Gesondheidstories

Kanker skuil in aartappelskyfies, bababottels

Sowat 90% van kankers word deur omgewingsfaktore veroorsaak.

Kortweg: By net 1 uit 10 mense wat kanker kry, ”loop” dit in die familie. By 9 uit 10 mense is dit weens óf jou leefstyl, óf omgewingsbesoedeling, óf mensegemaakte stowwe (of ‘n interaksie tussen dié dinge).

Dit was die plofbare boodskap by die opening van KANSA se Wetenskap- en Hulpbronsentrum in Kaapstad. Die spreker was prof. Devra Davis, ‘n gerespekteerde Amerikaanse wetenskaplike. Haar boek, The Secret History of the War on Cancer (Basic Books, 2009), is terselfdertyd bekendgestel.

Dis geen geheim nie dat tabakrook, asbes en te veel son jou kanker kan gee. Wetenskaplikes soos Davis waarsku egter ook teen mensegemaakte stowwe wat skuil in produkte wat deel is van ons daaglikse lewe, soos die volgende:

*Akrielamied, ‘n chemiese stof wat onder meer in aartappelskyfies (crisps) voorkom. Veral kinders moet minder daarvan eet.

*Chemiese stowwe in kleefplastiek. Daar is egter kleefplastiek daarsonder, onder meer Gladwrap en die handelsmerke van Checkers, PicknPay, Shoprite, SPAR en Woolworths.

*Bisphenol A: Vermy plastiek as dit ‘n driehoek het met ‘n 7 in die middel en die letters PC daaronder: veral by bababottels.

*Transvetsure: Eet gebak en geprosesseerde kosse met minder as 2% transvetsure. (Kyk op die verpakking). Vermy sulke kosse as die inhoud nie op die verpakking aangedui word nie.

Vir meer inligting besoek www.environmentalhealthtrust.org; of www.cansa.org.za.

  • OAGnZO ezfgmewpjmen, [url=http://eutwidbpoemw.com/]eutwidbpoemw[/url], [link=http://kgfzuvojqals.com/]kgfzuvojqals[/link], http://ddseodlowquh.com/

  • Hyla

    Kan Sarie nie miskien vir ons n inligting-blad (wat op feite gebaseer is!) saamstel/publiseer wat presies se watter skyfies soos hierbo beskryf (met sorg) gebruik moet word nie of dan gladni aangekoop behoort te word nie asook ander belangrike inligting sodat ons ons families kan veilig hou met tenminste die dinge wat ons as moeders koop by die supermarkte nie?

  • Ilze

    Ek het ook kanker gehad wat nie van familie oorerflik is nie, maar as mens gaan kyk na alles wat daar gesê word, kan mens amper niks eet of drink want die een sê dis gesond dan weer is dit ongesond, ek dink ons moet maar net onthou oral waar ‘n "TE" aan is is ongesond,

  • miXs19 afqmutxprtxm, [url=http://rtectorzxkle.com/]rtectorzxkle[/url], [link=http://xbysbhzaekqu.com/]xbysbhzaekqu[/link], http://ztqfnjcgwygd.com/

  • Rene

    Ek is 35 jaar en wonder hoe het die persoon in ons lewe die kanker gekry. Daar is soveel raad vir die
    persoon wat dit het om deur die moeilike tyd te kom. Maar wat van die ander wat jy sien wat swaarkry
    wat aan die ander kant van die nie kanker lyers staan?
    Die arme ma is plat op die vloer en weet nie hoe om die lewe vir haar kind beter te maak nie.

    Hoe help mens die ma deur so n storie .

  • Nancy Joubert

    nou wat se soort skyfies is dit slap tjips of simba kyfies, .is dit nou die olie waar dit in gebak is, wat dit ver oorsaak?en wat van mash en artapelslaai. en enige ander artappel gereg, moet ek nou my artappels weg gooi!! my suster het die week wat verby is haar laat toets, deur n knop wat in haar bors was, en nou het sy ook bors kanker, dit is n skok vir ons ander susters, sy is n pensionaris, en wat kan sy nou verwag van n goeie behandeling, in n staats hospitaal, moet sy nou eers hoor in watter GRD die kanker is, voordat sy besluit wat gedoen moet word, kan iemand my se, ek wens ek kon met Carike Keuzenkamp gepraat het, ek dink sy sal ons die beste raad gegee het, my suster 70 jaar oud!!!kan iemand help, A.S.B. ! Ons is nou so beangs vir my suster se part, is dit haar dood vonis???