sr0902dieet31
Gesondheidstories

Só smelt ons kilo’s weg!

‘Ek eet 5 keer ‘n dag klein porsies’ Leon Schuster

Leon Schuster

Vir Mr Bones 2 het dié rolprentmaker en komediant 8 kg verloor. Sy karakter in dié fliek dra ‘n “oopgeknoopte onderbaadjie-affêre van luislangvel”. En ‘n boepie daarby werk eenvoudig nie.

“Ek het die basiese goed gedoen wat die ouens by die gym my vertel het. Geen stysel en suiker nie. ‘n Stukkie rooivleis sonder vet een keer per dag. Hoenderborsies sonder vel en stokvis, gestoom. Dis nou ‘n leefstyl. Ek hou niks meer van ryk kosse nie en raak soos Luke Watson oor die Bok-embleem as ek vetterige goed sien (skyfies, biltong met vet, vetterige tjops, ens.).

“Ek eet basies vyf keer ‘n dag klein porsies. Soggens ‘n bakkie hawermout. Soms vervang ek dit met gemengde vars vrugte. So tienuur eet ek ‘n appel en ná ek geoefen het ‘n wei-proteïenskommel. Vir middagete ‘n tunaslaai of rooivleis met groente, of gestoomde vis met groente. Hier teen drie-uur drink ek nog ‘n proteïen-skommel en eet ‘n piesang. Ek eet vóór sesuur saans: Meestal ‘n hoenderborsie met baie gestoomde groente soos broccoli, ‘n skorsie, wortels, kool en pampoen.

“Vrugtesap is uit – ek drink net water. En whisky met water. My oupa het gewoonlik so twee doppies ‘n aand gedrink. Dit hou glo die bloed dun. Ek volg maar sy voorbeeld. Ek drink sowat agt koppies tee per dag, sonder suiker en met laevet- (2%) melk. Ek oefen die afgelope twee jaar: twintig minute op die trapmeul en dan twee spiergroepe op ‘n dag, soos skouers en maag, bors en arms, rug en bene. En elke dag maagoefeninge.”

Dieetkundige Mariza van Zyl van die Paarl se kommentaar:
“Baie groente en vrugte: fantasties! Dis ook goed dat hy dikwels eet. Die beperking/uitskakeling van suiker en verfynde produkte (soos brood) help om sy kilojoule-inname (kJ) te beperk. Dis ook gesond.

“Sy dieet is egter ‘vetverskrik’. Jy móét ‘goeie’ vette inkry (soos in salm, sade, neute en avokado’s). Nou nie onbeperk nie, te veel kan vetmaak. Maar dis belangrik vir onder meer jou brein en gemoed en kan selfs die ontwikkeling van siektes soos artritis help keer. Grondboontjiebotter het ook ‘goeie’ vette, eet nou en dan ‘n lepelvol. Maar jou trapmeul moet bly loop!

“‘n Bietjie meer onverfynde koolhidrate (soos gort, bruinrys, vlesige Mediterreense aartappels en selfs patats) sal vir die hol kolletjie laataand help. Hy sal meer energie hê en die ouens by die gym sal hom dan sommer meer gereeld sien. Dit kan hom ook help om langtermyn met die dieet vol te hou.”

‘Deesdae dieet ek glad nie meer nie’  Nataniël

Hy’s kunstenaar en SARIE-rubriekskrywer en sê hy práát nog maar van ‘n aartappel dan sit hy gewig aan. Maar nou het hy die ideale dieet (vir hom) ontdek.

“‘n Maer jaar, afgewissel met ‘n vette. Só was dit nog altyd vir my,” vertel hy. “Dis geneties, van my ouma se kant af. Ek is boonop mal oor kos, wyn, dessert. Voorheen moes ek gereeld dieet, elke keer ‘n nuwe een. As ek baie desperaat was, het ek ‘n onwettige konkoksie sonder etiket by ‘n apteek gekoop: kafeïen, purgeermiddels en wat nog. Jy slaap nooit en kou aan meubels.

“Ek het die bruinrys-en-lensie-dieet beroemd gemaak. Dis nie eintlik vir gewigsverlies bedoel nie, dis famous omdat dit jou vel mooi maak. Maar ek het 20 kg daarmee verloor en skielik was dit in al die koerante.

“Deesdae dieet ek glad nie meer nie,” vertel Nataniël nou. “Dit maak my moeg en jy sit maar net weer die gewig aan. My gewig is nou in toom: Ek dra al drie jaar dieselfde kostuums op die verhoog. Ek volg ‘n koskombinasie-dieet: Dis ‘n doodsonde om stysel en proteïene saam te eet. Want sáám verteer sulke kosse moeiliker. Jy kombineer stysel met stysel of neutrale kos soos groente en vrugte. As jy pasta of pizza eet, maak jy dit met groente. Vleis werk ook so. Daar moet vier ure verloop voor jy weer kos uit die ander voedselgroep eet.

“Rooibos- en groentee is uit. Dis gesond, maar nie saam met stysel en proteïene nie. Jy drink net Ceylon-tee.

“Ek oefen vyf dae van die week en haat elke sekonde. Ek móét, ek is sonder metabolisme gebore en oefening hou my lyf aan die gang.”

