FOTO: Instagram  @styleiinspo

FOTO: Instagram @styleiinspo

Gesondheidstories

Verkeerslawaai en jou gewig

Hier is sowaar nóg iets wat jou kan vet maak! En dis wetenskaplik bewys.

As jy langs ’n besige straat woon (of ’n stasie of lughawe), kan dit jou risiko om oorgewig te wees met tot 25% vermeerder.

Die Sweedse navorsers kon nie ’n klinkklare verband tussen geraasbesoedeling en vetsug kry nie. Maar het voorgestel dié irritasie vermeerder stres – en dis dalk die verklaring. Stres kan bv. jou slaappatroon en só jou metabolisme versteur.

Bron: The Guardian

Lees nou