SARIE logo baie klein
Gesondheidstories

Raadop met sooibrand?

Ai, sooibrand!

Voorkom olikheid ná die vrolikheid. Oftewel, suur en maagsap wat in jou slukderm beland. Dit veroorsaak daardie branderigheid en ongemak in die middel van jou borskas.

  • Moenie jou maag te vol stop nie.
  • Eet klein, gereelde etes, kou kos goed, moenie te veel praat nie en sit regop terwyl jy eet. Dit keer dat jy te veel lug sluk.
  • Ryk, vetterige kos kan sooibrand veroorsaak of vererger. As jy móét, skep kleiner porsies in.
  • Drink minder vloeistof saam met etes, dra klere wat nie styf sit nie en vermy inspannende oefening ná ete.