rodger_2_37_
Gesondheidstories

Leer jou lyf se taal

Hoe beter jy jou eie liggaam ken, hoe makliker kan jy besluite neem en leefwyse-aanpassings maak om fisiek gesond en energiek te bly.

Klein, gelerige swelsels op jou ooglid?
Hierdie is vetneerslae en kan ’n waarskuwingsteken van hoë cholesterolvlakke wees. Laat jou cholesterol toets.
Bron: www.medhelp.org

Bitter, bitterder, Brusselse spruite
Kan jy Brusselse spruite nie oor jou lippe kry nie? Wetenskaplikes weet nou kos smaak nie vir ons almal dieselfde nie. Dit hang af van hoeveel smaakknoppies in jou mond is. Hoe meer jy het, hoe meer intens ervaar jy smake, veral bitteres. “Super-proeërs” kan tot twee keer meer smaakknoppies as die res van ons hê. Dit beteken groen groente (soos kool en broccoli) is vir jou bitterder en jy eet dit dus minder graag. Die bitter bestanddele beskerm jou egter teen onder meer kolon- en baarmoederkanker en kanker van die eierstokke. As jy dit nie eet nie, is jou risiko vir sulke kankers dus groter.
WENK:
Voeg ’n laevet-suiwelproduk by om die smaak te neutraliseer. Die goeie nuus: Jy hou waarskynlik ook nie van vetterige kosse en suiker nie. Jou kanse op hartsiektes is dus kleiner en jy is dalk ook skraler.
Bron: www.newscientist.com

TOETS:
Sit blou voedselkleursel op ’n oorstokkie en smeer op jou tong. Kyk deur ’n vergrootglas en tel die aantal klein, blou kolletjies (smaakknoppies) naby die voorkant van jou tong. As jy meer as 20 het, is jy dalk ’n “super-proeër”.
Bron: www.bbc.co.uk

Snuif-snuif
Nies en snuif jy, al is dit nie tyd vir verkoue (winter) of hooikoors (lente) nie? Trek jou onderste ooglid af en bekyk die binnekant.
As daar klein knoppies is wat jeuk en irriterend is, is jy dalk allergies vir iets. Die algemeenste allergene is stof, dierehare en skimmel. Gebruik antihistamienoogdruppels. (As jy kontaklense dra, kan dít ook die oorsaak wees van sulke knoppies. Dra dit ’n ruk lank nie en kry oogdruppels – antihistamien en/of steroïde – by jou dokter).

Bron: www.medhelp.org

Onthou jy nog?

Vermoed jy ’n familielid het ernstige geheueprobleme? Vra hom/haar wat hy/sy vir middagete gehad het. Of gee hom 3 voorwerpe om te onthou en vra hom 5 minute later wat dit was. As hy daarmee sukkel, is dit ’n aanduiding dat iets met sy korttermyngeheue skort. Hy moet sy dokter besoek vir ’n deeglike toets.
Bron: You: Staying Young: The Owner’s
Manual for Extending Your Warranty deur Michael F. Roizen en Mehmet C. Oz (Harper Thorsons, 2007)

Om beter te kan sien
Loop 20 groot treë (20 m) weg van jou geparkeerde motor. Kan jy die registrasienommer duidelik lees? As dit enigsins dof of verwring lyk, kan dit beteken jy sien nie goed genoeg om veilig te bestuur nie. Besoek jou oogkundige vir ’n oogtoets.
Bron: www.yourdrivinglicence.co.uk

Trae skildklier?
Meet jou onderarm-temperatuur die oomblik dat jy wakker word, voordat jy opstaan. Jou liggaamstemperatuur is dan op sy laagste en bestendigste.
Doen dit ’n paar dae ná mekaar. As jou gemiddelde temperatuur laer as 36,5 °C is, het jy dalk ’n onderaktiewe skildklier.
Ander simptome is onder meer hardlywigheid, droë vel, intoleransie vir koue, geïrriteerdheid, gewigstoename en moegheid. Raadpleeg jou dokter vir ’n bloedtoets.
Bron: Genesende Voeding deur dr. Willem Serfontein (Tafelberg, 2001)

