FOTO: Karlien van Jaarsveld

FOTO: Karlien van Jaarsveld

Gesondheidstories

Pienk hare vir Borskankermaand

Oktober is Borskanker-bewustheidsmaand en hierdie jaar kan jy jou bydrae lewer deur pienk haarverlengings te laat insit.

Met dié inisiatief deur die  Great Lengths, kan jy jou pienk-haarverlenging laat insit ter ondersteuning van borskankerlyers en -navorsing. Great Lengths skenk die wins wat gedurende dié maand op die haarverlengings gemaak word aan KANSA. Die pienk-verlengings neem 5 minute om in te sit, kan tot 2 maande in jou hare bly en kan weer maklik uitgehaal word.

Cindy Nell Roberts, Karlien van Jaarsveld, Tamara Dey, Jeanine D en Melinda Bam is die gesigte van dié projek.