FOTO: Instagram  Voguestreet

FOTO: Instagram Voguestreet

Gesondheidstories

VIDEO: Só maklik word jou drankie bedwelm

Dié sosiale eksperiment wat op video vasgevang is, wys hoe maklik dit is om iemand se drankie te bedwelm. 

Die dwelmmiddel Rohypnol, wat ook as roofies bekend staan, word in jou drankie gegooi en voor jy weet, is jy onkapabel.

Alhoewel dit as ’n date rape-middel bekend staan, is dit nie noodwendig die persoon saam met wie jy kuier wat jou bedwelm nie, dit kan ’n vreemdeling of selfs ook die kroegman wees.

1st for Women Insurance deel dié 10 wenke om seker te maak jou drankie is veilig

  1. Moet nooit jou drankie onbewaak los nie.
  2. Indien iemand wat jy skaars ken of nog nooit ontmoet het nie vir jou ’n drankie koop, moet jy by die kroeg staan terwyl die kroegman dit oopmaak en skink sodat jy kan sien daar word niks bygegooi nie.
  3. Hou jou drankie in jou hand totdat dit klaar is, moet dit nie neersit nie.
  4. Hou die drankie só dat jou palm oor die opening van die botteltjie of glas is sodat niemand die kans het om dwelms daarin te gooi nie.
  5. Kies eerder drankies wat uit geseëlde bottels kom as die wat in glase bedien word.
  6. Moenie aanhou drink tot jou oordeel aangetas is nie, bly altyd bewus van wat om jou aangaan.
  7. Vertrou jou instink as iets of iemand jou ongemaklik laat voel.
  8. Wanneer jy skielik naar, duiselig of té dronk voel vir die hoeveelheid alkohol wat jy ingeneem het, moet jy dadelik die plek waar jy is, verlaat en ’n vriend of ’n ambulans bel.
  9. Wees bewus van enige duidelike verskille aan jou drankie. Kyk veral na die kleur, hoeveelheid, of daar meer borrels is, of die reuk anders is, en of dit geskuif is van waar dit vroeër gestaan het.
  10. Gaan uit in ’n groep, of saam met mense wat jy baie goed ken. Kyk uit vir mekaar en maak seker julle is almal veilig.

Lees ook