Hoe goed werk jou longe?
Staan sowat 30 cm weg van ’n brandende kers. Asem diep in. Blaas nou jou asem hard deur jou mond uit. Het jy die kers doodgeblaas? Indien nie, kan dit dalk ’n teken wees van asma – veral as jy ander simptome het soos ’n gehoes snags. Is dit nie asma nie, is jou longe in elk geval minder elasties as wat hulle moet wees. Dis ’n teken dat jy fikser moet word!
Bron: www.cardiff.ac.uk

Hoor hoe klop my hart
Kry eers jou dokter se toestemming. Met jou volgende kardiovaskulêre oefensessie, stoot jou hartspoed op na 80% of meer van jou maksimum-hartklop (MHK). Om jou MHK te bereken trek jy jou ouderdom van 220 af. As jy 20 jaar oud is, is dit dus 200 slae per minuut (spm).
Vir 80% van jou MHK, vermenigvuldig 200 met 80% = 160 spm.Wanneer jy ophou oefen, hoe lank neem dit jou hartklop om na 66 slae minder as jou 80%-maksimum te val? (Dus 160 – 66 = 94 slae.)
As dit binne 2 minute is: uitstekend! Jy is minstens 8 jaar jonger as jou biologiese ouderdom. Langer as dit beteken jy moet harder aan jou fiksheid werk.
Bron: You: Staying Young: The Owner’s Manual for Extending Your Warranty

Meet jou middel


’n Vrou s’n moet kleiner as 81 cm
    en ’n man s’n kleiner as 89 cm
wees: Jou kanse op hartsiektes is
dan kleiner, wys navorsing aan die
Mediese Kollege van Wisconsin
(bron: www.webmd.com). Jou
middelmaat kan selfs ’n beter
aanduiding van jou kanse
op hartsiektes wees as jou
gewig, sê die navorsers.
Vroue met ’n “appel”-
figuur (breër om
die middel) is
geneig om hoër
cholesterol-vlakke
te hê en glukose-
weerstandig
te wees: Albei
vergroot jou risiko
op hartsiektes.
Besoek dus jou dokter
vir bloedtoetse om die
vlakke te meet. Jy moet ook
gewig verloor en oefen. Daar
is ’n regte en ’n verkeerde
manier om jou middel te meet,
Die vrou se gesondheid-Bybel
(Jacklin-uitgewers, 2005). Hou op
naeltjievlak ’n maatband horisontaal
om jou buik, parallel met die vloer.
Die maatband moet knus om jou pas

sonder dat dit styf trek. Asem uit en
neem die mate van jou middellyf.

WENK: Eet meer laevet-suiwelprodukte
soos jogurt: Vroue wat gereeld jogurt eet,
verloor tot 81% meer vet om hul middel as
dié wat dit vermy, volgens ’n studie aan die
Universiteit van Tennessee.
Bron: www.scienceblog.com

 

Bons jou bloedsuiker soos ’n bal op en af?
1.
Is jy selde helder wakker 15 minute nadat jy opgestaan het?
2. Het jy koffie, tee, ’n sigaret of iets soets nodig om soggens aan die gang te kom?
3. Smag jy na sjokolade, soet kos, graankos en pasta?
4. Drink jy suiker-drankies of gooi suikerryke souse oor jou kos?
5. Het jy dikwels energie-insinkings deur die dag of ná maaltye?
6. Smag jy na iets soets of ’n stimulant (soos koffie) ná ’n maaltyd?
7. Is jou buie wisselvallig of sukkel jy om te konsentreer?
8. Raak jy duiselig of geïrriteerd as jy lanklaas geëet het?
9. Oorreageer jy op stres?
10. Het jy minder energie as voorheen?
11. Sit jy gewig aan, veral op jou maag? Sukkel jy om dit te verloor, selfs al eet jy nie meer nie en oefen jy nie minders nie?
12. Is jy te moeg om te oefen?

0 – 2 Ja’s
Jou mikpunt moet ’n 0-telling wees. Jy kan dit bereik met minimale veranderings aan jou leefwyse en dieet.

