Ontspan in 60 sekondes
Kalmeer jou gedagtes én senuwees met dié vinnige oefening.
Lê op jou rug en staar na die plafon.
Tel stadig terug van 60 tot by 0.
As jy boontoe kyk, stimuleer dit die parasimpatiese senuwee-stelsel, wat jou bloeddruk verlaag en jou asemhaling stadiger maak.
Die tellery sal help om ontslae te raak van jakkalsies in jou kop wat jou aandag aftrek.
Bron: health.com













Kommentaar
Rienie Brown het gesê:
Hallo, Baie dankie, Ek gaan dit vannaand en more oggend doen, my gedagtes spring gedurig rond, en ek is nog 'n dromer ook, + 'n vrou met 'n ADD Nogmaals dankie vir u raad.
26ste Aug. 2012, 19:35