f89e34sheryl.com
Gesondheidstories

Sheryl Crow stig sentrum vir borskanker

Sheryl Crow (48) het al saam met die Rolling Stones, Mick Jagger, Michael Jackson, Luciano Pavarotti, Kid Rock en Sting, onder andere, opgetree. Haar nuutste album: 100 Miles from Memphis is in Julie uitgereik.

Crow en die wêreldbekende fietsryer Lance Armstrong het vir drie jaar uitgegaan en was selfs verloof. In 2006, na die twee se paaie geskei het, is Crow gediagnoseer met borskanker.

Sy sê sy is nou nog baie bewus dat daardie een mammogram heel waarskynlik haar lewe gered het, juis omdat die kanker op so ‘n vroeë stadium ontdek is.

Sedert 2006 is sy ‘n passievolle aktivis vir die vroeë ontdekking van borskanker. Crow inspireer nie net deur haar musiek nie, maar sy het nou haar eie The Sheryl Crow Imaging Center binne elke Pink Lotus Breast Center. Die Sheryl Crow Imaging Center het net die nuutste en beste toerusting en tegnologiese toestelle vir die vroeë ontdekking en behandeling van borskanker. Die eerste sentrum is in Los Angeles in Beverly Hills binne die vlagskip Pink Lotus Breast Center gestig. Crow vertel dat die stigting van die vernootskap glad nie vir finansiële gewin gestig is nie, maar dat dit daar is vir die pasiënt, om ander te help met die beste sorg en toerusting beskikbaar.

Lees meer oor borskanker en behandeling op cansa.org.co.za en breastcancer.org

Het jy al vir jou jaarlikse mammogram gegaan?

Luister nou Summer day van Sheryl se nuwe album 100 Miles from Memphis


  • http://rficpwjsrmcb.com/ kobmuw

    TvMEN1 vrdxnezpbkbq, [url=http://zoafefsgsvua.com/]zoafefsgsvua[/url], [link=http://zbikpbowmiab.com/]zbikpbowmiab[/link], http://ecmgnrvoxmqt.com/