Gesondheidstories

Maklike maniere om winter-fiks te word!

Dis winter, maar moenie laat slaplê met jou oefenprogram nie. Hier is hoe om jou program te volhou in die koue maande.

Oorreed ’n vriendin om saam met jou te oefen. Die kans is dan beter dat jy daarmee gaan volhou. Doen iets wat jy geniet en dis makliker om gemotiveerd te bly, sê Genevieve van der Vyver van Adventure Boot Camp, Sandton.

Hier is 10 dinge wat jy 5 minute lank kan doen om ekstra kJ te verbrand, sonder dat jy die binnekant van ’n gimnasium hoef te sien.

1) Spring tou so vinnig soos jy kan. Dit verbrand: 285 kJ

2) Hardloop om die blok. Dit verbrand: 260 kJ 

3) Doen tuinwerk, soos skoffel . Dit verbrand: 142 kJ

4) Dans op maat van musiek in die huis rond. Dit verbrand: 180 kJ 

5) Was die vloer op jou hande en knieë. Dit verbrand: 160 kJ 

6) Stofsuig die grootste vertrek in jou huis. Dit verbrand: 80 kJ 

7) Stap op en af met trappe. Dit verbrand: 144 kJ 

8) Draf op een plek terwyl jy vir iets wag. Dit verbrand: 189 kJ 

Bron: Die aanlyn-tydskrif Homeostasis

Nóg gesondheidstories