SARIE GESOND nóú te koop!
Voel, lyk en wees jou beste met SARIE GESOND, 'n nuwe tydskrif uit die SARIE-stal. In dié uitgawe: 30 bl'e se 'altyd jonk'-wenke, aanpassings op Nataniël se lensie-dieet, bekendes verklap hoe hulle stres vasvat en alles oor klein kosmetiese prosedures
"Ek's nou nie juis wat jy 'n fiksheid-fanatikus of 'n gesondheid-entoesias sou noem nie. Ek kom immers van die Overberg af en dáár leer jy van kleins af lekker leef, en nog lekkerder eet! Slaaiblare kom nie sommer die mas op as jy met skaapboud en braaiaartappels, vye en room, grootgeword het nie.
"Oefen? So tussen die graanlande het ons fietsgery en in riviere geswem, en later in die joernalistiek het ek gereken ek bly darem so half fiks, want jou dae is altyd op 'n drafstap. Maar oor die jare het dinge al meer verander.
"Mense het begin praat van koolhidrate en proteïene. Oor goeie en slegte vette, lae GI en die ideale liggaamsmassa-indeks (LMI). Oor stres en ophou rook. Oor vars lug en daardie 8 glase water. Oor rus en energie. Selfs oor oefen en gim toe gaan!
"'n Gesonde leefstyl is nie meer net 'n glansartikel in 'n tydskrif nie. Of iets wat net vir sportmense, gim-instrukteurs en te maer modelle is nie. Dit is 'n leefwyse vir al meer mense om my en langs my - my kollegas, my familie, my vriende. En dan die besef: Ja, ek is verantwoordelik vir my eie gesondheid. Want dis wanneer ek fisiek en emosioneel op my beste lyk en voel dat ek die lewe se lekker werklik proe.
"Ek's opgewonde oor ons heel 1ste uitgawe van SARIE GESOND. Dis hoog tyd en vir ons almal wat graag 'n glasie op die lewe klink!" - Michélle van Breda, redakteur
En wat sê Lydia van der Merwe (gesondheidsredakteur)?
En dit gaan gelukkig oor meer as net slaaibare en swoeg in die gim.
- Dis baie eenvoudiger. Herontdek die vreugde van beweging. Stap langs die see, loop op jou hande in die swembad, swaai 'n graaf in die tuin. Dis ook sommer medisyne vir jou kop!
- Kies 'n eetplan wat by jou pas: Fisiek en emosioneel. Lekkernytjies is 'n móét.
- Maak vrede met daardie ekstra rolletjies wat bly klou.
Só maklik.
In jou eerste uitgawe van SARIE GESOND:
- Altyd jonk! Ja, jý kan. Energie-moets, bal-oefeninge, klein prosedures, slim grimering en superkosse.
- Nataniël se lensie-dieet - Ons pas dit aan vir 2010.
- Kan botox en borste jou huwelik red?
- Dr. Eve beantwoord jou 10 seksvrae
- Stres bring ook sukses
- Anri van der Linde bly koelkop met 'n baba en haar renjaer-man
Waar kry ek my SARIE GESOND?
Vanaf 1 Februarie 2010 landwyd beskikbaar by uitsoek-takke van Spar, CNA, Pick n Pay, Clicks, Checkers, Checkers Hyper en Exclusive Books. Vir navrae oor jou naaste winkel, skakel 0860 103 664
Verwante artikels
-
Ek staak my seun se ADHD-medikasie
Ek is die ma van ’n pragtige seun, wat weens ADHD met allerlei labels op die voorkop rondgeloop het. ’n Sielkundige het gesê hy “sal dit nooit maak in ’n hoofstroom-skool nie”, selfs nie in ’n skool met remediërende dienste nie.
-
Elize Cawood oor haar stryd teen servikale kanker
SARIE - Mei 2010
-
Gesondheidnuus: Borskanker, oogtoetse en tandpyn
SARIE - Oktober 2009
-
Is jou lyf 'n appel of peer?