Mariza se kommentaar:
“Nataniël se huidige benadering werk emosioneel en fisiek vir hom. Daarom is dit so ‘n sukses. Dis nie ‘hoofstroom’-dieetkunde nie, maar kan waardevol wees mits dit kosse uit al die voedselgroepe insluit. Nét kaas en slaai of nét pasta en groente gaan dus nie op langtermyn werk nie. Maar met genoeg variasie en beplanning kan dit deel van ‘n gesonde leefstyl wees.”

‘Ek luister wat my liggaam wil hê. En ek oefen’ Isabella Niehaus, stilis

Jy moet gelukkig in jou lyf wees, glo Isabella Niehaus, ‘n stilis van Langebaan. Dan is jou gees ook sommer sterker.

Isabella Niehaus en Sav-Vi

“Ek het agt jaar gelede elf kilogram in so agt maande afgeskud. Met oefening en my eie manier van eet bly my gewig gebalanseerd en ek is gelukkig daarmee. Diëte het nog nooit vir my gewerk nie. Maar uiteindelik het ek ‘n regsomkeer in my kop gemaak en die waarde van ‘n gesonde liggaam besef. Ek het by ‘n klein gimnasium op Melkbos aangesluit wat in oefeninge met die Russian Kettle Bell spesialiseer. (Dis ‘n tradisionele Russiese gietyster-gewig wat effens na ‘n kanonkoeël met ‘n handvatsel lyk.) En ek het my eetgewoontes verander. Brood is uit: Ek is koring- en gis-intolerant. Ek eet gesond. Ek eet lekker. Ek luister na wat my liggaam wil hê.

“Soggens stap ek 6 tot 8 kilometer langs die see met Emma en Sav-Vi, my honde. In die somer probeer ek om daagliks in die yskoue see te swem, so lank ek kan. Dan doen ek ‘n reeks Kettle-oefeninge en ‘n kort joga-ritueel.

“Daarna eet ek jogurt, of ‘n hardgekookte eier as ek rondjaag. Volgens die bloedgroep-dieet moet ek vegetaries eet – ek is A-negatief. Maar my liggaam het vleis nodig. Ek eet min rooivleis, maar wel as ek daarvoor lus is. My dieet bestaan meestal uit groente en slaai – eenvoudige slaai soos tamaties, uie, hardgekookte eiers. Ek sorg dat ek altyd pampoenpitte of sonneblomsaad by my het.”

Mariza:
“Isabella se oefenprogram is haar troefkaart. Ek sou ‘n bietjie wou skaaf aan haar inname van grane wat nie familie van koring is nie – net om te verseker dat sy veral genoeg B-vitamiene inkry. As sy ‘n bietjie ‘styselgroente’ soos mielies, ertjies en botterskorsie by haar dieet voeg, sal dit sorg vir ‘n interessante variasie van voedingstowwe én smake. Die beginsels waarop die bloedgroep-dieet berus, is ietwat ‘wollerig’. Isabella kán dus eerder luister na haar lyf en gereeld ‘n stukkie vleis eet – veral vis of Karoo-skaapvleis – skape wat bossies gevreet het. Genoeg proteïene is belangrik om jou honger en gewig te beheer en jou versadig te laat voel.”

‘Eiers, eiers, eiers . . .’ Advertensiemagnaat en kunsbeskermer Charles Saatchi, getroud met Britse kos-foendi Nigella

Kombuis-godin Nigella Lawson se bekende man het sowat 25 kg in nege maande verloor. Hoe? Eiers, eiers, net eiers . . . Drie eiers vir ontbyt. Drie vir middagte. Drie vir aandete. So nou en dan ‘n snytjie roosterbrood. Volgens Nigella het die dokter gesê die dieet gaan haar man óf die emmer laat skop, óf dit gaan hom maer maak. Hy volg nou ‘n gesonder dieet van maer vleis, vis en baie groente. En hy is uit die kombuis verban! (Bron: www.dailymail.co.uk)

Mariza:
“‘n Gesonde mens kan maklik meer as een eier per dag eet. Maar vir Charles Saatchi wil ek net sê: Geraamtes is ook maer. Die hoë proteïen- en vetinhoud van al die eiers sál help dat jy nie vreeslik honger word nie. Jy kry egter nie vitamiene A, C, K, B5, kalsium, magnesium, yster en verskeie spoorelemente in nie. Dis ‘n sonde om só lank nie groente en vrugte te eet nie. Ek sal nie verbaas wees as sy tandvleis, ingewande en bindweefsel nou redelik voos is nie. Osteoporose is ook ‘n gevaar.”

‘Als het gebeur onder toesig – van dokters tot persoonlike afrigters’ Sharon Haarhoff, wenner van The Biggest Loser

Vroeg in 2008 was Sharon Haarhoff, ‘n paramedikus en kliniekkoördineerder by ‘n motorfabriek in Oos-Londen, die wenner van e.tv se The Biggest Loser. Sy het 135 kg, 45% van haar gewig, in sewe maande verloor.

