FOTO: Instagram @lizelle_pietersen

Gesondheidstories

Kies gesond! Slaai of gesondheidsbroodjie?

Altyd keuses. Sjokolade of jellie-lekkers? Roomys of sorbet? Aartappel of patat? Muffin of koek? Botter of margarien? Ons word daagliks deur dieetkeuses in die gesig gestaar.

SARIE se gesondheidsredakteur Lydia van der Merwe ondersoek wat is werklik die gesonder opsie. En die antwoord mag jou dalk net verras … Lees die volledige artikel in die Oktober-uitgawe van SARIE.

Slaai of gesondheidsbroodjie?

KIES: GESONDHEIDSBROODJIE

Oor die toonbank lyk slaai dalk na die gesonder keuse, maar dit bevat dikwels slaaisous hoog in vet en ook baie kaas. ’n Gesondheidsbroodjie met lae-GI-brood (bv. saad- of rogbrood) en ’n klein hoeveelheid vet (laevet-mayonnaise) en proteïene (tuna), is ’n meer gebalanseerde keuse, volgens sê Suzelle Viljoen, geregistreerde dieetkundige van Inge Retief & Vennote in Johannesburg.

Amanda sê jy kan ook maklik in ’n restaurant mislei (of verlei!) word. ’n Tradisionele Waldorf-slaai kan tot 2 660 kJ per porsie en sowat 65g vet per porsie bevat. Dis gelyk aan ’n burger of kerrie-gereg.

FOTO: Instagram  ITEM

FOTO: Instagram ITEM