Gesondheidstories

Nuwe seldsame hartsiekte beïnvloed jong, goed opgevoede vroue

Al ooit gehoor van Posturale Tagikardie-sindroom (PoTS)? Nie baie mense het nie, maar dié seldsame hartsiekte kom grotendeels onder jong, goed opgevoede vroue voor, berig The Independent.

PoTS veroorsaak dat jou hart skielik baie vinniger klop wanneer jy opstaan nadat jy gesit of gelê het.

Volgens ’n onlangse Britse studie kom hierdie hartsiekte meestal onder vroue tussen 30 en 33 voor wat ’n graad of nagraadse kwalifikasie het. Die rede hiervoor is onduidelik. Opvolg-navorsing in Amerika bevind een uit elke 558 mense ly aan PoTS.

Omdat dokters dit nog nie goed genoeg verstaan nie, word PoTS gereeld verkeerd gediagnoseer as angssteuring of chroniese moegheid. Tog kan die simptome uitmergelend wees en jou lewensgehalte aansienlik verswak. Dit kan so erg raak dat jy nie meer daagliks normaal kan funksioneer nie. Van die vroue wat hieraan ly, moes hul werk bedank, berig The Independent.

Wat is die simptome?

Die hoofsimptoom van PoTS is dat jou hartklop skielik toeneem nadat jy gesit of gelê het – ’n toename van 30 slae per sekonde, of die hartklop styg na meer as 120 slae per minuut binne 10 minute nadat jy opgestaan het. Andere simptome sluit in:

  • Kopseer
  • Moegheid
  • Naarheid
  • Floutes
  • Duiseligheid

Die webtuiste www.potsuk.org bied dieet- en oefenwenke om die simptome meer hanteerbaar te maak, aangesien daar nog geen medikasie vir PoTS is nie.

KLIK HIER om meer te lees oor die effek wat angs op jou gesondheid het

Bron: The Independent

Nóg gesondheidstories