3 – 6 Ja’s
Jy sukkel waarskynlik reeds om jou energievlakke hoog te hou en jy het dalk reeds gewig aangesit. Eet 6 klein maaltye deur die dag. En lae-GI-kosse. (Kosse met ’n hoë GI veroorsaak vinnige skommelinge in jou bloedsuikervlakke, cravings vir kos, moegheid en lusteloosheid. Besoek www.gifoundation.com vir ’n lys van sulke kosse. Lees ook Eet slim en bly slank deur Liesbet Delport en Gabi Steenkamp (Tafelberg, 2009).

Meer as 7 Ja’s
Jou bloedsuikervlakke bons op en af. Besoek ’n dieetkundige vir riglyne.
Bron: Optimum Nutrition Made Easy, Patrick Holford (Piatkus, 2008)

Hoe groot is jou maag?
Lê voor ontbyt op jou rug. Trek jou maag in. Is jou maag plat, kry jy volpunte. Lyk jy swanger, het jy te veel visserale vet. Dis vet wat om organe saampak en dit vergroot jou kanse op kanker, hartsiektes en diabetes. Vroue wat hard oefen (so 32 km se draf per week) het ná 8 maande 7% van sulke vet verloor, wys ’n studie aan Duke Universiteit.
Bron: www.findarticles.com

Hoeveel gewig het jy sedert hoërskool aangesit?
Vroue wat 18 jaar daarna meer as 10 kg aangesit het se kanse op borskanker is 40% groter. Dis nou teenoor vroue wat minder as 2½ kg swaarder is, aldus die Amerikaanse Kankervereniging (www.cancer.org). Gewigsverlies verklein weer jou kanse op feitlik alle kankers.

Smag jou liggaam na water?
Knyp die vel op die agterkant van jou hand liggies en los. Spring dit dadelik weer terug, of neem dit meer as 2 sekondes? Jy is dalk gedehidreer: Drink ’n glas water of twee en kyk of dit verbeter. As jy middeljarig of ouer is, is jou vel maar net minder elasties.
Jonger? Jy was dalk deur die jare te veel in die son en jou vel het vroeg verouder.
Bron: The Permanent Pain Cure deur Ming Chew en Stephanie Golden(McGraw-Hill, 2008)

Hou jou lyf water terug?
Druk jou duim ferm op 3 of 4 plekke op jou bene. Bly dit ’n paar sekondes wit nadat jy jou duim weggevat het? Dan ly jy aan water-retensie – veral as jou enkels en knieë ook geswel is. Eet minder sout en vermy verwerkte kosse.
Bron: www.cardiff.ac.uk

Hoe gesond is jou spysvertering?
Is daar ’n verband tussen jou winderigheid en opgeblasenheid en ’n kos-intoleransie? Meet jou polsslag, sit dan stil en eet ’n mediumgroot tot groot porsie van die kos wat jy dink die probleem veroorsaak. Meet nou weer jou polsslag. As dit meer as 10 slae per minuut vinniger is, het jy waarskynlik ’n intoleransie vir die betrokke kossoort. Niemand weet mooi hoe die toets werk nie, maar dis akkuraat.
Bron: www.cardiff.ac.uk

Ek kyk so graag in jou oë …

Iridoloë sê hulle kry ’n magdom inligting deur met ’n spesiale iris-mikroskoop na jou oë te kyk, want jou oog se senuweevesels is met jou brein verbind en daardeur registreer alles wat in jou liggaam gebeur op jou iris (die gekleurde deel van jou oog). ’n Ontleding daarvan wys hoe gesond jou liggaam is, organe inkluis. Jou iris word losweg in genetiese (of oorgeërfde) groepe ingedeel.

“Blouoog”-groep – Jou oë is blou of blougrys – geërf van voorsate wat in koue dele van die wêreld moes oorleef. Hulle het mettertyd meganismes ontwikkel om hul eie liggaamshitte te beheer. Daarom het jy ’n vinnige limf- en bloedsomloopstelsel. Jou swakker orgaan is jou niere. (In ’n mate jou asemhalings- en immuunstelsel ook.) Jy kan onder meer siektes soos borskwale (brongitis, asma), sinusitis, artritis en rumatiek ontwikkel.

“Bruinoog”-groep –  Jou oë is bruin en digte weefsel vorm die iris. Jou voorsate kom van warmer dele en het ’n meganisme ontwikkel wat die liggaam teen te veel hitte beskerm. Daarom is jou bloedsomloopstelsel stadiger en jou bloedvatstelsel, lewer, milt, spysverteringstelsel en endokriene kliere (wat hormone afskei, bv. jou skildklier en prostaat) weerloser.


