FOTO: Instagram  @kryptonklary

FOTO: Instagram @kryptonklary

Gesondheidstories

Span só jou breinboodskappers in vir gewigsverlies

As die brein-oordragstowwe GABA en dopamien albei laag is, gaan jou kosdrange (cravings) jou oorrompel, sê dr. Hannetjie van Zyl-Edeling. Volgens haar werk Tim Noakes se hoë-vet-lae-koolhidraateetplan juis daarom vir baie mense. Proteïene voorsien die aminosure waarvan brein-oordragstowwe (veral dopamien) gemaak word. En as jy koolhidrate grootliks uitskakel, kry jy beheer oor jou wisselende bloedsuikervlakke.

Dopamien

’n Tekort kan onder meer lei tot gewigstoename, moegheid en die onvermoë om stres te hanteer. Jy het ’n drang na nikotien, koffie, soetgoed of ander energie-opkikkers.

Vul dit aan

  • Eet proteïenryke kosse soos hoender, maaskaas, eiers, laevet-kase, melk, jogurt, kalkoen, wildsvleis, okkerneute.
  • Oefen met gewigte, speel ’n potjie skaak, doen asemhalingsoefeninge.
  • Kyk ’n snaakse fliek of vertel grappies.

GABA

Dis betrokke by die maak van endorfiene – natuurlike pynstillers wat jou goed laat voel. ’n Tekort gooi jou van balans af en maak jou angstig, geïrriteerd en vol skuldgevoelens. Jy kan ’n binge-eter wees.

Vul dit aan

  • Vermy witmeel, -suiker en ander verfynde stysel, want dit laat jou bloedsuiker wipplank ry, vererger angs en is ’n sneller vir kosdrange.
  • Eet amandels en ander boomneute, piesangs, broccoli, bruinrys, lensies, sitrus, aartappels, spinasie, heelgraan (verkieslik nie koring nie).
  • Doen aërobiese oefeninge, loop in die natuur en drink kruietee vir angs.

Belangrik

Oefen minstens ’n halfuur per dag om jou brein-oordragstowwe te balanseer, bloedsuiker en depressie te beheer en jou metabolisme flink te hou.

Bertha le Roux Julie 2014 jul july*Dít is deel van ’n groter artikel in die Julie-uitgawe van SARIE, “Verloor gewig: kom uit die wegspringblok”.

Dié uitgawe is dalk nie meer op die rakke nie, maar steeds digitaal beskikbaar. Kry dit HIER.
Over the Hill Moon

 

 

Bykomende bron: Over the Hill Moon, a Guide to Positive Ageing deur Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013)