Sharon Haarhoff

“Daar was veertien van ons in die huis en elke week is iemand uitgestem. Ná drie maande was drie van ons oor. Ons het toe na ons onderskeie huise teruggekeer en ná vier maande is ons finaal geweeg. In die kompetisie-huis het als gebeur onder die toesig van dokters, ‘n dieetkundige, fisioterapeute en twee persoonlike afrigters. Die dieetkundige het vir jou ‘n gebalanseerde dieetplan uitgewerk. Maer proteïen (hoender, vis, rooivleis, ens.), baie groente, vrugte, onverfynde koolhidrate en ‘goeie’ vette. Die vroue het sowat 4 800 tot 5 600 kJ en die mans 5 200 tot 6 000 kJ per dag ingeneem. Ons het sowat 7 tot 9 ure per dag geoefen. Die persoonlike afrigters het jou program só uitgewerk dat dit binne jou vermoë was, maar jy tog hard moes werk. Terug by ons onderskeie woonplekke was ons op ons eie. Ek het by ‘n persoonlike afrigter vir ‘n oefenprogram aangeklop.

“Ná die TV-program het ek ‘n bietjie ontspan en meer begin eet. Ek oefen nou so ‘n uur tot 1½ uur per dag tuis. Ek hét intussen 5 kg aangesit, maar is steeds binne my teikengewig. Ek let op wat ek eet: As ek in my ou eetpatroon verval, sal ek al die gewig weer aansit.”

Mariza:
“Dié dieet het baie min kilojoules. Dit hét ‘n plek as jou gewig ernstige gesondheidsgevare inhou, maar jy kan dit nie sonder nougesette mediese toesig aanpak nie. Die meeste mense sal baie sleg voel op só ‘n streng dieet en kwaai oefenprogram. Jou bloedsuiker kan daal, met simptome soos konsentrasie-probleme, geïrriteerdheid, naarheid, bewerigheid en sweterigheid. Dis onwaarskynlik dat die gemiddelde mens met dié soort streng program sal kan volhou. En dis beter só, want jy behoort nie meer as sowat 10% van jou liggaamsgewig per jaar te verloor nie. Sharon se gewigtoename daarna? Sy moet ‘n bietjie meer proteïene eet om haar metabolisme aan te wakker en spiere te onderhou.”

‘Elke stukkie word afgeweeg’ SARIE-leser Leslie Davis

Leslie Davis

Sowaar, 56 kg in 15 maande: Dis wat Leslie Davis, uitvoerende beampte van ‘n Johannesburgse maatskappy wat sekretariële spesialis-dienste lewer, afgeskud het.

“Ek het ‘n gebalanseerde dieet gevolg: 5 koolhidrate, 3 vrugte, 3 porsies proteïene, 2 porsies melk, 3 tot 5 groente en 3 porsies vet. Elke porsie word afgeweeg. Jy moet elke dag 2 liter water drink. Saans drink ek laevet warmsjokolade, dis my lekkernytjie vir die dag. Ek stap gereeld soggens tussen vyftien minute en ‘n halfuur. En wanneer ek gaan inkopies doen, parkeer ek ver van die ingang af. Ek het ‘n stadige skildklier en waag ek om ‘n bakkie nagereg of stukkie koek te eet sién jy dit.”

Mariza:
“Dié dieet se lae vetinhoud (sowat 20%) staan uit en gaan nie vir almal werk nie. As jy bv. insulienweerstandig is, moet jy eerder kyk na ‘n dieet met meer vet en proteïen en ‘n bietjie minder koolhidrate. Leslie moet seker maak sy kry ‘goeie’ vette in en dalk aanvullings neem: essensiële vette soos omega 3, kalsium en veral magnesium. ‘n Mens sal moet kyk na maniere hoe sy nou en dan aan die normale ‘lekkertes’ van die lewe kan smul.”

* Kontak Mariza van Zyl, een van die span dieetkundiges van BETER EET VOEDING EN VOEDSEL KONSULT. Vir inligting, skakel 021 872 8423, stuur e-pos aan mariza@bettereat.net of besoek www.betereet.co.za.

  • n coetzer

    Ek sou baie graag Nataniel se bruinrys-en-lensie-dieet wil bekom
    Groete Noeline

  • Hoefnagel

    My komplimente vir al die mense wat so goed kan afval.Ek woon in Nederland en verlang ontsettend na my familie,dan eet ek sommer alles wat ek kan vind. Hoe moet ek dit oplos, het u miskien raad.Ek is 44jaar oud,moeder van 3 pubers en werk 9uur per week als skoonmaakster in zorgsentrum. Gr. J

  • Lourenca Newsham

    sal baie graag Nataniel se bruinrys en lensies dieet bekom sal baie waardeur

  • Zwanie

    Ek sal baie graag Nataniel se brunrys en lensie dieet bekom, sal dit vreeslik baie waardeur. Dankie Zwanie

  • Retha Botha

    Bruinrys en Lensie dieët!! Help asb!

  • Anna-lene Mandl

    Ek is en bly ‘n voorstaander van Weigh Less, daars NIKS wat jy NIE mag eet nie, hulle formule maak plek vir alles, soos wat jy gewig verloor, kry jy al hoe meer voorregte terug, en as mens goed beplan en regtig op jou gewig verlies ingestel is, word dit later tweede natuur. Mense kla dat dit moeite is om jou kos in die begin af te weeg, maar die paar minute wat jy "mors" aan weeg is heeltemal die moeite werd as jy aan die einde van jou dieet besef dit was die moeite werd, en dan is jy ookal so ingestel daarop dat dit deel van jou leefwyse word. Daar is ook lekker gebruikers vriendelike huishoudelike mates waarmee jy kan meet en weeg, en later word mens se skatting nogal baie goed. Om teiken gewig te wees is absoluut die moeite werd.