“Gemengde” groep –
Vanweë genetiese interaksie tussen die blouoog- en bruinoog-groep het ’n wye verskeidenheid kleurkombinasies ontstaan. Jou oog kan óf meer na bruin, óf meer na blou neig. Jy is geneig tot spysverteringsprobleme en jou lewer en galblaas is kwesbaar. Jy kan dalk ook bloedsuikerprobleme hê.


Bo-op jou oog se basiese kleur is dikwels ander kleure. Só kan plekke wat baie ligter as die res van die oog is, dui op pyn of inflammasie. Baie donkerder dele kan wys sekere dele van jou liggaam funksioneer nie goed nie.


’n Gesonde leefwyse help probleme in al drie gevalle voorkom. Volg ’n gebalanseerde dieet, ontspan gereeld en rus genoeg. Vermy alkohol, kafeïen en ander stimulante. Ook vetterige eetgoed en kitskos. Neem ’n goeie multivitamien/mineraal-aanvulling en omega 3- en 6-vetsure. Eet gereeld klein maaltye en kou jou kos goed. Kry ook genoeg oefening.


*Kontak: Dr. Florrie Kerschbaumer, voormalige lektor aan die Universiteit van Wes-Kaapland, homeopaat en iridoloog by die Iridology Institute of Southern Africa, Kaapstad, 021 689 5061 of 082 552 9066.

Te min yster?

Strek jou hand uit met die palm na bo en druk jou vingers so ver moontlik agtertoe. Jou palms sal bleek wees. Maar is die diep lyne op jou handpalm ook bleek? Dit kan weens te min yster in jou bloed wees. Jou dokter kan dit met ’n bloedtoets bevestig. Eet meer rooivleis en groen blaargroente.
Bron: www.cardiff.ac.uk
Of eet beet en kyk daarna na jou urine: As jy te min yster het, sal dit pienk wees, sê dr. Serfontein in Genesende Voeding.

  • http://kucoamvblntd.com/ rxudrkeet

    lN5j36 hefdcccspsih, [url=http://slfxsrdwoqmo.com/]slfxsrdwoqmo[/url], [link=http://plsmcjspyixe.com/]plsmcjspyixe[/link], http://vfrcszypbjmm.com/

  • http://ubztiqhfedfw.com/ mdwvndj

    33IRqB xovntiyyrocp, [url=http://ucaqjmgfduxw.com/]ucaqjmgfduxw[/url], [link=http://gztbqndlatly.com/]gztbqndlatly[/link], http://ncdfzafdmobw.com/

  • Evivishvab

    dating ex show treme
    metaphysical dating site
    dangers of online dating
    over 40s dating
    patent number for dating

  • anoniem

    ek kry pyn brandpyne in my arms veral aan die linker kant . en ek word naar en kry krampe op my maag soos vanoggend weer my spiere in my maag is vanoggend baie seer nadat hy gister aand weer so saam getrek het. wat kan dit wees.

  • mev venter

    ek het pyn in my linker arm gaan op na my skouer wat kan dit wees dis regtig baie seer. kan u my dalk raad gee .

