FOTO: Instagram @supervalys

Gesondheidstories

Kies die perfekte sonbril

Só kies jy die perfekte sonbril 

Om eenvoudige oogsorggewoontes deel van jou daaglikse roetine te maak is makliker as wat jy dink. Nasionale Oogbewustheidsmaand (23 September tot 20 Oktober) loop vandag ten einde, daarom deel ons ‘n paar riglyne wat jou sal help om die perfekte sonbril te kies.

Mellins i-Style, ’n voorste groep optometriste in Suid-Afrika, gee die volgende wenke:

FOTO: Elma Smit (Instagram)

FOTO: Elma Smit (Instagram)

‘n Sonbril is nie net ‘n modebykomstigheid nie, want te veel blootstelling aan UV-sonstrale kan jou kanse op oogsiektes verhoog. Dit is dus belangrik om in ‘n goeie sonbril te belê. Die volgende punte sal jou help om die beste sonbril vir jou oë te kies:

  • UV-ligbeskerming: Kies ‘n sonbril wat minstens 99% van UVA- en UVB-strale blokkeer.
  • Geel filter, ook “blou versperrings” genoem omdat hulle blou lig blokkeer. As gevolg hiervan sien oë beelde effens geel geskakeer. Die voordeel hiervan is ‘n beter kontras van ver voorwerpe, veral op ‘n bewolkte dag of as dit sneeu. Skiërs, jagters, seiljagters en vlieëniers trek die meeste voordeel hieruit.
  • Gepolariseerde lense: Dié lense blokkeer ligdiffusie, soos sonlig wat vanaf wateroppervlaktes of sementpaaie weerkaats. Omdat hulle verblindende lig verminder, is hierdie lense veral nuttig vir bestuur en visvang.
  • Spieëllense lense verminder die hoeveelheid lig wat die oog bereik, maar bied geen weerstand teen UV-bestraling nie.
  • Kantbeskerming: sonbrille met hierdie eienskap beskerm die oë van lig wat gewoonlik vanaf die kant van die bril inskyn.
  • Gradiënt-geskakeerde lense is donker van kleur in die boonste deel van die bril en is ligter in die onderste deel. Dus word verblindende lig van bo versper, maar normale afwaartse sig word toegelaat. Bestuurders vind hierdie lense prakties, maar dit word nie vir die strand of in sneeutoestande aanbeveel nie.
  • Fotochromatiese lense word outomaties donkerder in skerp lig en raak weer ligter in die skadu. Die verandering in skakering kan baie vinnig plaasvind, afhangende van die UV-bestraling en temperatuur.
  • Kontaklense: Sommige kontaklense bied UV-beskerming, maar ‘n sonbril verseker bykomende beskerming. 

Vir meer inligting, besoek www.mellins.co.za