Soveel water het jou liggaam nodig
Foto’s: Gallo images/Getty images Galery
Jou metabolisme, lengte, gewig, hoe aktief jy is én die klimaat … al hierdie dinge bepaal hoeveel vloeistof jy elke dag nodig het.
Die algemene aanbeveling – 8 tot 12 glase water per dag – is gegrond op die behoeftes van ’n tipiese man wat sowat 70 kg weeg. As jy minder weeg, het jou liggaam minder water nodig. Daar is ook ander maniere om “water” in te neem – soos deur vrugte en groente.
- www.bettereat.net










Kommentaar
Jolene het gesê:
Ek het op 'n stadium min water gedrink en iewers die raad gelees... drink elke uur 'n glas water. So het ek begin, 8uur tot 5uur, wat ek weer huistoe gaan. Dit het soos 'n bom gewerk en dit het al vir meer as 1 van my kolegas ook gewerk. Mens raak later so gewoond daaraan dat jy nie sonder jou glas water kan gaan nie.
6de Feb. 2012, 13:20Kain het gesê:
Ek moet myself letterlik dwing om water te drink - word nie sommer dors nie. Dus stem ek terdee met Mariza saam. En ek is werklik nie opgekrimp soos 'n rosyntjie nie!
3de Feb. 2012, 11:01Mariza van Zyl RD BeterEet het gesê:
Ons elkeen het 'n baie spesifieke ingeboude 'waterbehoefte' barometer. Miskien moet mens liewer beter na jou lyf luister - en water drink as jy dors is eerder as om so knaend alles te wil tel of meet. Dit het hierdie brokkie inligting ten doel! Die uitsondering is ouer mense - die ' handhawing' van die balans word minder sensitief.
2de Feb. 2012, 14:26ELLEN LE GRANGE het gesê:
VITAMINE SPEEL 'N GROOT ROL IN DIE KLEUR VAN JOU URINE. DIT VEROORSAAK DAT DIT BAIE GELER VOORKOM, AFHANGENDE VAN HOEVEEL JY UITSKEI EN OPNEEM. EK DRINK BAIE WATER EN KAN NIE WAG IN DIE OGGENDE VIR 'N GLAS KOUE WATER NIE, EN DIS NIE AS GEVOLG VAN 'N NA-DORS NIE!!! MOOI DAG VIR ALMAL!
2de Feb. 2012, 11:16Gissie het gesê:
Dr. Oz sê jy moet soveel water drink tot en met jou urine nie meer geel is nie. Dan het jy genoeg water gedrink.
2de Feb. 2012, 10:26