Gesondheidstories

Van bloublasies tot sonbrand – wees voorbereid op dié somergevare

Baie Suid-Afrikaners se somervakansieis is nog nie klaar nie en hoewel ons nog uitsien na die rus, moet ons ook voorbereid wees op enige gesondheidsprobleme wat kan voorkom.

Suster Diana Sharp van Essential Med gee die volgende raad vir tipiese vakansie-gesondheidsgevare:

Wanneer die byt meer as net jeuk  Daai irriterende muskiet 03:00 sal jou nie veel skade aanrig nie, maar ’n slang of spinnekop kan wel. As jy deur ’n slang gepik word, moenie tyd mors nie – kom so gou moontlik by ’n hospitaal of ongevalle-eenheid. Jellievisse en bloublasies hou ook van jou vakansieplek – warm water op die brand is al wat regtig hiervoor help.

Rooigebrand soos ’n kreef Die kwik loop hoog rondom die middagson in die somer. Pasop vir daai UV-strale, veral tussen 11 en 1 – ’n mooi sonbruin verander vinnig in ’n nagmerrie. Erge sonsteek beteken dokter toe!

Meer as net oorpyn Kinders het die manier om ’n oor-infeksie te ontwikkel sodra die woonwa mooi gepak is. Sorg maar vir antibiotika so gou moontlik – jou dokter sal jou hiermee kan help.  Los jy dit, saal jy vir jouself groot probleme op.

Drinkery en bewegende voorwerpe Water, water net waar jy kyk – pragtig, maar gemeng met alkohol beslis ’n groot NEE. Moenie swem waar dit duidelik gevaarlik is nie en hou die lewensredder in die oog. Bly af van die pad as die voggies geloop het en dit geld ook vir die see. 

As Kersvader wiele present gee Kinders is mal oor goed wat beweeg en skaatsplanke, fietse en sweefplanke (hoverboards) is gewilde geskenke. Hoewel jou tienjarige weet hoe dit werk, sal jou veertigjarige man dalk net tweede kom. Wees gereed om vir Pa ongevalle toe te neem ná ’n harde val, die kinders kan goeie raad op sy gips neerskryf.

Bierbottels op die Oujaar Ons almal hou van die sand tussen ons tone, maar op Oujaarsaand is dit maar beter om skoene te dra terwyl gebreekte glas oral sy opwagting maak. As jy ongelukkig is om ’n nare sny op te doen, maak seker dat jy die wond mooi skoonmaak en sorg dat geen glas agterbly nie. Sit ’n skoon verband op, maar hou ’n ogie op die bloeding. As dit nie stop nie, los liewer die partytjie en soek ’n dokter.

Essential Med het ook nuttige kaarte met die belangrike noodnommers vir al die groot vakansiesentrums – kry dit HIER.

Veilig vakansie hou!

Lees nou

Hou vakansie in die binneland! Hier is die top-10 dorped

Allergies vir Kersfees? Keer dit!

Buster die bokser-hond wen Kersfees! Kyk die video hier