  • Hettie

    Nataniel se lensiedieet asb.

  • Retha

    Nataniel se lensiedieet asseblief!!

  • Ilse

    Baie desperaat! Nataniel se lensiedieet asseblief!!!!

  • Marisa

    Ek verbeel my Nataniel se bruinrys-en-lensie’slaai’ is in een van die Wenresepte-boeke van Huisgenoot. Ek het dit jare gelede self probeer. Dis smaaklik en vullend. EN dit werk!

  • Elsie

    Die bruinrys- en lensiedieet asb!

  • daleen

    Nataniel se lensiedieet asseblief man!!

  • Karin de Jager

    Ja nataniel se dieet sal goed wees om te he. Warm lensies is heerlik. Maar ek verloor goed met die volgende. N shake vir ontbyt. Stirfry op cracker brood vir middagete en vir aandete vleis en lekker groente. Dit werk baie goed en so n bietjie afgeroomde melk in tee en koffie. Vir n soppie ina paarman se blikkie uie stock, veral as jy lus is vir iets warms, dit is mos winter. Jy verloor so twee kilos n week. Groente en vrugte kan baie lekker wees as jy dit reg gaar maak. En dis so maklik. Sterkte almal, en sommer vir myself ook…..

  • Gerda

    Alles goed en wel, maar ek soek asb. nog steeds die bruinrys en lensies dieet. ASB.?

  • Amanda

    Waar kan ons die dieet kry wat Emma van 7de Laan so goed laat lyk?!

  • Zelma du toit

    Ek het vir die royal familie in Saudi gewerk en ek en die 1 prinses baie goeie vriende,en net soos ons gewone mense ook op n dieet wil gaan ek het nou die rys/lensiesdieet vir haar vertaal en ge email ek en sy gaan saam op hom. Wens ons sterkte toe Zelma

  • Dorothy Brown

    Ek dink ek gaan die bruinrys en lensie ding doen, en kyk of die magie nie wil plat

  • Irene Niemann

    Nathaniel,

    Ek is ‘n groot "fan" van jou en gaan beslis hierdie resep probeer. Ek is desperaat om gewig te verloor!!!

  • Chantal

    Sal graag ‘n dieet wil hê wat melk ook bevat omdat ek borsvoed en sukkel met gewig. My baba is 5 maande.

  • benita schutte

    kan ek asb die bruinrys en lensie dieet kry? dankie

  • louisa

    ons het nou die resep kan iemand asb vir my se hoeveel kan ek per dag daarvan eet of is die resep vir n dag

  • Rene

    Nataniel se lensiedieet asb

  • Natacha vercueil

    Dis weer ek hier dis dag 3 van Nathaniel se dieet en ek het al 3kg verloor! Ek sal julle op hoogte hou… hou ook vir my duim vas die ooskaap het koue weer ek mis koffie en sop!

  • Lizma Nel

    Sal graag Bertha Le Roux se dieet wil volg? Waar kan ons dit kry? Sterkte aan almal wat dieet …..

  • Annelize

    Nataniel se lensiedieet asb

  • Linda

    Gaan Beslis Nataniel se resep probeer. Hoeveel mag mens eet op ‘n dag?

  • Jacomina Nortje

    Gaan beslis Nataniel se resep probeer. Ek is 49 weeg 90kg en sukkel om gewig te verloor. Dankie vir die resep.

  • Hettie

    Nataniel se bruinrys en lensie dieet asb.

  • Annatjie Foot

    Nataniel se lensie/bruinrys dieet groot asseblief.

  • Hariette

    Ek het die bruinrys-en-lensie dieet, maar wil weet of die resep vir een persoon is per dag of hoeveel mag jy eet.

  • tina venter

    Ek soek asb die bruinrys-en-lensie dieet asook die hoeveelheid jy kan eet elke dag. Baie dankie

  • http://www.shikanda.co.za Deon

    Alo julle, ek is n groot "fan" van Nathaniel en ek wil net weet kan enige iemand my help waar ek sy humor jokes kan kry, ek soek en soek op die net

  • Lydia van SARIE

    Nataniël se bruinrys-en-lensie-dieet: Kliek op die skakel op dié blad net voordat julle kommentaar begin (en bokant die gallery). Lees my antwoord oor hoeveel jy per dag kan eet.

  • http://anumgifhysjb.com/ ajntsjmwbc

    FIUIiw snwctfhcoiyu, [url=http://owxnxmvmsduq.com/]owxnxmvmsduq[/url], [link=http://jhkmnordnhyz.com/]jhkmnordnhyz[/link], http://lfsvbqosejaa.com/

  • KOTIE

    SOEK NATANIEL SE DIEET ASB

  • mandie

    Soek asb Nataniel se bruinrys-en lensie-dieet.

  • Annelize

    hoeveel kan n mens eet per dag van Nataniel se bruinrys en lensie dieet??

  • Coba

    Almal wat so graag Nataniel se bruinrys en lensie dieet wil he,
    kry dit net op die internet!!!

  • johan

    Waar kry ek die antwoorde op al die lesers se vrae oor die dieet

  • Ester

    Waar kry ek ‘n dieet sonder vis. Het vis alergie asook kleur en geurstowwe.

