FOTO: Instagram @kryptonklary

Gesondheidstories

Kan komplimente jou vetjies laat wegsmelt?

’n Nuwe studie het bevind dat vroue wie se vriende en geliefdes hul rokgrootte aanvaar, geneig is om meer gewig te verloor in vergeleke met dié wat omring is deur kritiese mense, berig The Atlantic.  

Ons weet dat daar druk op veral vroue geplaas word om hul “ideale” gewig te bereik en te behou.

’n Onlangse studie wat in Personal Relationships gepubliseer is, dui daarop dat vroue wat gewig wil verloor en gereeld boodskappe van aanvaarding aanhoor, makliker oortollige vetjies afskud.

Vroue wat gereeld onder druk geplaas word om gewig te verloor, aan die ander kant, is geneig om meer te eet en gewig op te tel.

FOTO: Instagram  @lizelle_pietersen

FOTO: Instagram @lizelle_pietersen

Die studie het verder daarop gewys dat vroue in opbouende verhoudings ook die vermoë het om volhoubare leefstyl-veranderinge te maak. Hulle het oor 9 maande 17 eenhede van hul liggaamsmassa-indeks (LMI) verloor, terwyl die ander groep 0,75 van hul LMI opgetel het.

Die boodskap is duidelik: raak ontslae van oorkritiese mense en in die proses sommer ook van daai ekstra kilo óf twee!

FOTO: Instgram  @bianca.tb

FOTO: Instgram @bianca.tb

Bronne: The Atlantic en Personal Relationships