FOTO: Getty Images / Gallo Images / Gary Houlder

FOTO: Getty Images / Gallo Images / Gary Houlder

Gesondheidstories

Tee vir elke kwaal + nuwe teestel nét vir jou

Kamille en gemmer, peperment en salie. Voor jy na ’n pil gryp, put uit die natuur se spens vir verligting van ’n paar algemene kwale.

Vir blaasinfeksies

  • 20 g grofgekapte pietersielie
  • 2,5 liter water

Kook water en pietersielie 5 minute en laat trek 15 minute. Gooi deur sif. Drink hele pot tee binne 3 uur om blaas skoon te spoel. Pietersielie is ’n natuurlike diuretikum (waterdrywer) en help om die blaas te beskerm teen “goggas” wat infeksies veroorsaak.

Vir spanningshoofpyn

  • 200 ml water
  • 1t (15 ml) varsgekapte gemmerwortel
  • 1t (15 ml) kamilletee

Prut gemmer vir 5 minute in water. Sit kamille by en laat trek 10 minute. Gooi deur siffie en drink warm. Gemmer verlig pyn en kamille help emosionele en fisieke spanning bekamp.

Vir warmgloede

  • 250ml kookwater
  • 2t (30 ml) gedroogde salie

Gooi kookwater oor salie en trek 10 minute. Gooi deur siffie. Versoet met heuning en drink voor slaaptyd of soos nodig. Salie kan jou tot 50% minder laat sweet.

Vir sonbeskerming

Drink 750ml groentee daagliks vir ekstra antioksidante om jou lyf teen sonbrand te beskerm. En onthou die sonskerm.

Vir ’n spastiese kolon

  • 250 ml kookwater
  • 1 t (15 ml) droë pepermentblare

Gooi kookwater oor peperment, laat trek en gooi deur siffie. Drink 3 koppies per dag. Peperment bevat kragtige essensiële olies wat krampe en winderigheid verminder.

Bron: Sunette Kotze, geregistreerde dieetkundige en eienaar van e-spice health, ’n gesondheidswinkel in Montana, Pretoria. Kontak: 012 548 2762, www.healthline.co.za

*Hierdie storie het verskyn in die Februarie 2013 uitgawe van SARIE

Nóg gesondheidstories