FOTO: Instgram  @bianca.tb

FOTO: Instgram @bianca.tb

Gesondheidstories

Raak só ontslae van jou maag

Daardie maag is nie altyd van lekker eet nie. Dit kan ook stres, ’n dermkanaal wat kla of jou hormone se skuld wees. Vind die oorsaak en ons help met ’n oplossing.

As jy geneig is om gewig op jou maag aan te sit (dus ’n appelvorm
het), probeer dié wenke …

SARIE se gesondheidsredakteur, Lydia van der Merwe, het in ons September-uitgawe ondersoek waarom sommige vroue ’n maag met visserale vet (ingewandsvet om jou maag) het.

Sy kyk die oorsake, wat jou te doen staan, én deel wenke om jou maag platter te kry. Moet beslis nie dié uitgawe misloop nie! (Jy kan dié uitgawe ook digitaal aflaai – HIER.)

september corne crous corné kim 7de laan

SARIE.com deel drie wenke vir ’n platter maag. Lees die ander 6 wenke in die tydskrif én nóg waardevolle inligting!

’n Bord vol kos

Weens jou bloedsuikervlakke wat bons, is jy knaend honger. Omdat jou lyf se balans tussen honger en versadig versteur is, kry jy dit nie altyd reg om net ’n bietjie op ’n slag te eet nie. Maak dus jou bord vol kos – sodat jy versadig voel. Dit kan ook help om meer gereeld te eet. Maar kies meer groente en onverwerkte kosse. Dit help ook om jou bloedsuikervlakke meer stabiel te maak.

Drink genoeg vloeistof

Vloeistof saam met of ná peuselhappies laat jou meer versadig voel. Drink genoeg water, rooibos-, kruie- en groentee (of selfs gewone tee of koffie, verkieslik sonder melk en suiker).

Kry genoeg sonskyn

Vitamien D speel ’n belangrike rol in jou metabolisme, veral in die hormoonbalans. Kom daagliks 20 – 30 minute in die son. Doen dit voor tien soggens en ná drie smiddae. Indien nie, moet jy ’n aanvulling oorweeg.

FOTO: Instagram  @kiyosha

FOTO: Instagram @kiyosha

september corne crous corné kim 7de laan

* Dié inligting kom uit die artikel “Weg met daai maag!” in die September-uitgawe van SARIE. Koop jou harde kopie, of laai dit digitaal af!