mood
Gesondheidstories

“My seun het ADHD – vergewe hom’

‘Google ADHD en probeer my seun verstaan,’ het Bets du Toit (skuilnaam) uit desperaatheid aan ouers geskryf. Dié brief is namens haar 11-jarige seun, wat nie sy gedrag kan verander nie, al wil hy …

My pragtige, talentvolle blouoogseun van 11 jaar het ADHD, wat staan vir Attention Deficit Hyperactivity Disorder [aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom in Afrikaans]. Hy kan nie konsentreer nie en sy sosiale interaksie is nie baie suksesvol nie. Daar is absoluut niks met sy verstand verkeerd nie, hy is fantasties in enige vak as hy net lank genoeg kan konsentreer om een keer deur die inligting te lees!

Sy lewe is moeilik, ons as gesin s’n ook. Hy word beskou as bedorwe, stout en /ongemanierd. Pouses loop hy alleen op die speelgrond rond en moet homself gedurig verdedig teen kinders wat hom nie kan verdra nie – omdat hy goed kwytraak of doen sonder om te dink. As hy homself verdedig, word hy natuurlik geklassifiseer as die ‘boelie’ en ek moet nederig om verskoning vra vir die ouers. En ek doen dit opreg, omdat hy waarskynlik skuldig is.

Niemand verstaan dat sy antisosiale persoonlikheid ’n goed gedokumenteerde gevolg is van die persoonlikheid van ’n kind met ADHD nie. Hy het ons hulp, liefde en aanmoediging nodig en nié konstante kritiek nie … Hier praat ek ook met myself wat te maklik kritiseer en my pyn, as ek sien hoe seer die lewe hom maak, op hom uithaal!

Dis soms swaar om van my eie kind te hou. Ek werk voltyds en as ek moeg by die huis kom, word ek tegemoet gehardloop met ’n ‘demand’ of ’n klagte of ’n ‘wat eet ons?’ sonder dat hy my groet. Ek weet hy is lief vir my en die gesin, dat hy smag na goedkeuring en sukkel om net die basiese in die lewe reg te doen.

As ma besef ek selfvertroue is die grootste geskenk wat jy jou kind kan gee, maar ek beleef elke dag hoe die gemeenskap hom verstoot (weens sy eie optrede) en dit verder afbreek. Ek kyk hulpeloos toe en wil vir die wêreld gil: ‘Hy het ADHD! Gaan google die simptome en vergewe hom!’

My kind is moeilik, ly aan depressie en kan nie ’n geterg of ’n grappie hanteer nie. Hy wil alles nou dadelik hê, kla en hou nooit op eise stel nie. Hy maak sy broer en suster woedend omdat hy nie die reëls volg of beloftes nakom nie.

Die hartseer is hy het so ’n piepklein hartjie, is sensitief en liefdevol, kan pragtig bid en glo vas in God. Hy floreer as hy reg behandel word (waarvoor min in ons huishouding die energie het omdat hy ons so kwaad maak), maar weet nie wanneer om op te hou as hy eers aan die gang is met iets nie. Sy impulsiwiteit veroorsaak gereeld groot moeilikheid.

Sulke kinders word orals verstoot. Min mense hou van hulle omdat hulle nie die sosiale ‘tekens’ verstaan nie. Ek het aan die ouers in sy graad ’n boodskap gestuur sodat hulle hom dalk beter sal verstaan en sagter behandel: ‘Ons seun het ADHD. Van die simptome is moeilike sosiale aanpassing en dat hy soms dinge onnadenkend sê en doen. Sy reaksies is al soos dié van ’n gewonde dier … vir hom is daar geen genade! Ek is bewus van sy tekortkominge en ek weet ook presies wat hy verkeerd doen en vra elkeen wat hy te na gekom het om verskoning.

Tog wil ek vra dat julle sal verstaan dat hy al vir jare sleggesê word, nie na partytjies genooi word nie en as ek mooi uitnodigingskaartjies skool toe stuur, skeur die meeste kinders dit voor hom op en gooi dit in die asblik.

