Gesondheidstories

SARIE GESOND: Hier is ‘n voorsmakie

Wilskrag. Jy kan jouself so maklik wysmaak dis iets magies waaroor jy nie beheer het nie. Of ’n karakter-eienskap wat by jou ontbreek. As jy kos vermy wat jou speekselkliere oortyd laat werk, is dit egter nie wilskrag nie, maar eerder ’n doelbewuste besluit. En dis die nugtere wetenskap wat só sê.

Studies daaroor word immers al sedert die jare sestig gedoen. Moet jouself dus nie troos dat ’n soort geheime mag jou lus vir daardie sny warm brood met vyekonfyt beheer nie. Dis jou eie gedrag – wat beteken jy kán dit verander.

Mense wat geleer is om iets lekkers te gaan doen elke keer dat hulle na die koekblik wou gryp, het hul aptyt (en uiteindelik hul gewig) makliker beheer.   

Tot ons weer gesels!

Lydia van der Merwe

[box:full:grey:both]

Kyk hier wat jy alles kan verwag in die SARIE GESOND

[/box]

Henriëtta Gryfenberg 

KOSKUNDE

6 Bekendes vertel hoe hulle walgooi teen die kos wat hulle laat swig

 Pilates vir jou ook!

BeweegSA

Pilates, Ook jy kan dit doen!

 8 gesonde gewoontes wat jou lewe sal verander

Stap vir stap

8 Gesonde gewoontes wat jou lewe verander

 

BeweegSA

Afrikaners is plesierig, en waar ons kom kreun die kostafels

 Gesonde trooskos

In die kombuis

Gesonde trooskos!

 Margit Rondebeck-Meyer

Vrouwees

Jou vennootskap met jou borste

  • K

    Ek het my uitgawe reeds verlede week aangeskaf – weer eens ‘n gehalte tydskrif van Sarie.

  • annelize

    wanneer kom daar weer ‘n Sarie Gesond uit asb