FOTO: Instagram @yoga_girl

FOTO: Instagram @yoga_girl

Gesondheidstories

Internasionale Selfsorgdag: Maak jou gesondheid ’n prioriteit

Vandag, 24 Julie, is Internasionale Selfsorgdag, en vanjaar word mense aangemoedig om hul gesondheid ’n prioriteit te maak. Ons is soms so besig om na ander mense om te sien dat ons eie gesondheid aan die kortste ent trek.  

“Dit is noodsaaklik dat ons hierdie boodskap ter harte neem,” sê Allison Vienings, uitvoerende direkteur van die Self-Medication Manufacturers Association of South Africa (SMASA), ’n onafhanklike organisasie toegewyd aan die bevordering van verantwoordelike selfsorg en -medikasie.

Nie-oordraagbare siektes neem in Suid-Afrika toe as gevolg van tabak- en alkoholgebruik, te min liggaamlike aktiwiteit en ongesonde diëte. Tog het Allison hoop: “Die goeie nuus is dat 80% van dié gevalle voorkom kan word … Suid-Afrikaners moet beheer neem oor hul gesondheid en hulself toerus met die regte kennis om selfsorg en verantwoordelike selfmedikasie toe te pas.”

Hier is 4 gesondheidswenke:

  1. Ken jou gesondheidstatus.
  2. Maak seker dat jy die regte behandeling vir chroniese gesondheidsprobleme ontvang.
  3. Fokus op sleutelfaktore soos om meer te oefen, ’n gesonde dieet te handhaaf, stres te beheer, genoeg slaap te kry en jou brein aktief te hou.
  4. Wees proaktief oor jou selfsorg – saam met ’n gesonde leefstyl kan dit grootliks bydra om siektes vroegtydig te diagnoseer en moontlik te voorkom.

Die kernboodskap van Internasionale Selfsorgdag is dat selfsorg 24 uur per dag, sewe dae per week (24/7) toegepas moet word.

Vir meer inligting oor doeltreffende selfsorg besoek www.selfcare247.co.za

Lees ook