Hy het baie rugbytalent, maar op die veld gooi niemand vir hom die bal nie, al sou hy kon gaan druk. Ek het ook self van ouers (voorheen vriende) vyandigheid langs die veld ervaar. As hy by iemand wil speel, kom die antwoord altyd: ‘Nee jammer.’ Dit maak bitter seer. Waar is die warmte en omgee van ’n gemeenskap?

Ek wil vandag maar net ons kant stel. Ek wens iemand wil net die moeite
doen om ons kind beter te leer ken. Hy het baie pyn en word daagliks verwerp. Toe ek verlede week vir hom sê hy moet altyd eers die fout by homself soek en probeer verstaan hoekom kinders nie van hom hou nie, het hy geantwoord hy sal probeer verander, maar dis so moeilik, veral omdat niemand van hom hou nie.”

  • Adelai van Heerden

    “Public perceptions of attention-deficit hyperactivity disorder (ADHD)
    are replete with myths, misconceptions and misinformation about the
    nature, course and treatment of the disorder. Popular misconceptions
    assert that ADHD is not a disorder or at minimum, is a benign one that
    is over-diagnosed. Critics often claim that children are needlessly
    medicated by parents who have not properly managed their unruly,
    unmotivated or underachieving children, or who are looking for an
    academic advantage (e.g., testing or classroom accommodations) in
    competitive, high-stakes educational environments. Some suggest that “a
    growing intolerance of childhood playfulness may in fact be leading to
    more and more children being labeled with ADHD” (Panksepp, 1998, p. 91).
    Critics rarely present evidence-based arguments and frequently allege
    that professionals are harming otherwise normal children by diagnosing
    and treating ADHD.” Source: http://www.help4adhd.org/en/about/myths

  • johan

    As jy kan. Haal hom uit daai skool uit. Hoekom moet enige Kind deur soveel Trauma gaan. Ek self is “anders” en het dit moeilik op skool gehad. As ek terug dink is ek dankbaar vir dit wat ek daaruit geleer het maar as ek ‘n keuse kon he sou ek veel eerder met ‘n gevoel van veiligheid wou groot word. Basies is dit belangrik om te besef dat jou Kind nie in daai sisteem pas nie. Hy kan forseer word om homself te onderdruk maar dit gaan dinge erger maak. Haal hom uit daai stresvolle situasie en jou Kind mag dalk blom. Ons werk te hard om te probeer “inpas” en “aanpas” en mis soms so die amazing toekoms wat juis in daai verskille opgesluit le. Jou Kind het n blind tiekoms:) . Sterkte en alle liefde vir julle – onthou, ons kan net gee wat ons reeds ontvang het, mens kan dus nie verwag hy moet konstante liefde gee as dit nie is wat hy kry nie. Verskoon tog ek wat my neus in jou saak druk ek kon identifiseer en wou graag deel:) Johan x

    • Freddie Oosthuizen

      My kind het ook aandag afleibaarheid sindroom en sy het irlien sindroom en sy het deprsiewe outisme en het ook gesukkel in die skool ons as ouers het die skuld gekry vir alles sy het verbale apshia dit beteken sy sukkel om te komenikeer of te sosiliseer en almal verkwalik ons ek en my man gaan haar volgende jaar self leer homeschool baie mense verstaan nie die kinders nie my epos adres as jy wil gesels leonieoosthuizen89@gmailcom
      En my sel nomer 074 127 0524 ek word elke dag verkwalik

  • Wilma De Jager Pretorius

    Goeidag Ek het n kleinkind met die selfde probleem en sy ouers is geskei en my dogter weer getroud en hy gee die stiefpa en boetie n hardetyd sowel as vir my dogter my dogter is op knak punt wat moet ek maak om my kleinkind te help hy is ook nou 10 jaar oud en n ADHD kind. Maar baie aggressief en slaan alles stukkend wil almal aan rand as hy nie sy sin kry nie. Ek soek asb hulp en baie dringend ook.