food kos lees nou
Gesondheidstories

Maak dié gesonde eetgewoontes deel van jou nuwe jaar

Verlang jy ’n skraler middel én kort jou gesondheid ’n hupstoot? Maak dan dié gesonde eetgewoontes deel van jou jaar, sê The Huffington Post

1.Vrugte en groente by elke maaltyd

Vrugte en groente is goeie bronne van vitamiene, minerale, antioksidante én vesel. Eet gerus elke dag minstens vyf porsies hiervan en verminder só jou kanse om aan chroniese siektes, soos hartsiektes en sekere kankers, te ly. Vrugte en groente bevat ook heelwat minder kalorieë as ander happies.

2. Water, water, water

Drink daagliks ongeveer 2 liter water deur die loop van die dag. Dié vloeistof hou jou goed gehidreer, demp jou eetlus en versnel jou metabolisme. Indien water vir jou onaangenaam smaak, voeg ’n skyfie suurlemoen, komkommer of vars mentblare by.

3. Stadig met die suiker

Jy hoef jouself nie van suiker te ontneem nie, maar hou matigheid voor oë. Beperk bygevoegde suiker, soos die suiker in versoete jogurt en die lepeltjie of drie wat jy saam met jou koffie geniet. Die Amerikaanse hartvereniging stel voor dat vroue daagliks nie meer as 6 plat teelepels suiker moet inneem nie. Vir mans is dit 9 teelepels.

Vir nóg wenke lees die volledige artikel op The Huffington Post HIER.