Gesondheidstories

SARIE GESOND nóú te koop!

“Ek’s nou nie juis wat jy ‘n fiksheid-fanatikus of ‘n gesondheid-entoesias sou noem nie. Ek kom immers van die Overberg af en dáár leer jy van kleins af lekker leef, en nog lekkerder eet! Slaaiblare kom nie sommer die mas op as jy met skaapboud en braaiaartappels, vye en room, grootgeword het nie.

“Oefen? So tussen die graanlande het ons fietsgery en in riviere geswem, en later in die joernalistiek het ek gereken ek bly darem so half fiks, want jou dae is altyd op ‘n drafstap. Maar oor die jare het dinge al meer verander.

“Mense het begin praat van koolhidrate en proteïene. Oor goeie en slegte vette, lae GI en die ideale liggaamsmassa-indeks (LMI). Oor stres en ophou rook. Oor vars lug en daardie 8 glase water. Oor rus en energie. Selfs oor oefen en gim toe gaan!

“‘n Gesonde leefstyl is nie meer net ‘n glansartikel in ‘n tydskrif nie. Of iets wat net vir sportmense, gim-instrukteurs en te maer modelle is nie. Dit is ‘n leefwyse vir al meer mense om my en langs my – my kollegas, my familie, my vriende. En dan die besef: Ja, ek is verantwoordelik vir my eie gesondheid. Want dis wanneer ek fisiek en emosioneel op my beste lyk en voel dat ek die lewe se lekker werklik proe.

“Ek’s opgewonde oor ons heel 1ste uitgawe van SARIE GESOND. Dis hoog tyd en vir ons almal wat graag ‘n glasie op die lewe klink!” – Michélle van Breda, redakteur

En wat sê Lydia van der Merwe (gesondheidsredakteur)?

En dit gaan gelukkig oor meer as net slaaibare en swoeg in die gim.

  • Dis baie eenvoudiger. Herontdek die vreugde van beweging. Stap langs die see, loop op jou hande in die swembad, swaai ‘n graaf in die tuin. Dis ook sommer medisyne vir jou kop!
  • Kies ‘n eetplan wat by jou pas: Fisiek en emosioneel. Lekkernytjies is ‘n móét.
  • Maak vrede met daardie ekstra rolletjies wat bly klou.

Só maklik.

In jou eerste uitgawe van SARIE GESOND:

  • Riana van den Heever

    Ek kan nie wag om my Sarie Gesond te gaan koop nie, tel al vir weke die dae af. Ek weet dit gaan ‘n baie great tydskrif wees. YIPPPEEE dis 1 Feb.

  • Annalene Pretorius

    Ek het gister vir myself n kopie gekoop dis n fantastiese tydskrif, Propvol interesante artikels en goeie wenke. Net soos Sarie Kos is dit n wenner. Dankie vir n wonderlike tydskrif weereens.

  • Heila

    Sarie Gesond is net soos Sarie tydskrif n pronkstuk en myne gaan beslis n ere plekkie in die boekrak kry…

  • Lydia van der Merwe

    Ons is só bly julle is net so mal oor haar soos wat ons is! Lekker lees!

  • Carina

    Ek wil net by Sarie weet hoekom moet daar altyd n Glans persoonlikheid op die voorblad wees?
    Ek voel net dat daar sulke mooi vrouens in Suid Afrika is kan julle nie asb n plan met dit maak nie?
    Ek is n baie gewilde Sarie leeser en elkekeer as ek die Glans persoonlikhede sien wat so op Sarie se voorblad is kan ek dit nie glo.Doen net n bietjie moiete en ek is seker julle sal die mooiste vrouens kry.Kan julle dit n projek maak vir die jaar miskien.

  • Adri

    Ek is versot op die Sarie Gesond! My Ma het myne "gesteel" oor die naweek en het geweier om dit terug te gee vir my so ek moes nog een gaan koop het gister. Ek dink en sal maar moet inteken as ‘n geskenk vir haar xxx

  • Lydia

    As julle wil inteken, stuur jul besonderhede vir my en ons kom terug na julle toe!! E-posadres: lydia.vdmerwe@sarie.com Groete

  • Dalena Dreyer

    Die beste, lekker-lees tydskrif propvol tonne waardevolle inligting wat ek nog ooit onder oë gehad het. En ek sal weet, want ek is tydsktif-verslaaf. Hou asseblief net aan om hierdie spesiale bederf-pakkie uit te gee. Ek gaan nooit ophou om dit te koop nie.

  • Drienie Kotze

    Ek het die uitgawe van Sarie Gesond gekoop. Wat ek van die ander uitgawes geword. Ek woon in Potchefstroom Noordwes. Ek bly vra by CNA , Pick ‘n Pay , Checkers vra. Is daar nog ‘n uitgawes na die eerste een?

  • Monette van der Sijde

    ek wil ook graag weet wanneer die 2de uitgawe uitkom?

  • Lydia

    Die volgende SARIE GESOND is vanaf 4 Oktober op die rakke. lekker lees!
    Lydia/SARIE

  • PadgyF jrmdwunjwcpr, [url=http://phxqmilkyqbn.com/]phxqmilkyqbn[/url], [link=http://hyesxguhlefl.com/]hyesxguhlefl[/link], http://uowrkufwyron.com/

  • Liana

    Hallo! ek het die tweede uitgawe van Gesond gekoop….wat ‘n fantastiese tydskrif….is daar ‘n moontlikheid dat ek dalk #1 kan bestel? Graag wil ek ook weet of julle vir ons ‘n artikel kan plaas ivm WATER/AQUA AEROBICS…wil baie graag profesionele kommentaar hieroor lees. Weereens baie dankie vir hierdie tydskrif vol wonderlike inligting.

  • Marilene

    He Fedde, dat is een goede vraag. Het werkt inderdaad aleeln bij ziekten die een duidelijke aangeboren, genetische oorzaak hebben. Alleen in dat geval kun je redelijkerwijs verwachten dat laten we zeggen de hersencellen die je kan maken van de stamcellen zich in het lab net zo gaan gedragen als de zieke hersencellen bij iemand met Parkinson. Groet, Nadine