Gesondheidstories

Te koop: Mooi arms, slanke dye, elegante nek

“Kyk, my love handles is weg. Sonder die rol om my heupe lyk my skouers sommer groter. En dit was nie eens seer nie.”

Francois Malherbe (36), amper 2 m lank, voormalige Cravenweek-rugbyspeler en model, is in sy skik.

“Ek het nog altyd klein handvatseltjies op my heupe gehad, selfs toe ek fiks en skraal was. Nadat ek met modelwerk opgehou het, het dit verdriedubbel. As ek geweet het liposuiging is so maklik en vinnig, het ek dit lankal laat doen.”

Francois is een van duisende Suid-Afrikaners wat die afgelope sowat vyf jaar hul vrees vir kosmetiese prosedures oorkom het. Ons deins nie meer terug vir Botox en vullers nie. Inteendeel. Baie vroue ken hul Botox-dokter beter as hul tandarts.

Dieselfde neiging geld deesdae vir liposuiging (lipoplastie). Danksy nuwe tegnieke is dit nou makliker en veiliger as selfs net drie jaar gelede.

Dis ‘n prosedure om van oortollige vet onder jou vel ontslae te raak en word gedoen deur ‘n plastiese chirurg of goed opgeleide algemene praktisyn – meestal in die dokter se spreekkamer onder skemernarkose. In uitsonderlike gevalle word dit in die teater gedoen met volle narkose, sê dr. Henry Claassen van Johannesburg.

Lipoplastie kan op letterlik enige plek op jou lyf gedoen word waar vet versamel, aldus dr. Barlodien Kotzé van Kaapstad, wat ultraklank-lipoplastie doen: Jou ken, boarms, maag, dye, rug, boude en selfs enkels en knieë. Dit word ook ingespan om nie-kosmetiese vet te verwyder, bv. ‘n goedaardige vet-gewas, of borste by ‘n man. Plaaslik word dit veral gewild vir bobene, mae, heupe en dubbele kenne.

  • LINDA MULLER

    EK HET SARIE GESOND IN JANUARIE GEKOOP EN IS DUS TE LAAT OM VRAE AAN DR BARLODIEN KOTZE TE STEL. IS DAAR ENIGE KONTAKNOMMER VIR HAAR, AANGESIEN EK GEEN NOMMER IN DIE TELEFOONGIDS KAN OPSPOOR NIE. EK SAL DIT BAIE WAARDEER AS IEMAND BY SARIE GESOND MY KAN HELP ASSEBLIEF.

  • Lydia

    Kontak haar by 083 276 9776
    Lydia

  • bkfAfF yezazwqfsrcb, [url=http://zilwdpabihqe.com/]zilwdpabihqe[/url], [link=http://mrzuxypsdoqo.com/]mrzuxypsdoqo[/link], http://ktkohgjwwqjh.com/