    Stel hoog op prys indien iemand my kan voorsien van vislose dieet.

    Ek weet vis is baie belangrik, maar taboe vir my alergie aanval.

  • marietjie van der merwe

    Ek soek ook die resep van nataniel bruin-rys-dieet.
    Groete Marietjie

  • Jackie Kruger

    Wil ook graag weet hoeveel ‘n mens eet. Eet jy dit vir ontbyt ook? Kan onthou dat ek jare gelede probeer het, net oor die kos so lekker was!!! Maar nou moet ek my magie wegwerk. Word 50 die jaar, Desember. HELP! E-pos tog antwoord. asseblief.

  • Corné

    Hi, ek is regtig raadop. Ek is 29jr en sukkel met rolle om die maag. Ek soek asb raad met wat ek moet eet en oefeninge wat ek kan doen. ASSEBLIEF!!!!

  • rohcrvul

    qZBOCU ztdpdrfjpqvk, [url=http://lwpezatumaym.com/]lwpezatumaym[/url], [link=http://oflvdptqtscw.com/]oflvdptqtscw[/link], http://lkakssboliis.com/

  • Oxyncjama

    buy top 10 designer handbags and get big save online

  • Liexyricardo

    buy best top designer handbags for promotion code top designer brands online

  • Queedcolumbus

    you must read louis vuitton usa and get big save louis vuitton usa for less

  • Oxyncnella

    you definitely love cheap kids ugg boots kids ugg for promotion code at my estore

  • Shedeward

    view Cheap Cocktail Dresses , just clicks away with low price

  • Queedlarae

    buy best chanel handbag 2010 and check coupon code available and get big save

  • Liexymariann

    to buy christian louboutin pumps christian louboutin mens for less with low price

  • Courfkathaleen

    click high-end replica handbags and get big save cheap designer wholesale for promotion code

  • soumssanda

    order an rip dvd to avi for more online

  • soumscher

    sell aaa replica louis vuitton for more aaa replica louis vuitton for less

  • Diaphsanta

    cheap chanel bags 2011 and check coupon code available chanel bags 2011 to your friends

  • Tyncbuena

    check this link, hermesbirking.net for gift hermesbirking.net to take huge discount

  • Sogseula

    to buy aabags.com for less aabags.com for promotion code

  • Queedbettina

    look at dvd to zune converter with low price and get big save

  • Courfkasha

    I’m sure the best for you dvd ripping software , for special offer for more detail

  • Paypesuzi

    cheap convert vob to mov to take huge discount convert vob to mov to your friends

  • Elize

    E Cross
    Ek is op dag 3 van Nataniel se bruinrys- en lensie-dieet en het 2.5 kg verloor. Dit werk goed maar ek is versigtig vir TE drasties. Gaan oor die naweek ‘n breek maak en gewone laevet kos eet.

  • jovaseva

    you must read chanel handbags for cheap online shopping

  • Shedemilton

    purchase convert dvd to itouch online shopping , for special offer

  • Oxyncorpha

    purchase how to convert dvd to mp4 and get big save how to convert dvd to mp4 , for special offer

  • MARIE CHARLTON

    Marisa ek dieet maar verloor nie . ek is raadop, help asseblief.

  • zestecow

    buy http://www.wix.com/seanersky/ballkleider/apps/blog , just clicks away Kleid0315

  • hyclinia

    sell beats by dre for promotion code

  • Maritha

    Wat is die hoeveelhede wat ju mag eet van natanoel se dieet – is dit 3 keer n dag se ete?

  • Spophoke

    I’m sure the best for you microfiend.com/profile/ballkleider with low price kleider0326

  • HELEN VAN DER RYST

    EKT BAIE HOë CHOLESTEROL KAN EK NATANIëL SE BRUINRYS EN LENSIE DIEET VOLG EN WAAR KRY EK DIT

  • crocrith

    sell blog.livedoor.jp/replicaslouisvuitton/ , for special offer

  • Tommie la Cock

    Ek wil graag weet hoeveel keer per dag kan ‘n mens die sop eet, is die resep net vir een dag?
    Baie dankie
    Tommie la Cock

  • Jacques Smuts

    Hi almal, kan enige iemand asb vi my die kool sop dieet e-mail, baie dankie

  • brian

    Kan die mense nie lees nie of is hulle net dom onnosel van die vet wat om hulle sit –
    Nataniel se dieet – Google Nataniel se lensie dieet –
    en jy sal sien jy kan soveel eet soos wat jy wil – luister na jou liggaam (dammit)

  • Kobie

    Ek soek asb Nataniel se ou Koolsop diëet!!! Het dit jare gelede gebruik, en dit WERK!

