'n Spierwit glimlag: Is metaalstopsels se dae getel?
Metaalstopsels se risiko word nou as matig geklas- sifiseer en nie meer as laag nie, het die Amerikaanse Food and Drug Adminis- tration (FDA) verlede jaar aangekondig. Wat beteken dit vir jou?
Dit beteken nie hulle sê dis onveilig nie, verduidelik Naomi Olivier van die Southern African Dental Technology Journal. Maar nuwe navorsing wys daar is ’n verband tussen dié soort stopsels en siektes soos veelvuldige sklerose, skildklier-afwykings, depressie, en ’n paar minder ernstige toestande. In die Skandinawiese lande is dit verbied en sekere Europese lande beveel aan swanger vroue moet dit vermy.
Metaalstopsels (of amalgame) bestaan uit die helfte kwik, gemeng met silwer, tin, koper en ’n bietjie sink. Dis sterk en hou lank. Dis ook maklik vir jou tandarts om in te sit. Die probleem is die kwik wat soms uit die mengsel “lek“ en gesondheidsprobleme kan veroorsaak. Daar is ook mense wat baie sensitief of selfs allergies vir kwik is.
Die vervanging van metaalstopsels kan kwik in jou liggaam vrystel (omdat dit uitgeboor moet word). Bespreek dit dus deeglik met jou tandarts, sê Naomi.
Volgens haar is die alternatief tandkleurige stopsels (of komposiet). Dis al sowat 18 jaar op die mark en het intussen baie verbeter.
Dit kan nou selfs op jou kiestande se kouvlakke gebruik word. Die voordeel: Niemand kan sien jou tande is gestop nie. Die grootste nadeel is dat dit moeiliker is om reg in te sit. Dis ’n bietjie duurder as metaalstopsels.
Dis baie sterk en hou lank. In ’n artikel in die Amerikaanse Journal of Conservative Dentistry word onder meer verwys na ’n studie van 1 748 tandkleurige herstellings oor ’n tydperk van
7 jaar. Die suksessyfer was 89,9%, ’n kortkop agter amalgame se 92%.
*Lees ook dr. Ilona Visser se boek The big dental lie: “Silver” fillings can affect your health (Osborne Porter Library Services, 2010). En besoek www.ctss.co.za.
Verwante artikels
-
'n Jong glimlag
SARIE Maart 2010
Jou tande is een van die eerste dinge wat slegte leefstyl-gewoontes verklap. Koffie, tee, tabak en donker gaskoeldrank vlek dit mettertyd.
-
Pienk lippetaal
SARIE - April 2009
Ons hou baie van dié seisoen se pienke vir jou lippe.
-
Stap-vir-stap: Mooi lippe
SARIE - Oktober 2010
Beklemtoon jou lippe se sensualiteit met net genoeg lipkleur om die oog te tref
-
Vir sexy lippe
SARIE - Junie 2010
Gucci Westman help nie net Hollywood se bekendste vroue om op hul beste te lyk nie – sedert April 2008 is sy ook Revlon se wêreldwye kunsdirekteur.










Kommentaar