watter skyfies soos hierbo beskryf (met sorg) gebruik moet word nie of dan gladni aangekoop behoort te word nie asook ander belangrike inligting sodat ons ons families kan veilig hou met tenminste die dinge wat ons as moeders koop by die supermarkte nie?
24ste Apr. 2010, 21:22