Kegel-oefeninge
As jou bekkenvloerspiere sterker en meer elasties is, kry jy meer intense orgasmes. Dit kan ook jou blaasbeheer verbeter en voorkom dat urine lek.
As jy 'n baba gehad het, het jy waarskynlik in voorgeboortelike klasse geleer om Kegel-oefeninge te doen. Só versterk jy jou bekkenvloerspiere wat met geboorte rek.
Dis dieselfde spiere waarmee jy die vloei van urine stop. Trek dit saam, hou dit 'n paar sekondes lank só, en ontspan. Om seker te maak jy trek die bekkenvloerspiere saam - en nie jou maagspiere nie - doen dit aanvanklik terwyl jy op die toilet sit. Of sit een of twee vingers in die vagina en trek dan die spiere saam. Eers een vinger, dan twee en dan drie. (Knip jou naels en gebruik 'n smeermiddel.) Druk jou vingers 5 tot 6 cm diep in jou vagina, of tot by die eerste lit ná die kneukel.
As jy druk teen jou vingers voel (selfs net effentjies), gebruik jy die regte spiere. As jy seker is jy doen dit reg, doen dit 5 tot 10 keer deur die dag - telkens sowat 10 keer. Moenie vergeet om die spiere ná elke sametrekking vir 'n paar oomblikke lank te laat ontspan nie. Dit kan 8 tot 10 weke duur voor jy 'n verbetering sien.
Bron: Prof. Elna McIntosh, president van die Sub Saharan Africa Society of Sexuality Advisors, Educators, Researchers & Therapists (SSASSERT) in Johannesburg.
Verwante artikels
-
Egoli se Tarien hou Hollywood-bekendes se lywe mooi
SARIE Julie 2010
Christel Smith, voorheen Tarien in Egoli, woon al 10 jaar in Los Angeles en het 'n hoofstuk bygedra tot die boek The A-List Workout: Top Hollywood Trainers Reveal the Body Shaping Secrets of Their Celebrity Clients*.










Kry jou SARIE oral, enige tyd