Kies Gesond
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Wát is nou gesonder: Suiker of kunsmatige versoeters, bier of wyn, botter of margarien? Die antwoorde verras jou dalk . . .
Suiker of kunsmatige versoeters?
Kies altyd liefs die natuurlike produk, in dié geval suiker, sê Sunette Kotze,
Pretoriase dieetkundige en eienaar van e-spice health, ’n gesondheidswinkel.
Gebruik dit egter matig, verkieslik in gebak. (Die GI, d.w.s. die tempo
waarteen koolhidrate tot eenvoudige suiker afgebreek en in jou bloedstroom
opgeneem word, is dan laer – en dís gesonder). Natuurlike versoeters soos
xylitol (van boombas) en Stevia (’n krui-plant) is deesdae gewild. Dis
verkrygbaar by gesondheidswinkels. Rou heuning (in matigheid) is ook ’n
goeie keuse.
Mariza van Zyl, dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl,
stem ook vir suiker – mits dit deel van ’n goeie, gebalanseerde eetpatroon is.
Eet liefs onverfynde, onverwerkte kos – vrugte, groente en onverwerkte volgrane,
soos gerolde hawermout. Dan kan jy jouself daagliks ’n soetigheid gun.
Dit moenie meer as so 3 tot 4 teelepels suiker per porsie (dus per dag) bevat nie. Dis sowat 15 tot 20 g koolhidrate
per porsie (kyk op die verpakking). Probeer ook om elke dag ’n bietjie oefening te doen.
Kunsmatige versoeters? Volgens www.saccharin.org, ’n pro-versoeters webblad,
het geen studie op mense nog gewys dis sleg vir jou nie. Volgens ’n onlangse,
klein studie op rotte is daar wel ’n verband tussen dié middels en ’n gewigtoename.
Dierestudies kan egter nie sommer op die mens van toepassing gemaak word nie,
waarsku dié webblad.
Botter of margarien
* Sunette Kotze stem egter nie saam nie. Botter is natuurlik, margarien nie. Laat staan botter teen kamertemperatuur tot dit sag is.
Wenk: Klits dan suiwer, koudgeparste olyfolie by. Dit smeer makliker, bevat minder versadigde vette en baie “goeie” vette.
Koffie – met of sonder kafeïen
Bier of wyn
Ongefiltreerde bier (dus vatbier of draft) hét wel meer voedingstowwe as wyn: Baie B-vitamiene, verskeie minerale en net soveel antioksidante. Maar bierdrinkers hou van fuif, wat al dié voordele uitskakel. Jy kan verslaaf raak of lewerskade kry as jy te veel alkohol inneem. Daar is egter niks met bier verkeerd nie, solank jy nie oorboord gaan nie en die skyfies en vetterige pizza uitlos. As jy wyn om gesondheidsredes kies, is rooi die beste. Daar is ook ’n aanvulling met al die goeie dinge in rooiwyn, minus die alkohol en kilojoules.
Wit-of ligte bruinbrood (nie saadbrood)
Wenk: Eet liefs een of twee snye lae GI-saadbrood per dag.
Die Pil of IUD
* Die koper IUD (bv. die Copper T en Nova T) het voordele: Dis goedkoop en doeltreffend en sommiges hou tot 12 jaar lank. Nadele: In die eerste drie maande ná dit ingesit is, kan jy meer bloei, maar medikasie kan dít voorkom. ’n Gesondheidswerker moet dit insit en verwyder.
* Die Mirena skei slegs een hormoon in klein hoeveelhede af. Dit word nie deur jou hele liggaam versprei nie en het dus minder algemene newe-effekte as die Pil. Jy bloei minder en meestal hou jy later op menstrueer. Dis 5 jaar lank doeltreffend. Nadele: Jy kan die eerste paar maande ongereeld en onvoorspelbaar bloei (maar steeds minder as tydens gewone menstruasie). ’n Gesondheidswerker moet dit insit en verwyder.
2. Die kombinasie-Pil (met estrogeen en progesteroon). Voordele: Jy bloei op gereelde tye. Jy bloei egter min – jou ystervlakke is dus hoër. Jy het minder menstruasie-pyne en jou kans op endometriale en eierstok-kanker is kleiner.
Nadele: Jy moet dit élke dag drink. Dit kan bloedklonte veroorsaak as jy ander risikofaktore daarvoor het (bv. as jy rook). Gaan sien ’n gesondheidswerker voor jy dit begin neem.
* Die mini-of progesteroonpil. Dis nie so doeltreffend soos die kombinasie-Pil nie en word voorgeskryf vir vroue wat bv. borsvoed.
Pryse:
Die Mirena kos sowat R1 762 en Nova T sowat R352. (Die gesondheidswerker se tarief moet bykom.)
Die Pil wissel van sowat R55 tot R110 per maand.
Die IUD is dus meer kostedoeltreffend as die Pil.
+ Daar’s ook ’n hormoon-plakker beskikbaar. Jy vervang dit weekliks.
+ Net as kondome altyd korrek gebruik word, voorkom dit seksueel oordraagbare siektes.
* Hulplyn vir nood-kontrasepsie (as jy onbeskermde seks gehad het): 0800 246 432 of besoek www.not-2-late.co.za.
Vir menstruele krampe: ibuprofen of natuurlike middels
Anti-inflammatoriese medikasie (soos ibuprofen) keer die inflammatoriese proses om, sê dr. Bernard Brom, redakteur van die South African Journal of Natural Medicine. Inflammasie is jou liggaam se natuurlike reaksie as jy seerkry. As jy dit probeer keer, meng jy in met die genesingsproses. Sowat 20 000 Amerikaners sterf jaarliks weens anti-inflammatoriese medikasie en 100 000 beland waarskynlik as gevolg daarvan met bloeiende maagsere in die hospitaal. (Dié medikasie kan jou maag se slymvlies beskadig.)
Natuurlike middels ondersteun jou liggaam se eie genesingsproses. Vir menstruele krampe is die volgende doeltreffend: Magnesium (400 mg p/d), natuurlike progesteroon-rome, sekere Chinese kruie (vra by ’n gesondheidswinkel), en omega 3 (1 200 mg p/d), sê hy.
Vir verkoues – vitamien C of Echinacea
Volgens dr. Bernard Brom beveg vitamien C virusse en Echinacea ondersteun jou immuunstelsel. Albei is daarom goed teen verkoue. As jy vermoed jy kry griep of verkoue, begin dadelik om elke twee ure 1 000 mg (1 gram) vitamien C te drink. Verklein die dosis as jou simptome opklaar. Drink ook Echinacea drie keer per dag. Jy kan langer daarmee aanhou, selfs tot 2 weke.
Kontak
Sunette Kotze by 012 548 2762 of
besoek www.healthline.co.za.
Mariza van Zyl by 021 872 8423, stuur-epos na ask@bettereat.net of besoek www.betereet.co.za.
SAJNM se webblad: www.creatinghealth.co.za












Kry jou SARIE oral, enige tyd