pil
Gesondheidstories

Die nuwe Pil wat jou lewe kan verander

Jy voel gereeld opgeblaas, buierig en naar. Is dit nie tyd vir ‘n nuwe Pil nie? 

Die Pil het net meer as 50 jaar gelede, nadat dit in Amerika die lig gesien het, ons ma’s en oumas se lewens vir altyd verander. Dit het hulle die mag gegee om ’n belangrike keuse te maak: om self te besluit wanneer hulle kinders wil hê. En daarmee saam het ongekende vryhede gekom. Hulle kon ’n opvoeding kry, ’n loopbaan najaag . . .

Maar waar ons ma’s en oumas se liggame geweldig sterk dosisse estrogeen moes trotseer om hul nuwe vryhede te bekom, was navorsing daarvoor verantwoordelik dat ons vandag steeds die vryheid van die Pil kan geniet, maar met baie minder estrogeen in die samestelling. Dit beteken natuurlik aansienlik minder newe-effekte.

Die laaste tyd het ’n klomp nuwegenerasie-voorbehoedpille op die mark gekom – die sogenaamde ultraligte Pil met tot tien maal minder estrogeen.


 

Van die jongstes is een met die naam Qlaira. Kyk net die voordele wat dit vir jou inhou:

  • Dit bevat ‘n “natuurlike” vorm van estrogeen wat moontlik sagter op jou lyf behoort te wees.
  • Newe-effekte soos buierigheid en hoofpyn weens onttrekking behoort minder te wees.
  • Jy behoort minder en ligter te menstrueer.
  • Die “natuurlike” estrogeen behoort minder skadelik vir jou lewer te wees.
  • Jy behoort minder estrogeen-newe-effekte te ervaar (soos teer borste en vogretensie).

LEES IN DIE AUGUSTUS-UITGAWE VAN SARIE

  • Hoe Qlaira werk.
  • Wat dit vir jou kan beteken.
  • Hoe radikaal dit verskil van die Pil wat 50 jaar gelede verskyn het.
  • Nog meer voordele wat dit vir jou kan inhou.

  • chantell

    dis nie baie rustellend om in ELKE sin te lees dit "behoort" nie…

  • cecilia

    Ek gebruik reeds MenoClove vir n hele aantal jare. (klawerEkstrak) Ek was alteeds 60.Ek gaan aan met hierdie medikasie aangesien dit beenverbrokling teewerk.
    Ek het ook nie daardie vogretiensie,buigerigheid,en seer borste nie!!
    Sommer byself opgesit! Werk wonderklik! Dischem apteke hou dit aan.

  • Hanneline de Bruin

    Sal graag wil weet wat is die effek op borskanker, aangesien daar bewys is dat vrouens wat die pil vir baie jare gebruik as gevolg van estrogeen, se kans baie groot is om borskanker te kry?

  • Karien

    Ek is op Qlaira en dit werk regtig beter as enige ander pil. Ek was al op Yazmin, Yaz en nog so ander een, kan nou net nie die naam onthou nie. Met Qlaira is ek baie minder buierig en menstuasie is baie ligter, het my libido ook verhoog. Ek kan dit nogal aanbeveel.

  • Ester

    Het depressief geraak van die pil en verlaagde libido. My dr het my oorgeskakel op Qlaira en dif het onmiddellik verbeter. Depressie en woede buie weg, libido terug. Het wel so 3kg opgetel.

  • Ester

    Het depressief geraak van die pil en verlaagde libido. My dr het my oorgeskakel op Qlaira en dif het onmiddellik verbeter. Depressie en woede buie weg, libido terug. Het wel so 3kg opgetel.

  • Elmien venter

    Ek gebruik ook Qlaira maar ek moet erken ek het nou minder dae PMS, kry dit nou net vir ‘n dag of twee maar ek is wel baie meer befoeterd, reguit. Maar my vel is vir my slegter kry blinde puisies en is nie van verkeerde eet nie. Maar anders werkdit goed