Gesondheidstories

Oorleef die feestyd: wat om te drink en te eet

Skrywer Mark Twain was filosofies daaroor: “Eet waarvoor jy lus het en laat die kos dit self uitbaklei.”

As dít jou nie van jou eetlus beroof nie, gee Suna Kassier, dieetkundige aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, die volgende wenke om ongemak te voorkom of te verlig:

As die feesmaal later in die dag is, eet ‘n ligte ontbyt en middagete. Peusel aan hoëvesel-vrugte of eet ‘n sny volgraanbrood met margarien. Drink ‘n halfuur vooraf ‘n glas water. Dink ook hoe ongemaklik jy gaan voel as jy jouself ooreet.

Eet ‘n gekookte eier of ‘n sny volgraanbrood met grondboontjiebotter vóór die moeder van alle partytjies. Dit bevat proteïene en vet, wat veroorsaak dat alkohol stadiger in jou bloedstroom opgeneem word. Dit voorkom nie wingerdgriep nie, maar sal die proses vertraag. Onthou ook dat alkohol jou eetlus kan aanwakker. Peuselhappies soos aartappelskyfies en neute kan voorkom dat ‘n drankie na jou kop toe gaan. Maar pasop, die soutinhoud van sulke peuselkos kan jou dors maak – en jou te veel laat drink.

Eet hoëvesel-kosse. Groente en volgraankosse beweeg vinniger deur jou spysverteringstelsel as hoëvetkos, soos vleis en ryk souse. Dit bevat boonop minder kilojoules (kJ). As jy te veel van eersgenoemde verorber, gaan jy steeds ongemaklik voel, maar minstens vir ‘n korter tyd.

As jy nie jou kos behoorlik kou nie, kan dit met die spysverteringsproses inmeng en jou opgeblase en oorvol laat voel. Eet jy oorhaastig, het jy boonop te veel geëet voordat jou brein die boodskap kry dat jy versadig is.

Vermy kosse as jy wéét dit gee jou slegte spysvertering. Ryk en vetterige kos en swaar gekruides is dikwels sondaars. As jy dit nie kan weerstaan nie, eet ten minste net klein porsies daarvan.

Hokaai met partytjiekosse

 

Gesonde, ligter middagete - wraps
  • Skep eers slaaie en groente in. Daar is dan minder plek vir die ryk aartappelgereg of vetterige beesstert.
  • Kies ‘n kleiner bord. Dit sal steeds vóél asof jy ‘n bord kos geëet het.
  • Vermy verwerkte vleise soos salami, polonie en worsies. Ook geregte wat dit bevat, soos souttert. Dit het baie versadigde vette.
  • Kies natuurlike vleis soos hoenderboudjies, dystuk (silverside) en geroosterde beesvleis.
  • Vermy diepvet-gebraaide kos soos samoesas, spring rolls, aartappelwiggies en vetkoekballetjies. Benewens baie vet, bevat dit dalk ook ongesonde transvetsure.
  • Eet geroosterde groente en vars slaai pleks van groente met witsous, kaas of botter en suiker.
  • Stadig met die kaasbord: Sny dun plakkies en eet dit saam met volgraanbeskuitjies.
  • Pasop vir ryk souse, veral dié wat van vleis se vet gemaak is. Die bestes is soetrissie- of tamatie-en-uiesous (sonder botter), blatjang (lig), laevetslaaisous en soppoeier.
  • Luister na jou lyf. As jy versadig begin voel, hou op eet, veral as jy poeding wil hê.
    Bron: Suna Kassier

Heilsame happies vir die feestyd

In pleks van (links) kies eerder (regs)          

Hoendervlerkies Gewone seekos- of garnaalkelkie
Gebraaide hoederstukkies Gesnyde maer vleis
Stuk koek Vrugteslaai
Aartappelskyfies met doopsous Handjie vol neute, springmielies, pretzels
Ryk aartappelgereg Gebakte patats of aartappels
Pekanneuttert Appeltert
Spesialiteitskoffie Kunsmatig versoete warm kakao
Aptythappie-vingerkosse Gerookte salm op ‘n volgraan-beskuitjie
Lekkergoed Aarbeie met sjokolade bedek
Romerige doopsouse Salsa

Nog enetjie? Eish…

Alkohol het baie kilojoules en stimuleer jou eetlus. Beperk jou inname en drink baie water. Hier is Suna Kassier se raad as jy tóg van ‘n drankie of twee hou:

Drink ‘n glas water ná elkeen. Dit voorkom dat jy dehidreer. Jy drink ook minder.

Meng hardehout met baie vars vrugtesap. Meng witwyn met sodawater.

Sterk koffie om jou nugter te maak? Dis onwaar. Kafeïen is ‘n opkikker wat jou brein stimuleer en jou lewendiger laat voel, ja. Maar alkohol word deur jou lewer verwerk en koffie gaan nie dié orgaan se werking versnel nie. Jy gaan dus steeds die alkohol aan jou lyf voel. Die kloppende hoofpyn die oggend ná die joligheid? Jou liggaam het gedehidreer en koffie gaan dit net vererger.

Alkohol se uitwerking is sterker as jy rook. Rokers se lywe verbrand meer voedingstowwe, veral vitamiene B6 en C, wat belangrik is om jou lewer te ontgif.

  • qbrzxl iamwbdcwbiin, [url=http://juevnhesjyes.com/]juevnhesjyes[/url], [link=http://gneeimvijvzi.com/]gneeimvijvzi[/link], http://quxjhpxaqlhd.com/

  • z6n6Bc lztxkbyzsrnp, [url=http://cedhovuysdqg.com/]cedhovuysdqg[/url], [link=http://qxyteoknsqnj.com/]qxyteoknsqnj[/link], http://yacrvnwtnqzn.com/