Kinderhospitaal kry nuwe teaters - SARIE was daar

Deur Liezl Temmingh, SARIE - September 2009

Kinderhospitaal kry nuwe teaters - SARIE was daar Foto’s: Rodger February Galery

Die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad het op 16 September hul nuwe teater-kompleks geopen. Dié operasiesale sal verseker dat kinders gespesialiseerde behandeling van internasionale gehalte kry

Aangesien drie van die agt nuwe sale nou gedigitaliseer is, en al agt met die nuutste tegnologie toegerus is, kan die opleiding van studente en dokters ook nuwe hoogtes bereik. Die oudiovisuele videokonferensie-sisteem in die teaters verseker voorts dat 'n dokter aan die ander kant van die wêreld die operasie kan dophou terwyl dit plaasvind. 

Die fondsinsameling om dié massiewe projek uit te voer het gestrek van groot besighede se bydraes, glansgeleenthede en individuele skenkings – tot koekverkopings! Mense het van R5 tot R20 miljoen geskenk. Die enorme projek het R125 miljoen gekos en die geld is ingesamel deur The Children's Hospital Trust, die fondinsamelingsafdeling van die Hospitaal. Die donateurs het nie net in bakstene en sement belê nie, maar ook in die kinders by die hospitaal se toekoms en gesondheid.

'n Oud-pasiënt van die Kinderhospitaal, Vinolia Naidoo, wat al vanaf driejarige ouderdom sieklik is, het die gaste by die opening toegespreek. Sy moes in 2002 'n lewer- en nieroorplanting by dié hospitaal ontvang. Vinolia, wat vandag 'n tweedejaar-regstudent is te danke aan die hospitaal se toewyding, het gesê dat die opening 'n "viering van die lewe" is: "Wanneer liefde en vaardighede gekombineer word, word 'n meesterstuk geskep."

Helen Zille was ook by die opening

Wes-Kaapse premier, Helen Zille, wat die teater-kompleks amptelik geopen het, het gesê dié projek wys wat ons as Suid-Afrikaners kan regkry as almal saamwerk.

Galery

  • file106.jpg
  • Helen Zille was ook by die opening
  • Dr. Sharon Cox van die RK-kinderhospitaal
  • Kinders sing by die openingseremonie
  • Die nuwe Lolo Wing-kompleks
  • Helen Zille
  • Die openingseremonie
  • Binnekant van nuwe teater
  • Dr. Sharon Cox by die nuwe fasiliteit
  • Dr. Sharon Cox

Kommentaar