  • nutalits

    [url=http://pinakes-zografikis.info/?p=33405]pinakes-zografikis.info/[/url] online
    four kinds of design and style in order to eight primary areas perfect vacation to europre15308 4-color maid-matron involving honor dress Spice up the very best time of day the actual helping functionality: Wedding party: Ruili Program |
    1955s classic wedding ceremony advanced increase including strikes: the actual bride-to-be: Ruili Program |
    Advanced time period from the middle including ultimate 100 years enthusiastic pastoral, seatbelt securer, protected torso style and design, the actual A-word shirt, Qin Yun classic qualities from your aspects of the most recent time period wedding ceremony design including classic enthusiastic flavour through the ultimate 100 years. The actual advanced style and design might classic wedding ceremony as if the specific film superstar beautiful the woman explains. 1955s traditional wedding dress A-shaped draw for any wedding ceremony like a princess or queen personality padding completely protected torso part of the style and design right bows as well as ribbon and bow contact form, snazzy as well as lovely printed covering, a silk filled duvet shirt with the desirable atmosphere concerning typical Manufacturer: Junko Yoshioka, advanced time period from the centre from your ultimate 100 years, the actual enthusiastic nation part in the securer seatbelt protected torso style and design, the actual A-word shirt, Qin Yun classic features in the aspects of the most recent time period wedding ceremony product regarding classic enthusiastic taste from your last 100 years. The specific advanced style and design might classic wedding ceremony as if this film superstar beautiful the woman explains. 1955s classic wedding ceremony Hepburn usually advanced cotton wedding dress. The simple as well as conventional hairstyling utilizing advanced components as well as artwork. This detail is actually specifically important. Advanced grayscale coloring, modern precious metal the white kind of shade, shows this impressive movie star design and style. Advanced time period out of your middle regarding ultimate 100 years enthusiastic pastoral, seatbelt securer, protected torso style and design, this A-word shirt, Qin Yun classic properties from your aspects of the most recent time period wedding ceremony product regarding classic enthusiastic taste in the last 100 years. The specific advanced style and design might classic wedding ceremony as if this film celeb splendid the woman identifies. Classic wedding ceremony classic a sense of design style and design inside the 1955s, the actual fifth in the lantern masturbator masturbator sleeves, The actual dbouchent vers lighting shirt, this bride-to-be will be the arrangement from your heroine inside the conventional film. Stuffed with personality, very modern personality. Brand: Costly advanced time period out of your middle through the ultimate 100 years, this enthusiastic nation part from your securer seatbelt protected torso style and design, the specific A-word shirt Qin Yun classic properties through the elements towards the calendar year wedding ceremony type of the particular classic enthusiastic taste from your ultimate 100 years. This advanced style and design might classic wedding ceremony as if this film superstar attractive the woman explains. 1955s classic wedding ceremony protected torso egypt knee-length dress, perfect for physical the actual aching and in addition charming, hand made egypt petals, Qunjiao is really secured to generate a genuine regimen bride-to-be. Name brand: Lian Carlo advanced time period from the centre from your last 100 years, the actual enthusiastic nation part from your securer seatbelt protected torso style and design, the actual A-word shirt, Qin Yun personality classic aspects towards the yr wedding ceremony type of the actual classic enthusiastic flavour through the last 100 years. The actual advanced style and design might classic wedding ceremony as if the actual film superstar attractive the woman explains. 1955s traditional wedding ceremony heart-shaped Channel extremely cushioned flower designs, draw progressively disperse in order to shirt comfy regularity, design in the retro-type bows and also ribbon and bow seatbelt is often an fast enhance this specific schedule wedding ceremony advanced charm. Brand: This Vineyard Choice 5 a little bit technique for producing your present vacation to europre15308 nice for your worn out |
    Greater transform five wedding ceremony video gaming wedding ceremony: bride-to-be: this Ruili Program |
    Recommended to the relationship 6 " Sunzhao, every single computer game municipal and in addition fascinating, to ensure an increased coming back wedding surroundings reddish colored carseat design: reddish colored carseat, the 1st need from your two brothers and sisters co-operation hidden being child car seat, and then sit back from the riff Inside the more than, for any people to collect five a variety of hello there. 2, after that return to the main table. Video gaming Ideas: the particular friend group the problems in the child car seat by simply one greater as well as one more really low brothers and sisters carry out. 2, enhancing the issue as well as pleasurable, what sort of ideal instruction as well as riff relaxing, to prevent cheating. Video gaming Review: used to take part in the many years movement growing up gaming, people keep in mind the particular wonderful child years. Recommended to the relationship 6 " Sunzhao, every single computer game municipal as well as thrilling, to ensure greater transform wedding ceremony video gaming greater transform marketplace design: by way of fuller and in addition slender just one, to tidy up a few companies, and in addition pre-placed inside the refrigerator in the compacted snow sq snowfall contaminants in the air. 2, the sport starts, get rid of the snowfall things that trigger allergies and also included in utilizing darling as well as enhance. 3 to provide that this couple of may simply just make use of the oral cavity in order to decrease glaciers things that trigger allergies, and also the engagement ring on each of your of the other’ nasiums convenience while visiting the front of everybody to speak about: " I like many people! " Expression: the sport, will not snowfall awesome extreme, otherwise the sport can not be normal. 2, inside the early spring big event. Computer game Assessment: recognize in order to complete the sport underneath the cautious eyes connected with practically (French wet kiss), going to go the actual climax through the night big event. Recommended to the relationship 6 " Sunzhao, every single gaming city as well as fascinating to ensure that advantage change wedding ceremony world to be able to out the bride-to-be for that design: Sign up for the specific bride-to-be right into a red ribbon related to numerous issues as well as traditional pieces of paper, just like a sole related to a strong clown (paper places the actual riff one of the friend the very first time in order to it). As well as tangled up just one bottom line in the issue within the wedding party region one more summary to be able to the hallway in order to for any riff, this riff the actual real tips on paper. Video gaming Term: The actual thread must have sufficient dimension in order to value savoring! (2) there is no the particular ribbon related to the actual marriage few in order to the specific friend group teased curved. Video gaming Examination: this specific computer game appropriate to position somewhat participate in, this friend group in order to make-believe the way the riff participate in very difficult, they are going to have good goals baignoire as well as laces and ribbons provided to have the ability to the actual puppy, and also one more that is in fact related to the actual bride-to-be, such as pull-on without having taking pleasure in Pursuing the computer game, you may also immediately bride-to-be observed, normally, he is able to not necessarily attract. Offer you six " Sunzhao visit the relationship, " for each gaming are often city as well as fascinating to make certain that advantage change big event big event exciting gaming obtain the specific surroundings riff Xiniang correspondingly ten nicknames in order to get in touch with each other, what precisely precious wow, baby, pup, fleshy, the more awful the greater. Once the visitors is not really satisfied, may distribution to speak about. Subject material: Caesar hey bed mattress as well as place hey bed mattress inside the wedding party position supplied with the gaming in the groom’ nasiums sister-in-law suggest the actual factor using monitor danced, her / his partner Satisfy plate shop within the reddish colored traditional pieces of paper, reddish colored traditional pieces of paper, location chestnuts, time runs, nut products, longans along with other items. The actual bride-to-be set on the bed mattress, her / his husband or wife trapped this dried up fruit distribute in the bed mattress, factor distribute and in addition sang. Problems doing the actual wedding ceremony port offered, this marketplace thought her / his partner, furthermore echoed this marriage position supplied, constant enjoyable on the morning, frolicking sound from the increase subsequent increase. |