    mev N venter

  • ADRI

    EK VERMOED DIT KAN ‘N OORMATE SUUR IN DIE LIGGAAM WEES WEENS VERKEERDE VOEDSEL WAT SUUR VEROORSAAK EN DAN DIE MAAG EN LEDEMATE AAN TAS. MY MAN SE SKOUERS, GEWRIGTE, ELMBOë, KNIEë, VOETE IS SEER (SOMS SPIERPYNE, SOMS PYNE IN DIE BEEN (JOIN) SOMS BEIDE, DAN LEWE HY DAAGLIKS OP KOEKSODA WEENS SY MAAG WAT NIE NORMAAL FUNKSIONEER (SOOIBRAND, SUUR, BRANDERIGE PYN, OPGEBLAASDHEID, DIAREE (SELDE HARDLYWIG) BRANDERIGE STOELGANG, WINDERIGHEID, ONGEMAK, ENS. ENS. ONS IS TANS BESIG OM SY DIEëT AAN TE PAS, BV. COKE EN WITBROOD MOET UIT, SUIWEL UIT (EK IS BEKOMMERD OOR SY KALSIUM EN MAGNESIUM VLAKKE OMREDE SY SIMPTOME NEIG NA MOONTLIKE GOUT/RUMATIEK ALHOEWEL HY NOG NIE GETOETS IS VIR ENIGE, STYSEL EN PROTIëNE GELYKTYDIG UIT (VERAL BILTONG OM DIE EEN OF ANDER REDE), TAMATIES, NAARTJIES, LEMOENE, DRUIWE, PYNAPPEL UIT, SUURLEMOEN BINNE PERKE IN. SKIELIK VIND VOGRETENSIE PLAAS EN TANS SIT HY MET ‘N "TENNISELMBOOG" DIT KLINK ASOF HY ‘N VREESLIKE SIEK EN OU MENS IS WAT MIN DAE HET, MAAR HY IS NOG JONK EN STERK, DIE GEMORS BEGIN IN SY MAAG VAN AL DIE GEMORS WAT DAARIN GAAN, "EK DINK SO"
    VIR INTERESANTHEID- SY BLOEDGROEP IS A

  • Elna

    Goeie dag,

    Ek is gister ontslaan na een aand in die hosp. Ek het n athroscopy op my skouer gehad en is vreeslik op geswel? My hele lyf deur? Waarom gebeur dit en watse behandeling is daar vir dit?

  • Pharme32

    Hello! eacbadc interesting eacbadc site! I’m really like it! Very, very eacbadc good!

  • Belinda

    Daar is groot fout met my ( my liggaam voel soos n vrou van 80sin ek is maar net 42 . Ek het 1 aand by n gaste huis geeet ,2 dae daarna toe word ek skielik 3 uur die more wakker met n geweldige lyf seer , so seer dat jy nie aan my vel kan raak nie , agter op my rug tot onder by my boude is die vel geweldig sensitief , toe begin ek soos steek pyne op verskilende plekke kry in my spiere oor my hele liggaam . ek is glad nie honger nie begin braak , is nie koorsig nie , het geweldig hoofpyn , as ek omdraai wil ek huil so seer is my lyf . ek het n enza , Myprodol , naar pilletje gedrink , me 4 lvk na 2 ure se vas slaap het ek beter begin voel . Die simptome herhaal hom self elke 2 maande .Nou ervaar ek die volgende .
    1 ) dit voel of my arm uit pootjie gaan in die nag as ek op my sui le
    2) my spiere pyne geweldig , veral in my bo bene ,
    3) as ek uit my motor klim kan ek vir die eerste paar minute nie normaal loop nie my spiere om my
    heupe pyn so dit voel of my heupe , bene besig is om te disintegreer.
    4) ek kry hoofpyne deur die dag wat normaal weg nooit gebeur het nie , soos n ergerlike meegraine .
    5) my hare val geweldig baie uit , ek het altyd n bos hare gehad , nou kan ek nie glo wat oor is nie .
    6) ek sweet nie , ek is nie gedurig honger nie , ek is miskien 10kg oor gewig . ek rook drink nie .
    7) 16h00 in die middag dan sal ek enige iets doen net om te kan gaan slaap ek is dood , dood moeg.
    8) soos ek hier sit kan ek nie aan my rug vat nie my vel is te seer , my bo bene pyn geweldig.
    9) as ek op my rug slaap pyn my niere , en my nek spiere begin n hoofpyn veroorsaak, le ek op my
    linker kant , brand my heup spiere soos kool vuur , draai ek op die ander kant voel dit of my skouer uit hak en die heup se spiere brand pyn ook .
    10) as ek in die kantoor agter my lesenaar werk , pyn my boud spiere tot in my bo bene agter so dat ek
    moet op staan .
    11) ek voel soos n ou mens ………………ek voel op ………….ek het al begin dink om my bloed te laat toets vir enige snaakse ding , gif , virus , parasiet ….ag ek weet nie meer nie . weet jy dalk wat is fout met my as jy nie weet nie , sal ek verstaan

  • Pharmb869

    Hello! bbddcdf interesting bbddcdf site! I’m really like it! Very, very bbddcdf good!