Gesondheidstories

Vir die gesondheidsfoendie

Die meeste van ons het altyd die Nuwejaarsvoorneme om gesonder te leef. Helaas kry net sekeres van ons dit reg om heeljaar daarby te hou, en Desember is veral moeilik … 

Maar hier is idees vir diegene wat dié tyd van die jaar steeds hou by die voorneme om gesond te leef.

’n Slim mens begryp gesondheid is sy waardevolste besitting.

- Hippokrates

Maak jou eie jogurt sonder die ekstra suiker

Jogurt-maker, R239, van Clicks

ex1jogurt

 

Eet (en drink) lekker gesond

Nutribullet, R1 999 van takealot.com

ex2nutri

 

Groen vingers is goed vir jou

Volgens studies is dit goed vir jou om met groen plante omring te wees. Vir die plantliefhebber is die potplant (R195) van Weylandts net reg.

ex3potplant

 

Natuurlike produkte vir bederftyd

Albei dié produkte van Lush is veganisties en natuurlik: Dit bevat dus geen bestanddele wat van diere af kom nie, asook geen chemies vervaardigde of sintetiese bestanddele nie. 

The Magic of Christmas Re-Usable Bubble Bar (R95) van Lush. Hou dié stokkie onder ‘n lopende kraan terwyl jy badwater intap om ’n skuim-hemel te vorm. Dit bevat kaneel en organiese naeltjie wat jou lyf se sirkulasie aanwakker. 

ex4lush1

Lush Shoot For The Stars Bath Bomb (R65). Sodra jy die bal in jou badwater gooi, los dit op en stel verfrissende sitrusgeure vry. Dit bevog ook jou lyf met olyfolie en kakaobotter. 

ex5lush2

Oefen in styl

Mooi oefenklere is ekstra motivering om te gaan oefen. Dié oefentop en broek van H&M sal jy in die oggend uit die bed en in die gim kry.

SARIE diabetes

Dis 'n nuutjie, ons SARIE diabetes-tydskrif met 50+ resepte en raad vir die hele gesin. Nou te koop teen R49. Jy kan dit ook digitaal HIER kry.

Hoeveel treë

Tel jou treë elke dag met dié modieuse Fitbit Alta, Superbalist, R2 499

Hardloop!

Lekker water

Dis gesond om baie water te drink en met dié waterbottel kan jy self jou water geur. Smartlife Glass infuser jug 1l, Clicks, R119

Nóg geskenkidees

Vir die avontuurlustige

Vir die foodie

Vir die gasheer

Anderste en interessante geskenke

Vir onder 18’s