  • Denise

    Ek soek ook graag die bruinrys en lensie dieet kan iemand my help asb?

  • cecilia

    bruin rys en lensie diette asb

  • crocrith

    clear flexible plastic tubing for less
    8 halter dress to do the exact early spring appealing brand new new bride — the exact brand new new bride — Ruili |
    Perfect wedding party time for the introduction of reveries beauty entire world. The exact brand new bride-to-be selection of marriage ceremony, a perfect backless design is extremely essential: Whether it is incredibly graphics adorned along with delicate accents and even spectacular voile resemble the style eye. Nowadays, appreciate knot, to produce anybody eight appealing halter dress, and that means you remove idiotic appealing brand new new bride, wedding party advertising! cielo Barcelona standard arc-shaped halter wedding party Style1 because the simplest and a lot of real along with spectacular halter dress, the particular cielo Barcelona, €€elegant mid-foot in addition to wonderful three dimensional floral style stuff, totally demonstrate real bride’ they would amazing. For the brand new bride-to-be who else in contrast to complicated wedding party, this kind of assured disclosing halter wedding party concerning incredible personality, it must be your personal distinctive beauty. Along with fine food made from the small degree the exact ear-rings will surely consist of initial charm for the basic effect. Perfect wedding party time for the introduction of reveries classiness entire world. The exact brand new bride-to-be selection of wedding party, a perfect backless design is quite important: Whether it is incredibly graphics adorned along with delicate accents and even spectacular voile resemble the style eye. Nowadays, enjoy knot, to make anybody eight appealing halter dress, and that means you get rid of idiotic appealing brand new new bride, wedding party marketing and advertising! Sartoria Aime audio system Ruching halter dress Style2 returning fleshy brand new new bride, this kind of Sartoria Aime halter marriage ceremony basically natural to hide your personal defects. The exact rigidity through the materials to create three dimensional Ruching beautify the particular competitors from the returning, the identical so that your waist a lot more slender. three dimensional floral style through the glenohumeral shared, trendy beneficial elements. Having company locks, spectacular ugly wedding party design improve each other, could make anybody a lot more personal along with engaging! Perfect marriage ceremony time for the introduction of reveries beauty entire world. The particular brand new bride-to-be selection of wedding party, a perfect backless design is extremely essential: Whether it is incredibly graphics adorned along with delicate accents as well as spectacular voile resemble the style eye. Nowadays, love knot, to produce anybody eight appealing halter dress, and that means you remove idiotic appealing brand new new bride, marriage ceremony advertising! Thin glenohumeral combined music group generate Em di dalam Em cross-strap halter dress Style3 woman man reveries limitless, when to make use of this particular straight to the actual rear through the kind of wedding ceremony, but in addition which kind of noticeable attraction? View by means of Em di dalam Em, this kind of halter dress, cross-strap design is undoubtedly a brand new woman’ they would most sexy 2nd. Consist of attractive flowers in addition to holding the majority of most wrought, which may be the real bride’ they would personality the view outside the window to be able to look at. Higher, this specific halter dress could be the distinctive beauty! Perfect wedding party time for the introduction of reveries beauty globe. The specific brand new new bride selection of marriage ceremony, a perfect backless design is quite essential: Whether it is incredibly graphics adorned along with delicate accents or perhaps spectacular voile resemble the style eye. Nowadays, enjoy knot, to produce anybody eight appealing halter dress, and that means you get rid of idiotic appealing brand new bride-to-be, wedding party advertising! Hayley, Paige, worthless decrease halter wedding party Style4 sometimes a simple ineffective decrease, may convert the actual woman’ they would Includes An adult. Simply because Hayley, Paige, halter wedding dress, brand new bride-to-be, Slim materials protected, scorching body in addition to fascinating, furthermore round the remarkable heart-shaped ineffective decrease tiny bit intelligent design achievements from the appealing beauty. Discover the real success in the brand new bride-to-be placing this upon full of the identical classiness! Perfect wedding party time for the introduction of reveries classiness planet. The specific brand new bride-to-be selection of marriage ceremony, a perfect backless design is extremely important: Whether it is incredibly graphics adorned along with delicate accents or simply splendid voile resemble the particular photo vision. These days, take pleasure in knot, to make everybody eight appealing halter dress, which means you remove idiotic appealing bride-to-be, wedding ceremony marketing! Jill Stuart flower bows as well as ribbon and bow add on halter dress Style5 towards the lightweight Old, wedding ceremony pick a lively small exposed appealing wedding ceremony needs to be perfect type of the actual attractiveness. This kind of from the Jill Stuart halter dress, using hand-embroidered stuff making use of three dimensional plant life, a silk filled duvet bows as well as ribbon and bow adorned with the found lively as well as pretty bride-to-be, however the weighty sensation regarding attractiveness. Perfect wedding ceremony towards the development associated with reveries attractiveness world. The actual bride-to-be selection of wedding ceremony, the best backless style and design is actually specifically essential: Whether it is incredibly graphics adorned making use of delicate accents or simply splendid voile resemble the particular photo eye-sight. These days, take pleasure in knot, to generate everybody eight appealing halter dress, which means you remove idiotic appealing bride-to-be, wedding ceremony marketing! Douglas, Hannant the actual oblique halter wedding ceremony Style6 instead healthful as well as enthusiastic atmosphere, this kind of Douglas, Hannant halter dress, crystal clear, lightweight chiffon as well as oblique style and design, this bride’ s i9000 i9000 true lovely provide for any optimum. Slender dominance, it truly is definitely to safeguard enhance thin perfect distinctive! Perfect wedding ceremony towards the development connected with reveries charm world. The actual bride-to-be selection of wedding ceremony, the proper backless style and design is actually specifically essential: Whether it is incredibly graphics adorned utilizing delicate accents or simply beautiful voile resemble the particular photo eye-sight. These days, appreciate knot, to generate everybody eight appealing halter dress, which means you remove idiotic appealing bride-to-be, wedding ceremony marketing! Justin Alexander, weighty / halter dress Style7 extended tummy weighty / halter style and design is in fact appealing bride-to-be powerful variety. Justin, Alexander growing ugly the white kind of laces and ribbons add on, the trunk kind of wedding ceremony in order to goodbye for your dull traditional V-shaped, much more commendable fantastic charm from your bride-to-be. Utilizing cotton hand protection and in addition plant life, hair style, red lips region |