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
'n Magie soos 'n strykplank. Was dit nog altyd net 'n droom, selfs al was jy nog nooit naastenby oorgewig nie?
-
Jou kind en aspirien
SARIE - Junie 2009
Hoekom is aspirien gevaarlik vir jou kind? Lees ook oor vroue en hartsiektes, jou metaboliese spoed en menstruele siklus en 'n Afrikaanse gesondheidsgids vir vroue
-
Martie Swanepoel blog: My laaste dieet
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
My soettand is amptelik deur 'n reeks bloedtoetse uitgetrek. Insulien-weerstandigheid was die diagnose wat my lewe verander het.
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.












Kommentaar
Lydia het gesê:
Die volgende SARIE GESOND is vanaf 4 Oktober op die rakke. lekker lees! Lydia/SARIE
20ste Sep. 2010, 16:41Monette van der Sijde het gesê:
ek wil ook graag weet wanneer die 2de uitgawe uitkom?
20ste Sep. 2010, 16:31Drienie Kotze het gesê:
Ek het die uitgawe van Sarie Gesond gekoop. Wat ek van die ander uitgawes geword. Ek woon in Potchefstroom Noordwes. Ek bly vra by CNA , Pick 'n Pay , Checkers vra. Is daar nog 'n uitgawes na die eerste een?
8ste Sep. 2010, 15:07Dalena Dreyer het gesê:
Die beste, lekker-lees tydskrif propvol tonne waardevolle inligting wat ek nog ooit onder oë gehad het. En ek sal weet, want ek is tydsktif-verslaaf. Hou asseblief net aan om hierdie spesiale bederf-pakkie uit te gee. Ek gaan nooit ophou om dit te koop nie.
26ste Apr. 2010, 14:50Lydia het gesê:
As julle wil inteken, stuur jul besonderhede vir my en ons kom terug na julle toe!! E-posadres: lydia.vdmerwe@sarie.com Groete
24ste Mar. 2010, 14:11Adri het gesê:
Ek is versot op die Sarie Gesond! My Ma het myne "gesteel" oor die naweek en het geweier om dit terug te gee vir my so ek moes nog een gaan koop het gister. Ek dink en sal maar moet inteken as 'n geskenk vir haar xxx
12de Feb. 2010, 12:31Carina het gesê:
Ek wil net by Sarie weet hoekom moet daar altyd n Glans persoonlikheid op die voorblad wees? Ek voel net dat daar sulke mooi vrouens in Suid Afrika is kan julle nie asb n plan met dit maak nie? Ek is n baie gewilde Sarie leeser en elkekeer as ek die Glans persoonlikhede sien wat so op Sarie se voorblad is kan ek dit nie glo.Doen net n bietjie moiete en ek is seker julle sal die mooiste vrouens kry.Kan julle dit n projek maak vir die jaar miskien.
9de Feb. 2010, 15:32Lydia van der Merwe het gesê:
Ons is só bly julle is net so mal oor haar soos wat ons is! Lekker lees!
6de Feb. 2010, 14:50Heila het gesê:
Sarie Gesond is net soos Sarie tydskrif n pronkstuk en myne gaan beslis n ere plekkie in die boekrak kry...
6de Feb. 2010, 14:45Annalene Pretorius het gesê:
Ek het gister vir myself n kopie gekoop dis n fantastiese tydskrif, Propvol interesante artikels en goeie wenke. Net soos Sarie Kos is dit n wenner. Dankie vir n wonderlike tydskrif weereens.
2de Feb. 2010, 10:54Riana van den Heever het gesê:
Ek kan nie wag om my Sarie Gesond te gaan koop nie, tel al vir weke die dae af. Ek weet dit gaan 'n baie great tydskrif wees. YIPPPEEE dis 1 Feb.
1ste Feb. 2010, 07:53