no bra day
Gesondheidstories

Los vandag jou bra by die huis. Sien hier hoekom!

Los jou bra by die huis vir ’n goeie doel! Vandag is “geen-bra-dag” om bewustheid van borskanker en steun aan diegene wat deur die siekte geraak is, te bevorder. Selfs al het jy ’n familiegeskiedenis van borskanker, wil ’n nuwe studie dit laat lyk, kan jy met leefstylveranderinge jou risiko verminder.

Die studie

Handhaaf ’n “gesonde” gewig, moenie rook nie, drink min alkohol en dink mooi oor hormoonvervangingsterapie (HVT). Dan is jou kans om borskanker te kry dalk dieselfde (11%) as dié van die gemiddelde wit Amerikaanse vrou sonder ’n genetiese kwesbaarheid, volgens die joernaal JAMA Oncology. Dis nie die eerste keer dat ons hoor ’n gesonde leefstyl kan jou risiko vir dié gevreesde kanker verminder nie.

FOTO Instagram / @bcacampaign

FOTO Instagram / @bcacampaign

 

Help voorkom borskanker met die 5 wenke:

Los nikotien

Vroue tussen 20 en 44 wat 10 jaar lank daagliks ’n pakkie sigarette rook, se kans is tot 60% groter om sogenaamde estrogeen-reseptorpositiewe borskanker te ontwikkel. Van die bestanddele in sigarette kan naamlik soos estrogeen optree, wat die ontwikkeling  van sekere soorte borskanker kan aanmoedig, volgens die Amerikaanse navorsers. Ditto alkohol. Vroue wat selfs net 3 – 6 drankies per week drink, het ’n 15% hoër risiko vir borskanker, volgens ’n studie in die Journal of the American Medical Association. Die soort alkohol maak nie saak nie.

mood gesond rook

 

Ai, die gloede!

As jy gekombineerde HVT gebruik, dus estrogeen en progesteroon, verdubbel jou kans om borskanker te kry, suggereer die Britse The MillionWomenstudie (www. millionwomenstudy. org). Vroue wat steeds hul baarmoeder het, moet gekombineerde HVT gebruik om baarmoederkanker te voorkom. As jy nie meer ’n baarmoeder het nie en dus net estrogeenvervangingsterapie gebruik, kan jou risiko ook dalk vermeerder.

 

Weg met die magie

Vetselle is die hoofbron van hormone wat borskanker ná die menopouse “dryf”. Verloor net 5% van jou gewig en jy verminder jou risiko vir borskanker met tot 25%. (Dus 3,5 kg as jy 70 kg weeg.) Visserale vet (ingewandsvet of vet om jou maag) veral is gevaarlik.

 

Dapper en stapper

Postmenopousale vroue wat baie aktief is, of minstens 7 uur per week flink loop, se risiko vir borskanker is minder as dié wat glad nie oefen nie, volgens die Amerikaanse joernaal Cancer, Epidemiology, Biomarkers & Prevention. Dis net so voordelig soos swem en draf, volgens die navorsing.

MOOD-Unsplash-liggaam-570x360 (1)

 

Op jou bord

Sampioene kan ’n sterk bondgenoot in die stryd teen kanker wees. Vroue wat gemiddeld 10 gram vars sampioene per dag eet, kan hul risiko vir borskanker met die helfte verminder, volgens navorsing deur die Universiteit van Sydney en die Zhejiang-universiteit in China (www.mushroominfo.co.za).

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2014

FOTO Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2014

Die SA Mushroom Farmers’ Association se Power of Pink-veldtog, in samewerking met Pick n Pay en Thermopac, help in Oktober die Reach for Recovery Ditto-projek. R1 van elke pienk bakkie gesnyde wit sampioene wat jy by PnP koop, word geskenk vir borsprosteses vir behoeftige vroue wat ’n mastektomie gehad het. Gaan koop joune nou!

Doen jou ondersoek só

Macma (Movimiento Ayuda Cáncer de Mama), ’n Argentynse organisasie wat fokus op die voorkoming van borskanker, het vanjaar die gesogte Cannes Health Lion Grand Prix-prys gewen vir hul advertensie, “Man Boobs”. Omdat baie sosialemedia-platforms vroulike borste sensor, het hulle ’n slim plan beraam om steeds te wys hoe jy jou borste moet.ondersoek.

Kyk dit, jy sal beslis lag (en ook iets leer)!

Bronne: breastcancer.org, Science Daily, cancer.gov, Webmd

Lees nou

Mites oor borskanker: deel 1

Mites oor borskanker: deel 2

Mites oor borskanker: deel 3