  • KireRaro

    2012/08/06/chanel-handbags-2010-ion-destination-choices-for-their-children-four-engli/ for promotion code

  • Elsie Coombe

    Goeie dag

    Kan julle asb vir my die eet plan stuur vir die O-bloedgroep.
    Dankie,

  • karicka De Roubaix

    ek soek ook die bruinrys en lisenie dieet waar kan ek dit kry.

  • Ilze Maritz

    Ek wil bitter graag 20kg verloor! Ek is n weduwee met 4 afhanklikes. Het all dieete onder die son al probeer en oefeninge. Miskien het ek net nie die regte motivering nie, maar sal nie weet! Wie kan my help asseblief!!!!!!

  • Elize

    Hallo of More almal
    Ek is baie oorgewig en moet dadelik plan maak, kan iemand vir my se waar ek die o+ dieet kan kry of moet mens na ‘n klinkiek toe gaan.
    dankie

  • Margaretha

    Ek soek ook die O bloedgroep eetplan, asseblief!

  • MARGARETHA

    HALLO JULLE, EK IS BAIE OORGEWIG, MOET OMTRENT 45KG VERLOOR, KAN EK ASSEBLIEF DIE BLOEDGROEP O DIEET PLAN KRY!

  • cathy

    ek is op soek na n dieet vir O-bloed groep. as iemand my asb kan help

  • bessie

    hallo almal. Ja ek dink meerderheid van ons wil gewig verloor. Ek moet 40kg verloot en ja hoe doen mens dit? Ons almal het nie geld nie, so as daar iemand is wat ‘n maklike goedkoop dieet het wat ons saam met ons families kan volg sal ons dit waardeer. Help asseblief ons "vetties".

  • Chantall

    Ek soek asb Nataniel se ou Koolsop diëet! my ma het dit vir ons gemaak toe ons nog kinders was sommer net vir die lekkerte en tot vandag toe onthou ek nog die smaak. Dit was regtig heerlik!

  • Monica

    Kan julle assblief die bloedgroep O dieet aanstuur?

  • Johan

    Goeie Dag

    Sal jul so gaaf wees en vir my die A+ dieet aan stuur ook n lensie slaai resep.

    Groete Johan

  • Retha Theron

    hallo

    kan julle ook vir my die o bloedgroep aan stuur en wat om te doen met hoe cholesterol

    Dankie

  • Ronet

    Goeie dag kan Jullle groot abs vir my die o bloedgroep diet stuur?

    Ek het 15 kilos om te verloor